VIER VROUWEES

Liberty Adviesdienste

Terwyl Duitsland sy triomf in die 2014 FIFA Wêreldbekertoernooi op die veld gevier het, is die land se kanselier, Angela Merkel, ten aanskoue van die wêreld deur die Brasiliaanse president, Dilma Rousseff, gelukgewens. Die beeld van hierdie twee magtige vroue in die losie vir hoogwaardigheidsbekleërs wat wêreldwyd gesien is, het beklemtoon dat vroue sonder twyfel die wêreld se politieke en ekonomiese verhoë betree. Nie net word die ekonomiese reuse van Europa en Suid-Amerika deur vroue gelei nie, maar ook twee van die wêreld se magtigste finansiële instellings. Terwyl Christine Lagarde die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) is, beklee Janet Yellen die voorsitterspos in die Amerikaanse Federale Reserwebank.

Namate vroue in die professionele wêreld vooruitgaan, is dit belangrik dat hulle nie hul eie vordering sal ondermyn deur hul persoonlike finansies te ignoreer nie. Finansiële vryheid begin by jou: onthou dus om ter viering van vanjaar se Vrouedag in jouself te belê.