Berei voor vir ‘n moeilike 2016

Begrip vir ekonomiese tendense en ontwikkelings sal jou help om vir die komende jaar voor te berei.

Deur Tendani Mantshimuli, Ekonoom: Liberty

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Vanjaar se mediumtermynbegroting het Suid-Afrika met die werklikheid gekonfronteer. Die Oktober-begroting word gewoonlik grotendeels deur die publiek geïgnoreer aangesien geen groot aankondigings gemaak word nie. Dié jaar het die studentebetogings egter die hoofopskrifte vir weke daarna oorheers, en die lot van die Suid-Afrikaanse jeug wat die harde werklikheid van ‘n 50% werkloosheidsyfer in die gesig staar, beklemtoon.

Ongelukkig is die nuus in die Parlement nie veel beter nie. Die boodskap was duidelik: die ekonomie is in die moeilikheid en die regering se geld en opsies raak op. Dit beteken niks goeds vir verbruikers wat ‘n droewige 2016 in die gesig staar nie.

Minder werkgeleenthede, laer loonverhogings
SA se groeikoers word voortdurend tydens elke begrotingstoespraak afgegradeer. Ons verwagte groei vir vanjaar is slegs 1.5% en 1.7% vir volgende jaar. Dit is doodeenvoudig nie genoeg om nuwe werkgeleenthede te skep nie. Individue in sektore wat afdankings in die gesig staar, het min vooruitsigte om nuwe werk te kry.

Die staatsektor, wat meer as ‘n miljoen mense in diens het en ‘n groot werkgewer oor die afgelope twee dekades was, sal nie bydra tot werkskepping nie. Indiensneming is gestaak in ‘n poging om die groeiende salarisrekening van die openbare sektor te probeer beheer en werknemers wat uittree sal nie vervang word nie.

Belastingverhogings
Staatskuld sal na verwagting teen 2018 tot 50% van BNP groei – wat ‘n massiewe R2.4 biljoen behels. Dit is gelyk aan ongeveer R48 000 per Suid-Afrikaner. Die regering sal nie in staat wees om meer geld te leen om te spandeer ten einde die ekonomie te rugsteun nie.

Terwyl die regering begin het om op onnodige uitgawes te besnoei (volgens Nhlanhla Nene, minister van finansies, is uitgawes vir spyseniering en vermaak met 47% verminder), sal daar op die een of ander manier ‘n beraamde R35 miljard gevind moet word om die tekort aan belastinginkomste oor die volgende drie jaar aan te vul.

Dit maak dit hoogs waarskynlik dat ons volgende jaar ‘n verhoging in sekere belastings te wagte kan wees. In die begrotingsrede het die minister gefokus op belasting op toegevoegde waarde en is ‘n moontlike welvaartbelasting ook genoem. Hoewel hy dit duidelik gestel het dat geen beslissings gemaak is nie, is die boodskap duidelik – belastinginkomste sal verhoog moet word.

‘n Een persentasiepunt verhoging in BTW sal ‘n addisionele R20 miljard aan inkomste genereer. Die vraag is egter of die regering die politieke wilskrag het om ‘n belastingverhoging, wat so ongewild is by vakbonde, te hef.

Hoër inflasie
Terwyl inflasie dié jaar op gemiddeld 4.7% goed onder beheer gehou is, word verwag dat dit vroeg in 2016 sal styg. Voedsel- en brandstofpryse sal voortgaan om te styg namate die swakker rand ons voedsel- en olie-invoere duurder maak. ‘n Hoër inflasiekoers gekoppel aan die die verwagting van ‘n rentekoersverhoging in die VSA, sal ons rentekoers verder verhoog, soos reeds gesien in die besluit om die repokoers in November met 25 basispunte te verhoog.

Gebruik jou bonus verstandig in die aanloop na die feesseisoen, en moenie meer skuld maak om vir Desember-uitgawes voorsiening te maak nie.

 

Spaar Wenke   Belasting Wenke   Vakansie Beplanning   Ekonomiese Nuus

5 maniere om baie met jou bonus
te spaar
Hoe belasting jou belegging beïnvloed 8 eenvoudige stappe vir ‘n
stresvrye vakansie
Wat die SABMiller-transaksie
vir SA beteken

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Enige iemand vir ‘n Bud?

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak::
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Berei voor vir ‘n moeilike 2016

Begrip vir ekonomiese tendense en ontwikkelings sal jou help om vir die komende jaar voor te berei.

Deur Tendani Mantshimuli, Ekonoom: Liberty

 

 
+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Vanjaar se mediumtermynbegroting het Suid-Afrika met die werklikheid gekonfronteer. Die Oktober-begroting word gewoonlik grotendeels deur die publiek geïgnoreer aangesien geen groot aankondigings gemaak word nie. Dié jaar het die studentebetogings egter die hoofopskrifte vir weke daarna oorheers, en die lot van die Suid-Afrikaanse jeug wat die harde werklikheid van ‘n 50% werkloosheidsyfer in die gesig staar, beklemtoon.

Ongelukkig is die nuus in die Parlement nie veel beter nie. Die boodskap was duidelik: die ekonomie is in die moeilikheid en die regering se geld en opsies raak op. Dit beteken niks goeds vir verbruikers wat ‘n droewige 2016 in die gesig staar nie.

Minder werkgeleenthede, laer loonverhogings
SA se groeikoers word voortdurend tydens elke begrotingstoespraak afgegradeer. Ons verwagte groei vir vanjaar is slegs 1.5% en 1.7% vir volgende jaar. Dit is doodeenvoudig nie genoeg om nuwe werkgeleenthede te skep nie. Individue in sektore wat afdankings in die gesig staar, het min vooruitsigte om nuwe werk te kry.

Die staatsektor, wat meer as ‘n miljoen mense in diens het en ‘n groot werkgewer oor die afgelope twee dekades was, sal nie bydra tot werkskepping nie. Indiensneming is gestaak in ‘n poging om die groeiende salarisrekening van die openbare sektor te probeer beheer en werknemers wat uittree sal nie vervang word nie.

Belastingverhogings
Staatskuld sal na verwagting teen 2018 tot 50% van BNP groei – wat ‘n massiewe R2.4 biljoen behels. Dit is gelyk aan ongeveer R48 000 per Suid-Afrikaner. Die regering sal nie in staat wees om meer geld te leen om te spandeer ten einde die ekonomie te rugsteun nie.

Terwyl die regering begin het om op onnodige uitgawes te besnoei (volgens Nhlanhla Nene, minister van finansies, is uitgawes vir spyseniering en vermaak met 47% verminder), sal daar op die een of ander manier ‘n beraamde R35 miljard gevind moet word om die tekort aan belastinginkomste oor die volgende drie jaar aan te vul.

Dit maak dit hoogs waarskynlik dat ons volgende jaar ‘n verhoging in sekere belastings te wagte kan wees. In die begrotingsrede het die minister gefokus op belasting op toegevoegde waarde en is ‘n moontlike welvaartbelasting ook genoem. Hoewel hy dit duidelik gestel het dat geen beslissings gemaak is nie, is die boodskap duidelik – belastinginkomste sal verhoog moet word.

‘n Een persentasiepunt verhoging in BTW sal ‘n addisionele R20 miljard aan inkomste genereer. Die vraag is egter of die regering die politieke wilskrag het om ‘n belastingverhoging, wat so ongewild is by vakbonde, te hef.

Hoër inflasie
Terwyl inflasie dié jaar op gemiddeld 4.7% goed onder beheer gehou is, word verwag dat dit vroeg in 2016 sal styg. Voedsel- en brandstofpryse sal voortgaan om te styg namate die swakker rand ons voedsel- en olie-invoere duurder maak. ‘n Hoër inflasiekoers gekoppel aan die die verwagting van ‘n rentekoersverhoging in die VSA, sal ons rentekoers verder verhoog, soos reeds gesien in die besluit om die repokoers in November met 25 basispunte te verhoog.

Gebruik jou bonus verstandig in die aanloop na die feesseisoen, en moenie meer skuld maak om vir Desember-uitgawes voorsiening te maak nie.

 

Spaar Wenke   Belasting Wenke   Vakansie Beplanning   Ekonomiese Nuus

5 maniere om baie met jou bonus te spaar Hoe belasting jou belegging beïnvloed 8 eenvoudige stappe vir
‘n stresvrye vakansie
Wat die SABMiller-transaksie vir SA beteken

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Enige iemand vir ‘n Bud?

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees die Liberty November 2015 Nuusbrief
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Berei voor vir ‘n moeilike 2016

Begrip vir ekonomiese tendense en ontwikkelings sal jou help om vir die komende jaar voor te berei.

Deur Tendani Mantshimuli, Ekonoom: Liberty


+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Vanjaar se mediumtermynbegroting het Suid-Afrika met die werklikheid gekonfronteer. Die Oktober-begroting word gewoonlik grotendeels deur die publiek geïgnoreer aangesien geen groot aankondigings gemaak word nie. Dié jaar het die studentebetogings egter die hoofopskrifte vir weke daarna oorheers, en die lot van die Suid-Afrikaanse jeug wat die harde werklikheid van ‘n 50% werkloosheidsyfer in die gesig staar, beklemtoon.

Ongelukkig is die nuus in die Parlement nie veel beter nie. Die boodskap was duidelik: die ekonomie is in die moeilikheid en die regering se geld en opsies raak op. Dit beteken niks goeds vir verbruikers wat ‘n droewige 2016 in die gesig staar nie.

Minder werkgeleenthede, laer loonverhogings
SA se groeikoers word voortdurend tydens elke begrotingstoespraak afgegradeer. Ons verwagte groei vir vanjaar is slegs 1,5% en 1,7% vir volgende jaar. Dit is doodeenvoudig nie genoeg om nuwe werkgeleenthede te skep nie. Individue in sektore wat afdankings in die gesig staar, het min vooruitsigte om nuwe werk te kry.

Die staatsektor, wat meer as ‘n miljoen mense in diens het en ‘n groot werkgewer oor die afgelope twee dekades was, sal nie bydra tot werkskepping nie. Indiensneming is gestaak in ‘n poging om die groeiende salarisrekening van die openbare sektor te probeer beheer en werknemers wat uittree sal nie vervang word nie.

Belastingverhogings
Staatskuld sal na verwagting teen 2018 tot 50% van BNP groei – wat ‘n massiewe R2,4 biljoen behels. Dit is gelyk aan ongeveer R48 000 per Suid-Afrikaner. Die regering sal nie in staat wees om meer geld te leen om die ekonomie te rugsteun nie.

Terwyl die regering begin het om op onnodige uitgawes te besnoei (volgens Nhlanhla Nene, minister van finansies, is uitgawes vir spyseniering en vermaak met 47% verminder), sal daar op die een of ander manier ‘n beraamde R35 miljard gevind moet word om die tekort aan belastinginkomste oor die volgende drie jaar aan te vul.

Dit maak dit hoogs waarskynlik dat ons volgende jaar ‘n verhoging in sekere belastings te wagte kan wees. In die begrotingsrede het die minister gefokus op belasting op toegevoegde waarde en is ‘n moontlike welvaartbelasting ook genoem. Hoewel hy dit duidelik gestel het dat geen beslissings gemaak is nie, is die boodskap duidelik – belastinginkomste sal verhoog moet word.

‘n Een persentasiepunt verhoging in BTW sal ‘n addisionele R20 miljard aan inkomste genereer. Die vraag is egter of die regering die politieke wilskrag het om ‘n belastingverhoging, wat so ongewild is by vakbonde, te hef.

Hoër inflasie
Terwyl inflasie dié jaar op gemiddeld 4,7% goed onder beheer gehou is, word ‘n verhoging in 2016 verwag. Voedsel- en brandstofpryse sal voortgaan om te styg namate die swakker rand ons voedsel- en olie-invoere duurder maak.

Die silwer randjie
Net soos die regering, sal huishoudings maniere moet vind om nie-noodsaaklike uitgawes te beperk en skuldvlakke te verminder. Die goeie nuus is dat rentekoerse heel waarskynlik nog effens langer op ‘n historiese laagtepunt sal bly aangesien dit ‘n uitdaging vir die Reserwebank sal wees om rentekoerse te verhoog in die lig van sodanige swak ekonomiese groei. Hierdie kan moontlik jou laaste kans wees om jou skuld af te betaal.

Gebruik jou bonus verstandig in die aanloop na die feesseisoen, en moenie meer skuld maak om vir Desember-uitgawes voorsiening te maak nie.

 

Spaar Wenke

5 maniere om baie met jou bonus te spaar

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Lees meer...
 
Belasting Wenke
Hoe belasting jou belegging beïnvloed

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Lees meer...
 
Vakansie Beplanning
8 eenvoudige stappe vir ‘n
stresvrye vakansie

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Lees meer...
 
Ekonomiese Nuus
Wat die SABMiller-transaksie vir SA beteken

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Enige iemand vir ‘n Bud?

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

 
 
Lees die Liberty November 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.