Wat die SABMiller-transaksie
vir SA beteken

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Staan opsy Castle, Budweiser is hier...

Deur Fred Teeling-Smith: Beleggingsanalis Stanlib

 

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Talle Suid-Afrikaners het heel waarskynlik vir die eerste keer van die Belgies-genoteerde, globale bierbrouer Anheuser-Busch InBev (AB InBev) gehoor toe dié maatskappy die direksie van SABMiller die eerste keer in September genader het om die maatskappy te koop. Moontlik ken jy hulle wêreldwye handelsmerke Corona, Budweiser en Stella Artois beter.

Wie is AB InBev?
AB InBev is die grootste wêreldwye bierbrouer wat ongeveer ‘n vyfde van die globale biermark beheer. SABMiller is tweede met net meer as 12% van die wêreldwye bierindustrie. Saam sal die nuwe maatskappy die biermark totaal oorheers, met een uit elke drie biere wat verkoop word. Die naaste opponente sal Heineken en Carlsberg met onderskeidelik 8% en 6% van die mark wees.

Die oorname van SABMiller gee AB InBev toegang tot die markte wat SABMiller tans oorheers, soos Afrika, Latyns-Amerika (uitgesonder Brasilië), sowel as Oos-Europa en Australië, wat dié maatskappy ‘n ware globale biermaatskappy sal maak.

Wat sal die transaksie vir Castle beteken?
Gelukkig is dit hoogs onwaarskynlik dat AB InBev suksesvolle plaaslike handelsmerke sal uitfaseer, hoewel hul oorhoofse strategie fokus op globale eerder as plaaslike handelsmerke. Ons kan dus verwag om meer bemarking van Corona, Budweiser en Stella Artois in Suid-Afrika te sien, saam met die bestaande handelsmerke. Tans besit SABMiller ongeveer 90% van die Suid-Afrikaanse mark, met die AB InBev-handelsmerke steeds onbeduidend in vergelyking, wat groeipotensiaal bied aan die AB InBev-handelsmerke. Daarteenoor kan talle Europese en Suid-Amerikaanse lande, sowel as die VSA, Castle en Black Label beter leer ken.

Op die lang termyn kan ons moontlik handelsmerkrasionalisasie waarneem namate hulle kleiner handelsmerke uitfaseer.

Kan ek aandele in die nuwe maatskappy besit?
Die tweede vraag is of SABMiller nog Suid-Afrikaans sal wees. In werklikheid is SABMiller reeds vir ‘n geruime tyd ‘n VK-gevestigde maatskappy met ‘n Suid-Afrikaanse filiaal en ‘n sekondêre notering op die JSE. AB InBev het verklaar dat hulle op die Johannesburg Aandelebeurs genoteer sal bly om Suid-Afrikaanse aandeelhouers in staat  te stel om ‘n aandeel in die groter groep te besit sonder om hul buitelandse toelae daarvoor te gebruik.

Wat is die ooreenkoms?
Dit bring dit ons by die eintlike ooreenkoms. Op 14 September het SABMiller teen £29,34 op die Londense Aandelebeurs verhandel. Op 17 September 2015 het AB InBev ‘n private aanbod van £38 per aandeel, wat hulle later tot £40 per aandeel aangepas het, aan die direksie van SABMiller gemaak. ‘n Finale kontantaanbod van £44 is op 11 November gemaak – onderhewig aan regulatoriese goedkeuring.

Dit verteenwoordig ‘n 50% premie bo SABMiller se verhandelingsperk op 14 September, die dag voor die spekulasie van ‘n aanbod van AB InBev. Bestaande SABMiller-aandeelhouers sal dus ‘n goeie opbrengs realiseer sou hulle die aanbod aanvaar. Die transaksie sal heel waarskynlik eers in die tweede helfte van 2016 afgehandel wees.

Ten opsigte van ons Stanlib-fondse, sal ons ons SABMiller-aandele verkoop en ná die transaksie besluit of dit die moeite werd is om aandele in die groter groep te besit. Ons is positief oor bier as ‘n belegging, maar slegs teen die regte prys.

 

Ekonomiese Waarhede   Spaar Wenke   Belasting Wenke   Vakansie Beplanning

Berei voor vir ‘n moeilike 2016 5 maniere om baie met jou bonus
te spaar
Hoe belasting jou belegging beïnvloed 8 eenvoudige stappe vir ‘n
stresvrye vakansie

Hoewel ons graag vir ons kliënte goeie nuus bring, is die werklikheid dat 2016 die moeilikste jaar nóg kan wees. Liberty Ekonoom, Tendani Mantshimuli, werp lig op die harde waarhede.

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak::
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Wat die SABMiller-transaksie vir SA beteken

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Staan opsy Castle, Budweiser is hier...

Deur Fred Teeling-Smith: Beleggingsanalis Stanlib

 
+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Talle Suid-Afrikaners het heel waarskynlik vir die eerste keer van die Belgies-genoteerde, globale bierbrouer Anheuser-Busch InBev (AB InBev) gehoor toe dié maatskappy die direksie van SABMiller die eerste keer in September genader het om die maatskappy te koop. Moontlik ken jy hulle wêreldwye handelsmerke Corona, Budweiser en Stella Artois beter.

Wie is AB InBev?
AB InBev is die grootste wêreldwye bierbrouer wat ongeveer ‘n vyfde van die globale biermark beheer. SABMiller is tweede met net meer as 12% van die wêreldwye bierindustrie. Saam sal die nuwe maatskappy die biermark totaal oorheers, met een uit elke drie biere wat verkoop word. Die naaste opponente sal Heineken en Carlsberg met onderskeidelik 8% en 6% van die mark wees.

Die oorname van SABMiller gee AB InBev toegang tot die markte wat SABMiller tans oorheers, soos Afrika, Latyns-Amerika (uitgesonder Brasilië), sowel as Oos-Europa en Australië, wat dié maatskappy ‘n ware globale biermaatskappy sal maak.

Wat sal die transaksie vir Castle beteken?
Gelukkig is dit hoogs onwaarskynlik dat AB InBev suksesvolle plaaslike handelsmerke sal uitfaseer, hoewel hul oorhoofse strategie fokus op globale eerder as plaaslike handelsmerke. Ons kan dus verwag om meer bemarking van Corona, Budweiser en Stella Artois in Suid-Afrika te sien, saam met die bestaande handelsmerke. Tans besit SABMiller ongeveer 90% van die Suid-Afrikaanse mark, met die AB InBev-handelsmerke steeds onbeduidend in vergelyking, wat groeipotensiaal bied aan die AB InBev-handelsmerke. Daarteenoor kan talle Europese en Suid-Amerikaanse lande, sowel as die VSA, Castle en Black Label beter leer ken.

Op die lang termyn kan ons moontlik handelsmerkrasionalisasie waarneem namate hulle kleiner handelsmerke uitfaseer.

Kan ek aandele in die nuwe maatskappy besit?
Die tweede vraag is of SABMiller nog Suid-Afrikaans sal wees. In werklikheid is SABMiller reeds vir ‘n geruime tyd ‘n VK-gevestigde maatskappy met ‘n Suid-Afrikaanse filiaal en ‘n sekondêre notering op die JSE. AB InBev het verklaar dat hulle op die Johannesburg Aandelebeurs genoteer sal bly om Suid-Afrikaanse aandeelhouers in staat  te stel om ‘n aandeel in die groter groep te besit sonder om hul buitelandse toelae daarvoor te gebruik.

Wat is die ooreenkoms?
Dit bring dit ons by die eintlike ooreenkoms. Op 14 September het SABMiller teen £29,34 op die Londense Aandelebeurs verhandel. Op 17 September 2015 het AB InBev ‘n private aanbod van £38 per aandeel, wat hulle later tot £40 per aandeel aangepas het, aan die direksie van SABMiller gemaak. ‘n Finale kontantaanbod van £44 is op 11 November gemaak – onderhewig aan regulatoriese goedkeuring.

Dit verteenwoordig ‘n 50% premie bo SABMiller se verhandelingsperk op 14 September, die dag voor die spekulasie van ‘n aanbod van AB InBev. Bestaande SABMiller-aandeelhouers sal dus ‘n goeie opbrengs realiseer sou hulle die aanbod aanvaar. Die transaksie sal heel waarskynlik eers in die tweede helfte van 2016 afgehandel wees.

Ten opsigte van ons Stanlib-fondse, sal ons ons SABMiller-aandele verkoop en ná die transaksie besluit of dit die moeite werd is om aandele in die groter groep te besit. Ons is positief oor bier as ‘n belegging, maar slegs teen die regte prys.

 

Ekonomiese Waarhede   Spaar Wenke   Belasting Wenke   Vakansie Beplanning

Berei voor vir ‘n
moeilike 2016
5 maniere om baie met jou bonus te spaar Hoe belasting jou belegging beïnvloed 8 eenvoudige stappe vir ‘n stresvrye vakansie

Hoewel ons graag vir ons kliënte goeie nuus bring, is die werklikheid dat 2016 die moeilikste jaar nóg kan wees. Liberty Ekonoom, Tendani Mantshimuli, werp lig op die harde waarhede.

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees die Liberty November 2015 Nuusbrief
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Wat die SABMiller-transaksie
vir SA beteken

Met die Anheuser-Busch InBev (AB InBev)-samesmelting kan ons verwag om meer globale handelsmerke in die plaaslike mark te sien. Staan opsy Castle, Budweiser is hier...

Deur Fred Teeling-Smith: Beleggingsanalis Stanlib


+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Talle Suid-Afrikaners het heel waarskynlik vir die eerste keer van die Belgies-genoteerde, globale bierbrouer Anheuser-Busch InBev (AB InBev) gehoor toe dié maatskappy die direksie van SABMiller die eerste keer in September genader het om die maatskappy te koop. Moontlik ken jy hulle wêreldwye handelsmerke Corona, Budweiser en Stella Artois beter.

Wie is AB InBev?
AB InBev is die grootste wêreldwye bierbrouer wat ongeveer ‘n vyfde van die globale biermark beheer. SABMiller is tweede met net meer as 12% van die wêreldwye bierindustrie. Saam sal die nuwe maatskappy die biermark totaal oorheers, met een uit elke drie biere wat verkoop word. Die naaste opponente sal Heineken en Carlsberg met onderskeidelik 8% en 6% van die mark wees.

Die oorname van SABMiller gee AB InBev toegang tot die markte wat SABMiller tans oorheers, soos Afrika, Latyns-Amerika (uitgesonder Brasilië), sowel as Oos-Europa en Australië, wat dié maatskappy ‘n ware globale biermaatskappy sal maak.

Wat sal die transaksie vir Castle beteken?
Gelukkig is dit hoogs onwaarskynlik dat AB InBev suksesvolle plaaslike handelsmerke sal uitfaseer, hoewel hul oorhoofse strategie fokus op globale eerder as plaaslike handelsmerke. Ons kan dus verwag om meer bemarking van Corona, Budweiser en Stella Artois in Suid-Afrika te sien, saam met die bestaande handelsmerke. Tans besit SABMiller ongeveer 90% van die Suid-Afrikaanse mark, met die AB InBev-handelsmerke steeds onbeduidend in vergelyking, wat groeipotensiaal bied aan die AB InBev-handelsmerke. Daarteenoor kan talle Europese en Suid-Amerikaanse lande, sowel as die VSA, Castle en Black Label beter leer ken.

Op die lang termyn kan ons moontlik handelsmerkrasionalisasie waarneem namate hulle kleiner handelsmerke uitfaseer.

Kan ek aandele in die nuwe maatskappy besit?
Die tweede vraag is of SABMiller nog Suid-Afrikaans sal wees. In werklikheid is SABMiller reeds vir ‘n geruime tyd ‘n VK-gevestigde maatskappy met ‘n Suid-Afrikaanse filiaal en ‘n sekondêre notering op die JSE. AB InBev het verklaar dat hulle op die Johannesburg Aandelebeurs genoteer sal bly om Suid-Afrikaanse aandeelhouers in staat  te stel om ‘n aandeel in die groter groep te besit sonder om hul buitelandse toelae daarvoor te gebruik.

Wat is die ooreenkoms?
Dit bring dit ons by die eintlike ooreenkoms. Op 14 September het SABMiller teen £29,34 op die Londense Aandelebeurs verhandel. Op 17 September 2015 het AB InBev ‘n private aanbod van £38 per aandeel, wat hulle later tot £40 per aandeel aangepas het, aan die direksie van SABMiller gemaak. ‘n Finale kontantaanbod van £44 is op 11 November gemaak – onderhewig aan regulatoriese goedkeuring.

Dit verteenwoordig ‘n 50% premie bo SABMiller se verhandelingsperk op 14 September, die dag voor die spekulasie van ‘n aanbod van AB InBev. Bestaande SABMiller-aandeelhouers sal dus ‘n goeie opbrengs realiseer sou hulle die aanbod aanvaar. Die transaksie sal heel waarskynlik eers in die tweede helfte van 2016 afgehandel wees.

Ten opsigte van ons Stanlib-fondse, sal ons ons SABMiller-aandele verkoop en ná die transaksie besluit of dit die moeite werd is om aandele in die groter groep te besit. Ons is positief oor bier as ‘n belegging, maar slegs teen die regte prys.

 

Ekonomiese Waarhede
Berei voor vir ‘n moeilike 2016

Hoewel ons graag vir ons kliënte goeie nuus bring, is die werklikheid dat 2016 die moeilikste jaar nóg kan wees. Liberty Ekonoom, Tendani Mantshimuli, werp lig op die harde waarhede.

Lees meer...
 
Spaar Wenke

5 maniere om baie met jou bonus te spaar

Indien jy ‘n enkelbedrag teen die einde van die jaar beskikbaar het, kan dit die druk op jou beursie in 2016 verminder.

Lees meer...
 
Belasting Wenke
Hoe belasting jou belegging beïnvloed

Ons ontleed die verskillende belastings betaalbaar op beleggings en hoe hulle jou opbrengs beïnvloed.

Lees meer...
 
Vakansie Beplanning
8 eenvoudige stappe vir ‘n
stresvrye vakansie

Merk hierdie agt punte af op jou doenlys ten einde jou vakansie gemaklik af te skop.

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

 
 
Lees die Liberty November 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.