Dié jaar was ‘n uitdagende een vir die wêreld. Dit het afgeskop met die afgryslike skietaanval in Parys op die kantore van ‘n satiriese weekblad, Charlie Hebdo, en het geëindig met die terroristeaanval in Parys in November. Vrede ontwyk steeds talle streke in Noord-Afrika en die Midde-Ooste, namate burgeroorlog en die groei van ISIS die dood van duisende mense en die ontworteling van honderde duisende ander veroorsaak het, terwyl hulle uit hul oorloggeteisterde lande vlug.
Ekonomiese groei was somber, veral in ontwikkelende ekonomieë soos Suid-Afrika, waar ons naelskraap ‘n resessie in die tweede helfte van die jaar misgeloop het. Ongelukkig het gebeurtenisse oor die afgelope paar weke gelei tot ‘n swakker rand wat 'n negatiewe impak sal hê op rentekoerse sowel as toekomstige groei-vooruitsigte. Laer groei en hoër rentekoerse sal hul tol eis by Suid-Afrikaanse verbruikers, en dit raak al hoe belangriker dat ons ons belofte om beskerming te verskaf wanneer jy dit die nodigste het, gestand sal doen: onder meer om jou lewe en gesondheid te verseker, jou te help om in jou kinders se toekoms te belê en voorsiening te maak vir ‘n finansieel-geborge aftrede.
Terwyl ons die jaar groet, het ons by Liberty baie om op trots te wees, wat insluit dat ons deur bedryfseweknieë verkies is as die nommer een verskaffer van beleggingsprodukte in die land in die kort-en langtermynindustrie (Versekeringsindustrie-opname 2014, PWC), sowel as om konsekwent eerste geplaas te word in terme van die bedrag verseker in die jaarlikse Swiss Re Individual Risk Market New Business Volumes Survey.
Hier is sommige van 2015 se hoogtepunte:
- Ons is trots daarop dat ons meer as R3 miljard aan geldige eise uitbetaal het – die hoogste bedrag tot op hede. In 2006 was ons die eerste versekeraar om ons eisstatistieke te publiseer en oor die afgelope nege jaar het ons meer as R20 miljard aan geldige eise uitbetaal.
- Evolve, die reeks beleggingsprodukte wat ons in 2012 bekend gestel het, waarop fooie slegs betaal word nádat ‘n belegger ‘n beleggingsopbrengs ontvang het, het die R20 miljard mylpaal vir nuwe besigheid bereik. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n produk wat slegs drie jaar gelede bekendgestel is.
- Vanjaar het ons die Agile Retirement Range bekendgestel, die eerste aftreespaarproduk in Suid-Afrika wat ‘n aftree-inkomste waarborg, ongeag hoe die markte presteer.
- Ons het ook die Termyndekking en PayOut-opsie by ons Lewenstyl-beskermerproduk gevoeg. Hierdie opsie pas jou versekeringsdekking aan by jou behoeftes aangesien dit jou in staat stel om versekering uit te neem vir spesifieke gebeurtenisse en tydperke, en so jou premies te verlaag.
Hoewel daar bestuursveranderinge was, is daar ‘n sterk bestuurspan onder leiding van die hoof-uitvoerende beampte: kleinhandelsake, John Maxwell, aan die stuur. Dié span verseker dat Liberty voortgaan om die manier waarop ons besigheid doen, te verfyn aangesien ons nader aan jou, die kliënt, wil beweeg. Ons het ons betrokkenheid by jou geniet en waardeer jou terugvoering, wat ons in staat stel om ons kommunikasie te verbeter.
Ons wens jou ‘n veilige en ontspanne feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.
|