Om ‘n vakansie te beplan wat binne die begroting pas, alle gesinslede tevrede stel en ruimte laat vir die onverwagte, kan as ‘n reusetaak voorkom. “Namate die moderne wêreld kleiner geword het, het ons persoonlike wêreld ook meer ingewikkeld geraak as gevolg van die talle aspekte wat ons moet oorweeg wanneer ons reis,” sê kliniese sielkundige, Dr Sherona Rawat. “Dikwels beleef ons onverwagte haakplekke ten spyte van die groot hoeveelheid tyd en energie wat ons aan die beplanning bestee het. As gevolg hiervan kan die beplanning van ‘n gesinsvakansie baie stresvol raak.”
Deur so deeglik as moontlik te beplan en die groter prentjie in gedagte te hou, kan jou help om te verseker dat jou jaareindblaaskans onvergeetlik is – vir al die regte redes.
Dr Rawat gee die volgende wenke:
1. Dokumente:
Gaan paspoorte na en maak seker dat alle dokumente in orde en op datum is voordat jy enige besprekings doen.
2. Bestemming:
Neem die temperament van elke lid van die gesin in ag wanneer op ‘n vakansiebestemming besluit word. Probeer só kies dat almal gelukkig gehou sal word.
3. Doen jou huiswerk:
- Doen aanlynnavorsing oor jou bestemming, asook besienswaardighede, die weer en die beste tyd vir ‘n besoek.
- Gebruik webwerwe soos Travelstart.co.za om besonderhede en inligting oor vlugte te bekom en beskikbaarheid, skedules, aantal stopplekke en vlugroetes te bepaal.
- Gebruik Google Maps om jouself vertroud te maak met paaie, fasiliteite en winkels sodat jy kan vasstel wat die afstand is vanaf jou blyplek na enige geriewe wat jy mag benodig. Byvoorbeeld, bepaal waar die naaste supermark of hospitaal is, sou daar ‘n noodsituasie ontstaan, en maak ‘n drukstuk daarvan of stoor dit op jou elektroniese toestel vir maklike toegang.
4. Akkommodasie:
- Besoek Booking.com, wat ‘n magdom moontlikhede bied wanneer jy navorsing oor akkommodasie by jou gekose bestemming doen.
- Neem jou behoeftes ten opsigte van akkommodasie in ag: het jy gratis WiFi nodig aangesien jy moet werk, ‘n swembad vir die kinders, of ‘n pendeldiens indien jy nie ‘n motor huur nie, ensovoorts.
- Dink oor die irritasies en behoeftes wat jy gewoonlik met individuele gesinslede ervaar. Byvoorbeeld ‘n kind wat nors raak wanneer hy of sy moeg is of ‘n eggenoot wat ‘n koel, stil kamer nodig het om ‘n goeie nagrus te kry en hou dit in gedagte wanneer jy akkommodasie kies.
- Verseker dat jy toegang tot ‘n yskas, kombuisie of nabygeleë restaurant het indien ontbyt nie ingesluit is nie.
5. Bagasie:
Beplan handbagasie en reisbenodigdhede versigtig sodat almal, die kinders ingesluit, selfversorgend is en soveel moontlik hande vry het. Sê vir jou kinders dat “hulle dít wat hulle kies om saam te vat, ook kies om te dra”.
6. Skedule:
Beplan jou dae vooruit, ingesluit toere en afdae om inkopies te doen of op die strand te ontspan.
7. Pak slim:
Indien jy ‘n verskeidenheid reis- en vervoermiddele gebruik, of internasionaal vlieg en daarna van plaaslike lugrederye gebruik maak by jou bestemming, hou enige bagasiebeperkings in gedagte om oorgewigbagasiefooie of oponthoude tydens inweeg te vermy.
8. Beplan vir die onverwagte:
- Verseker dat jou reisversekering omvattend en op datum is en dat versekeraars in kennis gestel is van jou reis.
- Neem valutakaarte saam, wat kodes eerder as kontant bevat. Tydens plaaslike reise is kaarte ook veiliger as kontant.
|