Dis tyd om aan die vakansie te dink!

Begin nou beplan vir jou somervakansie en dis dalk teen Desember reeds afbetaal. September is die ideale tyd om voordeel te trek uit vroeg-uit-die-vere-aanbiedinge.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Jou vakansie aan die einde van die jaar hoef nie ʼn finansiële babelaas in Januarie tot gevolg te hê nie. Met die regte mate van voorbereiding en finansiële beplanning, kan jy die koste oor ʼn paar maande versprei.

Vakansies is belangrike tye om te rus, te ontspan en tyd saam met jou gesin deur te bring, en daar is slegs twee en ʼn half maande oor voor 16 Desember, die datum waarop die Suid-Afrikaanse somervakansie begin. Werk kom dan tot ʼn stilstand wanneer miljoene vakansiegangers per pad en lug op hul jaarlikse vakansie vertrek.

ʼn Klein bietjie voorafbeplanning kan ʼn moeilike maand in Januarie voorkom. Ons gee hierdie wenke om jou te help om finansieel kop bo water te hou gedurende die somer:

Stel ʼn begroting op

Bereken hoeveel jy kan bekostig om op jou vakansie te spandeer. Onthou om alle uitgawes in ag te neem, insluitende dié vir reis, verblyf, kos, dag-vir-dag-uitgawes, asook toeriste-attraksies. Indien jy per pad reis, moenie vergeet om petrolkostes en tolgelde in ag te neem nie.

Bespreek jou vlug

Indien jy beplan om te vlieg, probeer om jou vlug reeds hierdie maand te bespreek en daarvoor te betaal, aangesien dit goedkoper is om vroeër te bepreek. Gebruik jou kredietkaart om vir jou vlug te betaal, sodat jy die voordeel van gratis versekering kan kry. Indien die lugredery sou ondergaan voor jy vlieg, sal jy vergoed word. Jy ontvang ook gratis reisversekering. Verseker dat jy die bepalings en voorwaardes lees, sodat jy kan bepaal waarvoor jy dekking ontvang, en of jy bykomende versekering benodig. Maak seker dat jy jou kredietkaart ten volle vereffen aan die einde van die maand, of nog beter, betaal die geld in jou kaart in voordat jy dit spandeer.

Bespreek jou akkommodasie

Meestal word slegs ʼn 50% deposito vir akkommodasie vereis, met die balans betaalbaar wanneer jy arriveer. Dit gee jou die geleentheid om die kostes oor ʼn paar maande te versprei. Airbnb het ʼn wonderlike geleentheid vir sakpasvakansies geskep, en so vir noodsaaklike kompetisie in die toerismemark gesorg. Selfsorg is ʼn verdere, goedkoper, opsie – tensy jou idee van ʼn perfekte vakansie is om nie te kook nie. Indien jy oorsee reis, verminder jy jou wisselkoersrisiko noemenswaardig deur nou reeds vir jou akkommodasie en motorhuur te betaal.

Bespreek vooraf vir toeriste-attraksies

Belangrike toeriste-attraksies stel jou in staat om kaartjies vooraf aanlyn te bespreek. Dit beteken jy kan vooruit bespreek en betaal, wat jou dikwels die geleentheid gee om toustanery te vermy. Talle toere, attraksies en selfs spesiale geleenthede bied afslag vir aanlynbesprekings.

Beplan vir dag-vir-dag-uitgawes

Begin geld spaar vir jou dag-vir-dag-uitgawes. Indien jy die selfdissipline het, kan jy begin om ʼn kredietbalans op jou kredietkaart op te bou. Alternatiewelik kan jy geld inbetaal in ʼn spaarrekening wat aan jou bankrekening gekoppel is. Indien jy kinders het, oortuig hulle om van hul sakgeld te begin spaar vir die vakansie. Die hele gesin kan begin om kleingeld, wat julle tydens die rit gaan gebruik, in ʼn vakansie-spaarfles te gooi.

Tyd vir iets nuuts!

Lees meer oor ons nuwe offer wat 'n groter verskeidenheid van beleggers toegang gee tot Liberty se ikoniese eiendomme.

Klik hieronder vir meer inligting.

  Aftree advies   Leefstyl   Ons Erfenis   Spaar Wenke

Wat jy vyf jaar voor aftrede behoort
te weet
Raak sonslim in September Waarom ons Suid-Afrika liefhet Vyf maniere om jouself te kul om
te spaar

Die suksesvolste aftrede is een wat vroegtydig goed beplan word. Liberty se Uitvoerende Welvaartadviseur, Carlo Gil, gee wenke oor aspekte om vyf jaar voor aftrede te oorweeg.

September is buitelugseisoen. Beskerm jouself en jou geliefdes tydens Erfenismaand met hierdie belangrike sonbeskermingswenke.

Ons kan slegs belê in ʼn toekoms waarin ons glo. Johan Minnie, Liberty se Uitvoerende Hoof: Verkope, Verspreiding en Bancassurance, deel ʼn paar redes waarom ons Suid-Afrika liefhet.

Jy wil spaar, maar het nie die selfdissipline nie? Hier is ʼn paar spaarwenke om jou te help om iets vir tye van nood opsy te sit, sonder dat jy vandag voel jy ontbeer iets.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Dis tyd om aan die vakansie
te dink!

Aftree Advies   Leefstyl   Ons Erfenis   Spaar Wenke

Aftree advies Raak sonslim
in September
Waarom ons
Suid-Afrika liefhet
Maniere om jouself te kul om te spaar

Die suksesvolste aftrede is een wat vroegtydig goed beplan word. Liberty se Uitvoerende Welvaartadviseur, Carlo Gil, gee wenke oor aspekte om vyf jaar voor aftrede te oorweeg.

September is buitelugseisoen. Beskerm jouself en jou geliefdes tydens Erfenismaand met hierdie belangrike sonbeskermingswenke.

Ons kan slegs belê in ʼn toekoms waarin ons glo. Johan Minnie, Liberty se Uitvoerende Hoof: Verkope, Verspreiding en Bancassurance, deel ʼn paar redes waarom ons Suid-Afrika liefhet.

Jy wil spaar, maar het nie die selfdissipline nie? Hier is ʼn paar spaarwenke om jou te help om iets vir tye van nood opsy te sit, sonder dat jy vandag voel jy ontbeer iets.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Dis tyd om aan die vakansie te dink!

Begin nou beplan vir jou somervakansie en dis dalk teen Desember reeds afbetaal. September is die ideale tyd om voordeel te trek uit vroeg-uit-die-vere-aanbiedinge.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Jou vakansie aan die einde van die jaar hoef nie ʼn finansiële babelaas in Januarie tot gevolg te hê nie. Met die regte mate van voorbereiding en finansiële beplanning, kan jy die koste oor ʼn paar maande versprei.

Vakansies is belangrike tye om te rus, te ontspan en tyd saam met jou gesin deur te bring, en daar is slegs twee en ʼn half maande oor voor 16 Desember, die datum waarop die Suid-Afrikaanse somervakansie begin. Werk kom dan tot ʼn stilstand wanneer miljoene vakansiegangers per pad en lug op hul jaarlikse vakansie vertrek.

ʼn Klein bietjie voorafbeplanning kan ʼn moeilike maand in Januarie voorkom. Ons gee hierdie wenke om jou te help om finansieel kop bo water te hou gedurende die somer:

Stel ʼn begroting op

Bereken hoeveel jy kan bekostig om op jou vakansie te spandeer. Onthou om alle uitgawes in ag te neem, insluitende dié vir reis, verblyf, kos, dag-vir-dag-uitgawes, asook toeriste-attraksies. Indien jy per pad reis, moenie vergeet om petrolkostes en tolgelde in ag te neem nie.

Bespreek jou vlug

Indien jy beplan om te vlieg, probeer om jou vlug reeds hierdie maand te bespreek en daarvoor te betaal, aangesien dit goedkoper is om vroeër te bepreek. Gebruik jou kredietkaart om vir jou vlug te betaal, sodat jy die voordeel van gratis versekering kan kry. Indien die lugredery sou ondergaan voor jy vlieg, sal jy vergoed word. Jy ontvang ook gratis reisversekering. Verseker dat jy die bepalings en voorwaardes lees, sodat jy kan bepaal waarvoor jy dekking ontvang, en of jy bykomende versekering benodig. Maak seker dat jy jou kredietkaart ten volle vereffen aan die einde van die maand, of nog beter, betaal die geld in jou kaart in voordat jy dit spandeer.

Bespreek jou akkommodasie

Meestal word slegs ʼn 50% deposito vir akkommodasie vereis, met die balans betaalbaar wanneer jy arriveer. Dit gee jou die geleentheid om die kostes oor ʼn paar maande te versprei. Airbnb het ʼn wonderlike geleentheid vir sakpasvakansies geskep, en so vir noodsaaklike kompetisie in die toerismemark gesorg. Selfsorg is ʼn verdere, goedkoper, opsie – tensy jou idee van ʼn perfekte vakansie is om nie te kook nie. Indien jy oorsee reis, verminder jy jou wisselkoersrisiko noemenswaardig deur nou reeds vir jou akkommodasie en motorhuur te betaal.

Bespreek vooraf vir toeriste-attraksies

Belangrike toeriste-attraksies stel jou in staat om kaartjies vooraf aanlyn te bespreek. Dit beteken jy kan vooruit bespreek en betaal, wat jou dikwels die geleentheid gee om toustanery te vermy. Talle toere, attraksies en selfs spesiale geleenthede bied afslag vir aanlynbesprekings.

Beplan vir dag-vir-dag-uitgawes

Begin geld spaar vir jou dag-vir-dag-uitgawes. Indien jy die selfdissipline het, kan jy begin om ʼn kredietbalans op jou kredietkaart op te bou. Alternatiewelik kan jy geld inbetaal in ʼn spaarrekening wat aan jou bankrekening gekoppel is. Indien jy kinders het, oortuig hulle om van hul sakgeld te begin spaar vir die vakansie. Die hele gesin kan begin om kleingeld, wat julle tydens die rit gaan gebruik, in ʼn vakansie-spaarfles te gooi.

Tyd vir iets nuuts!

Lees meer oor ons nuwe offer wat 'n groter verskeidenheid van beleggers toegang gee tot Liberty se ikoniese eiendomme.

Klik hieronder vir meer inligting.

Bleggings Advies

Wat jy vyf jaar voor aftrede behoort te weet

Die suksesvolste aftrede is een wat vroegtydig goed beplan word. Liberty se Uitvoerende Welvaartadviseur, Carlo Gil, gee wenke oor aspekte om vyf jaar voor aftrede te oorweeg.

Lees meer...
 
Leefstyl
Raak sonslim in September

September is buitelugseisoen. Beskerm jouself en jou geliefdes tydens Erfenismaand met hierdie belangrike sonbeskermingswenke.

Lees meer...
 
Ons Erfenis
Waarom ons Suid-Afrika liefhet

Ons kan slegs belê in ʼn toekoms waarin ons glo. Johan Minnie, Liberty se Uitvoerende Hoof: Verkope, Verspreiding en Bancassurance, deel ʼn paar redes waarom ons Suid-Afrika liefhet.

Lees meer...
 
Spaar Wenke
Vyf maniere om jouself te kul om te spaar