Mense het 'n beperkte wilskrag – daar is net sóveel areas in ons lewens wat ons op enige gegewe tyd kan beheer. Ons wenk: Hou jou 2016 doelwitte eenvoudig – prioritiseer hulle en formuleer planne waarby jy wéét jy kan hou.
Stel 'n finansiële doelwit: trek voordeel uit die belastinghervormings op aftreefondse, wat jou in staat sal stel om vanaf 1 Maart 2016 tot 27,5% van jou inkomste belastingvry te spaar, of betaal maandeliks ʼn bietjie ekstra op jou huis verband om rente oor die lang termyn te spaar.
ʼn Jaar later as wat verwag is, is die 2015-Belastingwysigingswet uiteindelik onderteken en in wetgewing vervat. Dit sal spaar vir jou aftrede beïnvloed – positief.
Om finansieel kerngesond te wees, is nie ingewikkeld nie, maar ons vergeet dikwels die basiese aspekte. Probeer hierdie eenvoudige metodes om jou beursie hierdie jaar ʼn hupstoot te gee.
So min as R500 ekstra per maand kan jou R200 000 spaar. Lees hier hoekom jy deur jou verbandterugbetaling met ʼn relatiewe klein bedrag maandeliks te verhoog ʼn beduidende impak op die verkorting van die termyn en die vermindering van die rente wat jy betaal, kan hê.
In die lig van die onheilspellende afskop van die finansiële markte vanjaar, het ons Stanlib Direkteur Paul Hansen gevra of daar ʼn lig aan die einde van die tonnel is en of dit ʼn aankomende trein is.
Geluk is nie ʼn ontwykende toestand waarmee sommige mense bloot geseën is nie. Jou geluk-kwosiënt beïnvloed jou lewensuitkyk en werk – en jy kan dit beheer.
Dankie aan almal wat die tyd afgestaan het om ons lesersopname in die vorige nuusbrief te voltooi. Ons sien uit daarna om die resultate in ons volgende uitgawe met jou te deel en om ons inhoud só te struktureer dat ons onderwerpe insluit wat vir jou van belang is. As U nog nie deel geneem het nie, klik hier om ons meningspeiling te voltooi.
Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.