Finansiële inploffing of beleggingsgeleentheid

In die lig van die onheilspellende afskop van die finansiële markte vanjaar, het ons Stanlib Direkteur Paul Hansen gevra of daar ʼn lig aan die einde van die tonnel is en of dit ʼn aankomende trein is.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Teen die tyd dat die meeste Suid-Afrikaners op 11 Januarie teruggekeer het werk toe, het die wêreldmarkte verreweg hulle swakste begin ooit beleef, terwyl talle van die vernaamste wêreldwye indekse teruggeval het tot vlakke wat laas tydens die September 2015-afverkoping gesien is.

Terugskouend

Kommer oor ʼn ekonomiese afplatting in China, sowel as lae oliepryse (olie het op 11 Januarie 2016 teen $30,7 verhandel), het ʼn oor die algemeen swakker ekonomiese vooruitsig vir die meeste lande en beleërde beleggers voorspel.

Plaaslik het die Suid-Afrikaanse rand verder getuimel en bykans 10% gedaal in die eerste 10 dae van die nuwe jaar. As beide ʼn kommoditeit-produserende land en ʼn opkomende mark het Suid-Afrika reeds die wind van voor gehad, wat maar net aangeblaas is deur die swak politieke besluite met betrekking tot die minister van finansies. Teen R16,86 per dollar het jy 35% meer rand per dollar gekry as ʼn jaar gelede.

Teen 11 Januarie 2016 was die MSCI-wêreldindeks 14% laer as sy hoogste vlak in Mei 2015 en die S&P 500 was ongeveer 10% laer as sy hoogste vlak. Die enigste ligpunt vir Suid-Afrikaanse beleggers was dat die swak rand beteken het dat die MSCI-wêreldindeks in randterme eintlik op ʼn rekord hoogtepunt is – 34,1% hoër sedert die einde van 2014.

Plaaslik lyk dit asof die JSE waarde behou in pas met wêreldindekse, met die ALSI 40-indeks wat die jaar met slegs ʼn 12% daling op sy rekord hoogtepunt in November ingelui het. Nietemin suggereer ʼn noukeurige kykie na die onderliggende indekse ʼn droewiger prentjie vir die spesifieke sektore van die JSE.

Die veel breër middelkapitalisasie-indeks (mid-cap index) was 22% laer as sy rekordhoogte in April en die kleinkapitalisasie-indeks (small cap index) 18,5% laer, om vlakke gelykstaande aan dié van November 2013 te ewenaar. Die Finansiële Indeks was 21% laer as sy hoogtepunt in April, met banke wat die slegste daaraan toe was met ʼn daling van 37%.

Hierdie sektore gee ʼn aanduiding van die skade wat die breër markte oor die afgelope maand of so gely het, aangesien hulle grotendeels bestaan uit SA geïnkorporeerde-aandele, met geen of baie min randverskansing. Dit het areas van waarde in die markte geskep.

Hoewel die algehele prys-tot-verdiensteverhouding (PE) van die JSE tans 17 maal verdienste is, dui die dividendopbrengs daarop dat daar steeds waarde in ons markte is. Op 11 Januarie was die dividendopbrengs van die JSE se top-40-aandele 3,3%, die hoogste in sewe jaar, terwyl die middelkapitalisasie-aandele ʼn gemiddelde dividendopbrengs van 3,2% en kleinkapitalisasie-aandele ʼn 4,2% opbrengs gelewer het.

Die aandeelprys van maatskappye soos Standard Bank en Imperial het soveel oor die afgelope jaar gedaal dat hulle teen ʼn prys-tot-verdiensteverhouding (PE) van nader aan ses keer en teen ʼn 6,2% dividendopbrengs verhandel het. Beleggers in Standard Bank sal ʼn beter inkomste-opbrengs ontvang as dié met ʼn Standard Bank-geldmarkrekening.

Die pad vorentoe

Hoewel die plaaslike en wêreldmarkte ʼn insinking ervaar het, is dit nog te vroeg om dit ʼn beermark te noem waartydens ons ten minste ʼn 20% daling in die hoofindekse sal moet sien. Plaaslik kan daar in sommige gevalle koopgeleenthede wees solank ons nie polities agteruitgaan tydens die munisipale verkiesings nie. Die verwagting is dat die rand onder druk sal bly en dit sal randverskansingseffekte bevoordeel, hoewel dit lyk asof dit reeds by die pryse in ag geneem is.

Globaal verkies ons Europa bo die VSA. Goldman Sachs voorsien dat die Europese markte 18% oor die volgende jaar sal groei en die S&P 500 ongeveer 9%.

Europa is steeds in die vroeë stadium van sy ekonomiese herstel en ons voorsien dus dat verdienstes in dié streek vinniger sal styg. Terselfdertyd sal die sterker VSA-dollar, wat veld gewen het teen al die vernaamste geldeenhede, die VSA se uitvoermarkte kortwiek en groeipotensiaal verlaag. Daarteenoor sal die swakker euro Europese uitvoerders bevoordeel.

Hoewel die Japannese markte die jaar 9% swakker geopen het, sien ons die geleentheid vir hoër opbrengste in Japan as gevolg van ʼn omskakeling deur pensioenfondse van effekte na aandele, asook verbeterde korporatiewe bestuur.

Die Verenigde Koninkryk se FTSE bly ʼn anomalie (afwyking) aangesien 75% van sy belangrikste gelyste maatskappye eintlik buitelandse maatskappye met werksaamhede buite die VK is, wat nie noodwendig op die VK-ekonomie gerig is nie. Talle van hierdie maatskappye is in die mynbou- en oliesektore en hulle opbrengste sal afhang van ʼn algemene herstel in kommoditeite en olie.

Ten spyte van enorme verliese op die Chinese aandelemark is daar ʼn geleentheid vir herstel. Die Chinese ekonomie is besig om te herstruktureer met ʼn verskuiwing vanaf vervaardiging na ʼn diensekonomie. In werklikheid word meer as 50% van China se BBP uit die dienstekonomie gegenereer en dit groei teen ongeveer 8,5%.

As deel van die herstrukturering oorweeg die Chinese regering die verwydering van die vasgepende wisselkoers tussen die yuan en die VSA-dollar en het hulle ook die yuan gedevalueer. Terwyl beleggers gevrees het dat dit op ʼn swakker ekonomie dui, sal ʼn swakker geldeenheid Chinese uitvoere meer aantreklik maak.

Ons beleggingstrategie vir 2016 bly gefokus op buitelands-ontwikkelde markgeleenthede, maar met versigtig uitgesoekte aandele. Ons glo steeds dat die wêreldekonomie sal aanhou groei, al is dit stadig, en dat aandele beter langtermynopbrengste sal lewer as effekte of kontant.

Leefstyl   Aftreefonds Nuus   Finansiële Doelwitte   Geld Wenke

3 maklike maniere om jou geluk ʼn hupstoot te gee Wat beteken die verandering in aftreefondse vir jou? 5 maniere om jou finansiële doelwitte te bereik Spaar duisende op jou huislening

Geluk is nie ʼn ontwykende toestand waarmee sommige mense bloot geseën is nie. Jou geluk-kwosiënt beïnvloed jou lewensuitkyk en werk – en jy kan dit beheer.

ʼn Jaar later as wat verwag is, is die 2015-Belastingwysigingswet uiteindelik onderteken en in wetgewing vervat. Dit sal spaar vir jou aftrede beïnvloed – positief.

Om finansieel kerngesond te wees, is nie ingewikkeld nie, maar ons vergeet dikwels die basiese aspekte. Probeer hierdie eenvoudige metodes om jou beursie hierdie jaar ʼn hupstoot te gee.

So min as R500 ekstra per maand kan jou R200 000 spaar. Lees hier hoekom jy deur jou verbandterugbetaling met ʼn relatiewe klein bedrag maandeliks te verhoog ʼn beduidende impak op die verkorting van die termyn en die vermindering van die rente wat jy betaal, kan hê.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

U kan ook hier klik om deel te neem aan ons meningspeiling.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

3 maklike maniere om jou geluk ʼn hupstoot te gee Die verandering
in aftreefondse
Bereik jou
finansiële doelwitte
Spaar duisende op
jou huislening

Geluk is nie ʼn ontwykende toestand waarmee sommige mense bloot geseën is nie. Jou geluk-kwosiënt beïnvloed jou lewensuitkyk en werk – en jy kan dit beheer.

ʼn Jaar later as wat verwag is, is die 2015-Belastingwysigingswet uiteindelik onderteken en in wetgewing vervat. Dit sal spaar vir jou aftrede beïnvloed – positief.

Om finansieel kerngesond te wees, is nie ingewikkeld nie, maar ons vergeet dikwels die basiese aspekte. Probeer hierdie eenvoudige metodes om jou beursie hierdie jaar ʼn hupstoot te gee.

So min as R500 ekstra per maand kan jou R200 000 spaar. Lees hier hoekom jy deur jou verbandterugbetaling met ʼn relatiewe klein bedrag maandeliks te verhoog ʼn beduidende impak op die verkorting van die termyn en die vermindering van die rente wat jy betaal, kan hê.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

U kan ook hier klik om deel te neem aan ons meningspeiling.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Finansiële inploffing of beleggingsgeleentheid

In die lig van die onheilspellende afskop van die finansiële markte vanjaar, het ons Stanlib Direkteur Paul Hansen gevra of daar ʼn lig aan die einde van die tonnel is en of dit ʼn aankomende trein is.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Teen die tyd dat die meeste Suid-Afrikaners op 11 Januarie teruggekeer het werk toe, het die wêreldmarkte verreweg hulle swakste begin ooit beleef, terwyl talle van die vernaamste wêreldwye indekse teruggeval het tot vlakke wat laas tydens die September 2015-afverkoping gesien is.

Terugskouend

Kommer oor ʼn ekonomiese afplatting in China, sowel as lae oliepryse (olie het op 11 Januarie 2016 teen $30,7 verhandel), het ʼn oor die algemeen swakker ekonomiese vooruitsig vir die meeste lande en beleërde beleggers voorspel.

Plaaslik het die Suid-Afrikaanse rand verder getuimel en bykans 10% gedaal in die eerste 10 dae van die nuwe jaar. As beide ʼn kommoditeit-produserende land en ʼn opkomende mark het Suid-Afrika reeds die wind van voor gehad, wat maar net aangeblaas is deur die swak politieke besluite met betrekking tot die minister van finansies. Teen R16,86 per dollar het jy 35% meer rand per dollar gekry as ʼn jaar gelede.

Teen 11 Januarie 2016 was die MSCI-wêreldindeks 14% laer as sy hoogste vlak in Mei 2015 en die S&P 500 was ongeveer 10% laer as sy hoogste vlak. Die enigste ligpunt vir Suid-Afrikaanse beleggers was dat die swak rand beteken het dat die MSCI-wêreldindeks in randterme eintlik op ʼn rekord hoogtepunt is – 34,1% hoër sedert die einde van 2014.

Plaaslik lyk dit asof die JSE waarde behou in pas met wêreldindekse, met die ALSI 40-indeks wat die jaar met slegs ʼn 12% daling op sy rekord hoogtepunt in November ingelui het. Nietemin suggereer ʼn noukeurige kykie na die onderliggende indekse ʼn droewiger prentjie vir die spesifieke sektore van die JSE.

Die veel breër middelkapitalisasie-indeks (mid-cap index) was 22% laer as sy rekordhoogte in April en die kleinkapitalisasie-indeks (small cap index) 18,5% laer, om vlakke gelykstaande aan dié van November 2013 te ewenaar. Die Finansiële Indeks was 21% laer as sy hoogtepunt in April, met banke wat die slegste daaraan toe was met ʼn daling van 37%.

Hierdie sektore gee ʼn aanduiding van die skade wat die breër markte oor die afgelope maand of so gely het, aangesien hulle grotendeels bestaan uit SA geïnkorporeerde-aandele, met geen of baie min randverskansing. Dit het areas van waarde in die markte geskep.

Hoewel die algehele prys-tot-verdiensteverhouding (PE) van die JSE tans 17 maal verdienste is, dui die dividendopbrengs daarop dat daar steeds waarde in ons markte is. Op 11 Januarie was die dividendopbrengs van die JSE se top-40-aandele 3,3%, die hoogste in sewe jaar, terwyl die middelkapitalisasie-aandele ʼn gemiddelde dividendopbrengs van 3,2% en kleinkapitalisasie-aandele ʼn 4,2% opbrengs gelewer het.

Die aandeelprys van maatskappye soos Standard Bank en Imperial het soveel oor die afgelope jaar gedaal dat hulle teen ʼn prys-tot-verdiensteverhouding (PE) van nader aan ses keer en teen ʼn 6,2% dividendopbrengs verhandel het. Beleggers in Standard Bank sal ʼn beter inkomste-opbrengs ontvang as dié met ʼn Standard Bank-geldmarkrekening.

Die pad vorentoe

Hoewel die plaaslike en wêreldmarkte ʼn insinking ervaar het, is dit nog te vroeg om dit ʼn beermark te noem waartydens ons ten minste ʼn 20% daling in die hoofindekse sal moet sien. Plaaslik kan daar in sommige gevalle koopgeleenthede wees solank ons nie polities agteruitgaan tydens die munisipale verkiesings nie. Die verwagting is dat die rand onder druk sal bly en dit sal randverskansingseffekte bevoordeel, hoewel dit lyk asof dit reeds by die pryse in ag geneem is.

Globaal verkies ons Europa bo die VSA. Goldman Sachs voorsien dat die Europese markte 18% oor die volgende jaar sal groei en die S&P 500 ongeveer 9%.

Europa is steeds in die vroeë stadium van sy ekonomiese herstel en ons voorsien dus dat verdienstes in dié streek vinniger sal styg. Terselfdertyd sal die sterker VSA-dollar, wat veld gewen het teen al die vernaamste geldeenhede, die VSA se uitvoermarkte kortwiek en groeipotensiaal verlaag. Daarteenoor sal die swakker euro Europese uitvoerders bevoordeel.

Hoewel die Japannese markte die jaar 9% swakker geopen het, sien ons die geleentheid vir hoër opbrengste in Japan as gevolg van ʼn omskakeling deur pensioenfondse van effekte na aandele, asook verbeterde korporatiewe bestuur.

Die Verenigde Koninkryk se FTSE bly ʼn anomalie (afwyking) aangesien 75% van sy belangrikste gelyste maatskappye eintlik buitelandse maatskappye met werksaamhede buite die VK is, wat nie noodwendig op die VK-ekonomie gerig is nie. Talle van hierdie maatskappye is in die mynbou- en oliesektore en hulle opbrengste sal afhang van ʼn algemene herstel in kommoditeite en olie.

Ten spyte van enorme verliese op die Chinese aandelemark is daar ʼn geleentheid vir herstel. Die Chinese ekonomie is besig om te herstruktureer met ʼn verskuiwing vanaf vervaardiging na ʼn diensekonomie. In werklikheid word meer as 50% van China se BBP uit die dienstekonomie gegenereer en dit groei teen ongeveer 8,5%.

As deel van die herstrukturering oorweeg die Chinese regering die verwydering van die vasgepende wisselkoers tussen die yuan en die VSA-dollar en het hulle ook die yuan gedevalueer. Terwyl beleggers gevrees het dat dit op ʼn swakker ekonomie dui, sal ʼn swakker geldeenheid Chinese uitvoere meer aantreklik maak.

Ons beleggingstrategie vir 2016 bly gefokus op buitelands-ontwikkelde markgeleenthede, maar met versigtig uitgesoekte aandele. Ons glo steeds dat die wêreldekonomie sal aanhou groei, al is dit stadig, en dat aandele beter langtermynopbrengste sal lewer as effekte of kontant.

Leefstyl
3 maklike maniere om jou geluk ʼn hupstoot te gee

Geluk is nie ʼn ontwykende toestand waarmee sommige mense bloot geseën is nie. Jou geluk-kwosiënt beïnvloed jou lewensuitkyk en werk – en jy kan dit beheer.

Lees meer...
 
Aftreefonds Nuus
Wat beteken die verandering in aftreefondse vir jou?

ʼn Jaar later as wat verwag is, is die 2015-Belastingwysigingswet uiteindelik onderteken en in wetgewing vervat. Dit sal spaar vir jou aftrede beïnvloed – positief.

Lees meer...
 
Finansiële Doelwitte
5 maniere om jou finansiële doelwitte
te bereik

Om finansieel kerngesond te wees, is nie ingewikkeld nie, maar ons vergeet dikwels die basiese aspekte. Probeer hierdie eenvoudige metodes om jou beursie hierdie jaar ʼn hupstoot te gee.

Lees meer...
 
Geld Wenke

Spaar duisende op jou huislening