Wat is lewenskoste REGTIG?

Ekonome bombardeer ons met statistiek oor prys- en rentekoersverhogings en dies meer, maar hoe raak dit ons lewens regtig?

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Inflasie word bereken op ʼn mandjie handelsware, saamgestel aan die hand van navorsing deur Statistieke SA, wat die bestedingspatroon van die gemiddelde Suid-Afrikaner behoort te reflekteer. Die probleem met gemiddeldes is egter dat niemand gemiddeld is nie – en indien jou aankope beduidend verskil van die mandjie wat die verbruikersprysindeks (VPI) gebruik, ervaar jy ʼn heel verskillende inflasiekoers.   

KOSTE VAN OPVOEDING
Volgens Statistieke SA maak opvoedingskostes nagenoeg 3% van ʼn huishouding se besteding uit. Vir ʼn huishouding met ʼn inkomste en uitgawes van R50 000 per maand sal dit ongeveer R1 500 per maand beloop.

Vir ʼn fooigebaseerde staatskool vir een kind mag dit moontlik die regte berekening wees – maar vir ʼn gesin met twee of meer kinders is die bedrag wat hulle op opvoeding spandeer waarskynlik nader aan 6% van hulle maandelikse uitgawes. Gegewe die koste van private opvoeding, bevind talle gesinne hulle in ʼn situasie waar hulle tot soveel as 10% van hul inkomste op opvoeding spandeer – wat oor die afgelope jaar met ʼn massiewe 9,8% gestyg het. Hoe hoër die persentasie is wat jy aan opvoeding spandeer, hoe hoër is jou persoonlike inflasiekoers.

VOEDSELKOSTE
Voedsel en nie-alkoholiese drankies het gemiddeld met 5,9%, net hoër as die inflasiekoers, gestyg, maar groente, sowel as olie en vette, het met 9,4% en 14,1% onderskeidelik gestyg – dus sal huishoudings wat meer groente, olie en vette as ander mense koop hoër pryse ervaar.

BRANDSTOFKOSTE
Die VPI-mandjie maak voorsiening vir 4,18% vir elektrisiteit en ander brandstof, wat ʼn beraamde ongeveer R2 090 per maand vir ʼn huishouding met ʼn begroting van R50 000 is. Indien jou brandstofrekening hoër as hierdie bedrag is, sal jou totale inflasiekoers ook hoër wees.

ONVERMYDELIKE VERBRUIKERSKOSTES
Dit is ook die moeite werd om kennis te neem dat geadministreerde pryse soos elektrisiteit en water met onderskeidelik 11,1% en 9,8% gestyg het. Die verbruiker kan nie hierdie kostes vermy nie, aangesien dit verband hou met noodsaaklike goedere en dienste, anders as ʼn besluit om ʼn nuwe motor te koop of ʼn pakketvakansie te bespreek (beide het baie laer prysstygings ondervind).

Dit is ironies dat, indien jy ʼn gedeelte van jou begroting op ʼn pakketvakansie of ʼn nuwe motor sou spandeer het, jou totale inflasiekoers laer sou gewees het, aangesien die pryse van hierdie produkte en dienste met minder as die inflasiekoers gestyg het. Nietemin spandeer mense in moeilike finansiële tye minder op luukshede en meer op noodsaaklikhede.

Ongelukkig word enige salarisverhoging wat jy ontvang nie op persoonlike inflasie gebaseer nie, maar op gemiddelde inflasie – wat verduidelik waarom dit elke jaar moeiliker is om uit te kom met wat  jy het.

*Die inflasiesyfers wat in hierdie artikel genoem word, is gebaseer op die VPI-indeksverslag van Desember 2015.

Spaar Wenke     Geld Wenke   Leefstyl   Beleggings Nuus

Die einde van die finansiële jaar 5 vrae vir jou finansiële adviseur 3 maniere om breinfiks te raak Die rentekoers en jou verband

Mark Lapedus verduidelik die belastingbesparings wat ʼn aftree-annuïteit bied en waarom dit die laaste geleentheid in 2016 is om jou aftreefonds aan te vul.

ʼn Finansiële plan behoort elke jaar hersien te word – en nou is ʼn goeie tyd om jou finansiële adviseur te ontmoet om te verseker dat jou finansiële plan voorsiening maak vir belastingaanpassings en jou persoonlike omstandighede.

Help jou brein om optimaal te funksioneer. Maak hierdie klein aanpassings aan jou lewenstyl – en kry indrukwekkende resultate.

Ons gee ons vooruitskatting van verdere rentekoersverhogings hierdie jaar en bereken wat jou verbandterugbetalings jou elke maand sal kos.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Die einde van die finansiële jaar 5 vrae vir jou finansiële adviseur 3 maniere om breinfiks
te raak
Die verandering
in aftreefondse

Mark Lapedus verduidelik die belastingbesparings wat ʼn aftree-annuïteit bied en waarom dit die laaste geleentheid in 2016 is om jou aftreefonds aan te vul.

ʼn Finansiële plan behoort elke jaar hersien te word – en nou is ʼn goeie tyd om jou finansiële adviseur te ontmoet om te verseker dat jou finansiële plan voorsiening maak vir belastingaanpassings en jou persoonlike omstandighede.

Help jou brein om optimaal te funksioneer. Maak hierdie klein aanpassings aan jou lewenstyl – en kry indrukwekkende resultate.

Ons gee ons vooruitskatting van verdere rentekoersverhogings hierdie jaar en bereken wat jou verbandterugbetalings jou elke maand sal kos.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Wat is lewenskoste REGTIG?

Ekonome bombardeer ons met statistiek oor prys- en rentekoersverhogings en dies meer, maar hoe raak dit ons lewens regtig?

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Inflasie word bereken op ʼn mandjie handelsware, saamgestel aan die hand van navorsing deur Statistieke SA, wat die bestedingspatroon van die gemiddelde Suid-Afrikaner behoort te reflekteer. Die probleem met gemiddeldes is egter dat niemand gemiddeld is nie – en indien jou aankope beduidend verskil van die mandjie wat die verbruikersprysindeks (VPI) gebruik, ervaar jy ʼn heel verskillende inflasiekoers.   

KOSTE VAN OPVOEDING
Volgens Statistieke SA maak opvoedingskostes nagenoeg 3% van ʼn huishouding se besteding uit. Vir ʼn huishouding met ʼn inkomste en uitgawes van R50 000 per maand sal dit ongeveer R1 500 per maand beloop.

Vir ʼn fooigebaseerde staatskool vir een kind mag dit moontlik die regte berekening wees – maar vir ʼn gesin met twee of meer kinders is die bedrag wat hulle op opvoeding spandeer waarskynlik nader aan 6% van hulle maandelikse uitgawes. Gegewe die koste van private opvoeding, bevind talle gesinne hulle in ʼn situasie waar hulle tot soveel as 10% van hul inkomste op opvoeding spandeer – wat oor die afgelope jaar met ʼn massiewe 9,8% gestyg het. Hoe hoër die persentasie is wat jy aan opvoeding spandeer, hoe hoër is jou persoonlike inflasiekoers.

VOEDSELKOSTE
Voedsel en nie-alkoholiese drankies het gemiddeld met 5,9%, net hoër as die inflasiekoers, gestyg, maar groente, sowel as olie en vette, het met 9,4% en 14,1% onderskeidelik gestyg – dus sal huishoudings wat meer groente, olie en vette as ander mense koop hoër pryse ervaar.

BRANDSTOFKOSTE
Die VPI-mandjie maak voorsiening vir 4,18% vir elektrisiteit en ander brandstof, wat ʼn beraamde ongeveer R2 090 per maand vir ʼn huishouding met ʼn begroting van R50 000 is. Indien jou brandstofrekening hoër as hierdie bedrag is, sal jou totale inflasiekoers ook hoër wees.

ONVERMYDELIKE VERBRUIKERSKOSTES
Dit is ook die moeite werd om kennis te neem dat geadministreerde pryse soos elektrisiteit en water met onderskeidelik 11,1% en 9,8% gestyg het. Die verbruiker kan nie hierdie kostes vermy nie, aangesien dit verband hou met noodsaaklike goedere en dienste, anders as ʼn besluit om ʼn nuwe motor te koop of ʼn pakketvakansie te bespreek (beide het baie laer prysstygings ondervind).

Dit is ironies dat, indien jy ʼn gedeelte van jou begroting op ʼn pakketvakansie of ʼn nuwe motor sou spandeer het, jou totale inflasiekoers laer sou gewees het, aangesien die pryse van hierdie produkte en dienste met minder as die inflasiekoers gestyg het. Nietemin spandeer mense in moeilike finansiële tye minder op luukshede en meer op noodsaaklikhede.

Ongelukkig word enige salarisverhoging wat jy ontvang nie op persoonlike inflasie gebaseer nie, maar op gemiddelde inflasie – wat verduidelik waarom dit elke jaar moeiliker is om uit te kom met wat  jy het.

*Die inflasiesyfers wat in hierdie artikel genoem word, is gebaseer op die VPI-indeksverslag van Desember 2015.

Spaar Wenke

Die einde van die finansiële jaar

Mark Lapedus verduidelik die belastingbesparings wat ʼn aftree-annuïteit bied en waarom dit die laaste geleentheid in 2016 is om jou aftreefonds aan te vul.

Lees meer...
 
Geld Wenke
5 vrae vir jou finansiële adviseur

ʼn Finansiële plan behoort elke jaar hersien te word – en nou is ʼn goeie tyd om jou finansiële adviseur te ontmoet om te verseker dat jou finansiële plan voorsiening maak vir belastingaanpassings en jou persoonlike omstandighede.

Lees meer...
 
Leefstyl
3 maniere om breinfiks te raak

Help jou brein om optimaal te funksioneer. Maak hierdie klein aanpassings aan jou lewenstyl – en kry indrukwekkende resultate.

Lees meer...
 
Beleggings Nuus
Die rentekoers en jou verband