Begryp die krag van samestelling

Liberty Adviesdienste

Hoe langer jy spaar, hoe minder hoef jy te…

Terwyl dit moontlik verkeerdelik aan Einstein toegedig word dat hy gesê het die krag van samestelling is die agste wonder van die wêreld, sou hy waarskynlik daarmee saamgestem het. Danksy saamgestelde groei, kan ’n bedrag van R60 000 wat oor ’n tydperk van 10 jaar gespaar word, groter waarde hê as R150 000 wat oor 25 jaar gespaar word!

Die rede hiervoor is dat hoe vroeër jy begin, hoe meer tyd het jou geld om met behulp van samestelling (saamgestelde rente) te groei.

As jy byvoorbeeld R500 spaar tussen die ouderdom van 25 en 35 jaar en dan bydraes staak, terwyl die geld in ‘n markverwante belegging lê en gemiddeld 12% per jaar verdien, sal jy teen die ouderdom van 60 byna R2 miljoen hê. Oor die tydperk van 10 jaar sou jy R60 000 bygedra het en die res van die groei is alles te danke aan die krag van saamgestelde rente.

Ter vergelyking: as jy op die ouderdom van 35 R500 per maand begin spaar en voortgaan om vir die daaropvolgende 25 jaar tot op ouderdom 60 dieselfde bedrag (R500) te spaar, sal jou bydrae R150 000 wees maar jy sal slegs R939 000 hê.

Dit is hoe dit werk:

In hierdie berekening word ‘n 12% per jaar opbrengs gebruik. Dit is wat oor die langer termyn van markte verwag word. Teen hierdie tempo sal jou geld elke ses jaar verdubbel.

Die vroeë spaarder

Die laat beginner

Ouderdom 35

Spaargeld = R115 000

Geen verdere bydraes

Spaargeld teen ouderdom 35 = 0

Begin met R500 per maand

Ouderdom 41

Spaargeld = R230 000

Geld het verdubbel

Spaargeld = R53 400

Slegs die eerste R500 het kans gehad om te verdubel

Ouderdom 47

Spaargeld = R460 000

Die waarde het van R230 000 verdubbel

Spaargeld = R160 000

Slegs R53 400 het kans gehad om te verdubbel

Ouderdom 53

Spaargeld = R920 000

Die waarde het weer verdubbel van R460 000

Spaargeld = R373 000

Slegs R160 000 het kans gehad om te verdubbel

Ouderdom 59

Spaargeld = R1 800 000

Die waarde het verdubbel van R920 000

Spaargeld = R800 000

Slegs R373 000 het kans gehad om te verdubbel

Verstaan inflasie

Onthou dat hierdie bedrag nie inflasie in ag neem nie en dit is dus nie gelykstaande aan R2 miljoen in vandag se koopwaarde nie. Teen daardie tyd sal R2 miljoen vir jou dieselfde mandjie goedere koop wat R658 000 vandag vir jou sal kan bekostig – met die veronderstelling dat inflasie rondom 5% is. Nogtans: deur vroegtydig te begin spaar, kan jy R60 000 laat groei tot R658 000 in vandag se waarde, wat sal beteken dat jou geld hard werk vir jou.