Is jou beleggings op die rommelpad?

Suid-Afrika staar die vooruitsig in die gesig dat ons buitelandse kredietgradering na rommelstatus afgegradeer kan word. Ons kyk na wat dit beteken, veral vir jou beleggings.

Deur Tendani Mantshimuli: Liberty ekonoom end Paul Hansen – Stanlib Direkteur: Kleinhandelbelegging

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

In Junie, of moontlik eers later in Desember, sal die graderingsagentskappe Suid-Afrika se kredietwaardigheid hersien en besluit of ons land sy beleggingsgraad-gradering sal behou.

ʼn Kredietgraderingshersiening kan ten beste verstaan word wanneer dit met ʼn individu se kredietgradering vergelyk word. Indien ʼn bank glo dat jy ʼn goeie kredietrisiko is, sal dié instansie meer geneë wees om aan jou geld teen ʼn redelike rentekoers te leen.

Indien ʼn bank voel dat jou skuldvlakke te hoog is en jou toekomstige verdienste op risiko is, sal hulle jou as ʼn kliënt met ʼn hoër risiko beskou, wat moontlik skuldig aan die wanbetaling van skuldterugbetalings kan wees. Die instansie sal vervolgens minder geneë wees om aan jou geld te leen, of indien hulle dit wel doen, sal dit teen ʼn hoër rentekoers wees as teenwig vir die risiko.

Die dilemma vir die kliënt is dat hulle op ʼn tydstip wanneer hulle reeds finansiële druk ervaar, die vooruitsig van selfs duurder skuldterugbetalings in die gesig staar. Dieselfde geld vir ʼn land se staatskuld.

Die Suid-Afrikaanse regering leen tans in die buiteland deur die uitreiking van staatseffekte. Graderingsagentskappe soos Moody’s en Standard & Poor’s (S&P) assesseer die kredietwaardigheid van daardie staatseffekte.

Beleggers gebruik hierdie agentskappe om te besluit of ʼn staats- of korporatiewe effek waarin hulle belê beleggingsgraad of ʼn “rommeleffek” is.

Beleggingsgraadeffekte het ʼn BBB-kredietgradering of hoër wanneer dit deur S&P of ʼn Baa3, of hoër, wanneer dit deur Moody’s gegradeer word. Suid-Afrika klou tans aan die minimum beleggingsgraadvlak wat aan beleggers vertroue gee in die regering se vermoë om beide kapitaal- of rentebetalings te maak.

ʼn Effek (obligasie) haal sub-beleggingsgraad (rommelstatus) wanneer dit benede ʼn sekere vlak deur graderingsagentskappe gegradeer word. ʼn BB-gradering of laer is rommelstatus vir Standard & Poor’s (S&P), terwyl ʼn Ba-gradering of laer rommelstatus vir Moody’s beteken.

ʼn Rommelstatus beteken dat daar ʼn hoë risiko vir wanbetaling op die effek is. Dit kan wees as gevolg van swak vooruitsigte vir ekonomiese groei asook politieke, sosiale en beleidsonstabiliteit en onsekerheid. Dit is waarom hulle ʼn baie hoë opbrengs het, of in eenvoudige terme, waarom die uitreiker ʼn baie hoë rentekoers moet betaal.

In die algemeen was daar ʼn afname in die kredietwaardigheid van talle lande, met slegs 53% van alle gegradeerde soewereine state wat voldoen aan die beleggingsgraad (BBB – of hoër). Dit is die laagste vlak ooit. Desondanks het Suid-Afrika selfs meer noemenswaardig as die meeste van ons eweknieë verswak en ʼn verskuiwing na benede beleggingsgraad sal Suid-Afrika een van die lande maak wat die swakste ten opsigte van staatskredietgradering presteer het sedert 2008. Dit sal die substansiële wins wat die nuwe regering sedert die einde van apartheid gemaak het, ongedaan maak. Suid-Afrika het eers in 2001 beleggingsgraadstatus verwerf, as gevolg van gesonde finansiële bestuur van die staatsbegroting en sterk ekonomiese groei.

Hoe gaan jou beleggings hierdeur geraak word?
Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie afgradering slegs ons buitelandse effekte wat in Amerikaanse dollar uitgereik is raak en nie ons plaaslike staatseffekte wat in rand uitgereik is nie, wat steeds twee kerwe bo rommelstatus is.

Ons kan nietemin ʼn voortspruitende reaksie verwag namate die beleggingsaptyt in ons plaaslike effekte kan verminder en kapitaalvloei na die land kan afneem.

Ons het hierdie invloei nodig om die huidige tekort op die lopende rekening te finansier, aangesien Suid-Afrika se spaarkoers aan die lae kant is. Groot tekorte op die lopende rekening het ʼn negatiewe uitwerking op die wisselkoers, wat lei tot hoër inflasie op invoere namate invoere duurder raak.

Dit is ook moontlik dat indien die aanvraag vir plaaslike effekte afneem, die effekteopbrengs verder kan styg, wat beteken dat die kapitaalwaarde van die effekte sal daal.

Dit sal nie net vir effekte slegte nuus wees nie, maar ook vir gelyste eiendomsaandele, aangesien hul opbrengs direk korreleer met effekte-opbrengste. Namate die opbrengs op gelyste eiendom toeneem, sal die kapitaalwaarde daal.

Dit is minder waarskynlik dat dit ʼn langtermyn-impak op die aandelemark sal hê, wat aanvanklik kan daal as gevolg van die nuus, maar behoort te herstel aangesien aandeelpryse deur ekonomiese groei en maatskappyverdienste aangedryf word, eerder as deur die opbrengs op effekte.

Hoewel hierdie inligting vir beleggers somber mag voorkom, is die afgradering waarskynlik reeds in die mark verreken aangesien die meeste beleggers klaarblyklik glo dat ʼn afgradering onafwendbaar is – indien nie in Junie nie, dan minstens in Desember. In hierdie stadium is ons nie seker in watter mate dit in die mark geabsorbeer is nie, maar indien die land nie afgegradeer word nie, sal dit baie positief wees vir alle bateklaspryse.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Jou Paadjie     Jou Gesondheid   Loopbaan Wenke   Geld Wenke

Geld en lewenslesse Die groot K Wag en dink voor jy skuif So, jy wil ʼn miljoenêr wees?

Ons gesels met Sizo Mkombe, ʼn ma van twee jong seuntjies, oor haar finansiële en emosionele reis as ʼn ma en die lesse wat sy geleer het.

Vir die 2015 finansiële jaar, het ons R3.57 miljard in geldige eise aan ons kliënte uitbetaal en kanker is steeds die grootste oorsaak vir eise. Ons bekyk kankerstatistieke sowel as maniere hoe om te verhoed dat jy net nog ʼn statistiek word.

Is jy by ʼn kruispad in jou beroep of wil jy van werk verander? Moenie toelaat dat geld jou op ʼn dwaalspoor lei nie.

Maar wat doen jy werklik daaraan? Die verskil tussen ʼn welvaartskepper en ʼn welvaartvernietiger is hoe jy jou geld spandeer. Hier is 6 maniere om welvaart te skep – nou!

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Is jou beleggings op die rommelpad?

Suid-Afrika staar die vooruitsig in die gesig dat ons buitelandse kredietgradering na rommelstatus afgegradeer kan word. Ons kyk na wat dit beteken, veral vir jou beleggings.

Deur Tendani Mantshimuli: Liberty ekonoom end Paul Hansen – Stanlib Direkteur: Kleinhandelbelegging

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

In Junie, of moontlik eers later in Desember, sal die graderingsagentskappe Suid-Afrika se kredietwaardigheid hersien en besluit of ons land sy beleggingsgraad-gradering sal behou.

ʼn Kredietgraderingshersiening kan ten beste verstaan word wanneer dit met ʼn individu se kredietgradering vergelyk word. Indien ʼn bank glo dat jy ʼn goeie kredietrisiko is, sal dié instansie meer geneë wees om aan jou geld teen ʼn redelike rentekoers te leen.

Indien ʼn bank voel dat jou skuldvlakke te hoog is en jou toekomstige verdienste op risiko is, sal hulle jou as ʼn kliënt met ʼn hoër risiko beskou, wat moontlik skuldig aan die wanbetaling van skuldterugbetalings kan wees. Die instansie sal vervolgens minder geneë wees om aan jou geld te leen, of indien hulle dit wel doen, sal dit teen ʼn hoër rentekoers wees as teenwig vir die risiko.

Die dilemma vir die kliënt is dat hulle op ʼn tydstip wanneer hulle reeds finansiële druk ervaar, die vooruitsig van selfs duurder skuldterugbetalings in die gesig staar. Dieselfde geld vir ʼn land se staatskuld.

Die Suid-Afrikaanse regering leen tans in die buiteland deur die uitreiking van staatseffekte. Graderingsagentskappe soos Moody’s en Standard & Poor’s (S&P) assesseer die kredietwaardigheid van daardie staatseffekte.

Beleggers gebruik hierdie agentskappe om te besluit of ʼn staats- of korporatiewe effek waarin hulle belê beleggingsgraad of ʼn “rommeleffek” is.

Beleggingsgraadeffekte het ʼn BBB-kredietgradering of hoër wanneer dit deur S&P of ʼn Baa3, of hoër, wanneer dit deur Moody’s gegradeer word. Suid-Afrika klou tans aan die minimum beleggingsgraadvlak wat aan beleggers vertroue gee in die regering se vermoë om beide kapitaal- of rentebetalings te maak.

ʼn Effek (obligasie) haal sub-beleggingsgraad (rommelstatus) wanneer dit benede ʼn sekere vlak deur graderingsagentskappe gegradeer word. ʼn BB-gradering of laer is rommelstatus vir Standard & Poor’s (S&P), terwyl ʼn Ba-gradering of laer rommelstatus vir Moody’s beteken.

ʼn Rommelstatus beteken dat daar ʼn hoë risiko vir wanbetaling op die effek is. Dit kan wees as gevolg van swak vooruitsigte vir ekonomiese groei asook politieke, sosiale en beleidsonstabiliteit en onsekerheid. Dit is waarom hulle ʼn baie hoë opbrengs het, of in eenvoudige terme, waarom die uitreiker ʼn baie hoë rentekoers moet betaal.

In die algemeen was daar ʼn afname in die kredietwaardigheid van talle lande, met slegs 53% van alle gegradeerde soewereine state wat voldoen aan die beleggingsgraad (BBB – of hoër). Dit is die laagste vlak ooit. Desondanks het Suid-Afrika selfs meer noemenswaardig as die meeste van ons eweknieë verswak en ʼn verskuiwing na benede beleggingsgraad sal Suid-Afrika een van die lande maak wat die swakste ten opsigte van staatskredietgradering presteer het sedert 2008. Dit sal die substansiële wins wat die nuwe regering sedert die einde van apartheid gemaak het, ongedaan maak. Suid-Afrika het eers in 2001 beleggingsgraadstatus verwerf, as gevolg van gesonde finansiële bestuur van die staatsbegroting en sterk ekonomiese groei.

Hoe gaan jou beleggings hierdeur geraak word?
Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie afgradering slegs ons buitelandse effekte wat in Amerikaanse dollar uitgereik is raak en nie ons plaaslike staatseffekte wat in rand uitgereik is nie, wat steeds twee kerwe bo rommelstatus is.

Ons kan nietemin ʼn voortspruitende reaksie verwag namate die beleggingsaptyt in ons plaaslike effekte kan verminder en kapitaalvloei na die land kan afneem.

Ons het hierdie invloei nodig om die huidige tekort op die lopende rekening te finansier, aangesien Suid-Afrika se spaarkoers aan die lae kant is. Groot tekorte op die lopende rekening het ʼn negatiewe uitwerking op die wisselkoers, wat lei tot hoër inflasie op invoere namate invoere duurder raak.

Dit is ook moontlik dat indien die aanvraag vir plaaslike effekte afneem, die effekteopbrengs verder kan styg, wat beteken dat die kapitaalwaarde van die effekte sal daal.

Dit sal nie net vir effekte slegte nuus wees nie, maar ook vir gelyste eiendomsaandele, aangesien hul opbrengs direk korreleer met effekte-opbrengste. Namate die opbrengs op gelyste eiendom toeneem, sal die kapitaalwaarde daal.

Dit is minder waarskynlik dat dit ʼn langtermyn-impak op die aandelemark sal hê, wat aanvanklik kan daal as gevolg van die nuus, maar behoort te herstel aangesien aandeelpryse deur ekonomiese groei en maatskappyverdienste aangedryf word, eerder as deur die opbrengs op effekte.

Hoewel hierdie inligting vir beleggers somber mag voorkom, is die afgradering waarskynlik reeds in die mark verreken aangesien die meeste beleggers klaarblyklik glo dat ʼn afgradering onafwendbaar is – indien nie in Junie nie, dan minstens in Desember. In hierdie stadium is ons nie seker in watter mate dit in die mark geabsorbeer is nie, maar indien die land nie afgegradeer word nie, sal dit baie positief wees vir alle bateklaspryse.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Jou Paadjie

Geld en lewenslesse

Ons gesels met Sizo Mkombe, ʼn ma van twee jong seuntjies, oor haar finansiële en emosionele reis as ʼn ma en die lesse wat sy geleer het.

Lees meer...
 
Jou Gesondheid
Die groot K

Vir die 2015 finansiële jaar, het ons R3.57 miljard in geldige eise aan ons kliënte uitbetaal en kanker is steeds die grootste oorsaak vir eise. Ons bekyk kankerstatistieke sowel as maniere hoe om te verhoed dat jy net nog ʼn statistiek word.

Lees meer...
 
Loopbaan Wenke
Wag en dink voor jy skuif

Is jy by ʼn kruispad in jou beroep of wil jy van werk verander? Moenie toelaat dat geld jou op ʼn dwaalspoor lei nie.

Lees meer...
 
Geld Wenke
So, jy wil ʼn miljoenêr wees?