Twitter LinkedIn E-mail
Liberty
Steven Braudo

Die aantal Suid-Afrikaners wat beplan om oor die volgende ses maande òf dieselfde òf meer te spaar, het volgens 'n opname wat deur MasterCard oor die koopprioriteite van verbruikers gedoen is, oor die afgelope ses maande van 92% tot 70% afgeneem.

 

Hierdie syfers suggereer dat mense meen daar sal oor die volgende ses maande minder wees om te spaar. Hoewel dit nie altyd gestalte kry nie, is mense se voornemens in die algemeen om meer te spaar as wat hulle huidiglik doen en die enigste rede waarom hulle die voorgenome spaarbedrag sal verminder, is wanneer hulle weet daar is nie geld om te spaar nie. Dit het uit die opname se bevindinge aan die lig gekom dat 83% van dieselfde verbruikers bevestig het hulle is onseker oor die ekonomie. As hulle wel spaar, is dit as 'n 'voorkomende maatreël'.

 

Op 'n meer positiewe noot het net minder as die helfte (47%) van die respondente wat beplan om 'dieselfde of meer' te spaar, gesê 'aftrede' is hul vernaamste motivering om te spaar. Dit verteenwoordig 'n styging van 10% vergeleke met die voorafgaande 6 maande, gevolg deur 'beleggings' op 35%.

 

Uit erkenning vir die feit dat Julie as Spaarmaand uitgesonder word, het ons aan ons lesers wenke gegee om daardie ekstra bietjie kontant te vind om hulle aan die spaar te hou.



Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Geld vir konfyt
Waar om te begin
Ekonomiese Nuus
Bykomende Inligting
Geld vir konfyt   Geld vir konfyt

Sewe maniere om te spaar sonder om jou lewenstyl te verander.


Lees: Hoe om van 'niets' tot spaarheld te vorder
 
Back to top
 
Waar om te begin   Waar om te begin

Met soveel eise aan jou sak: watter besparing tel die meeste?


Lees: Bepaal jou spaarprioriteite
 
Back to top
 
Ekonomiese Nuus   Ekonomiese Nuus

Dit is nie 'n mooi prentjie nie
Die Reserwebank se jongste inligting skilder 'n triestige prentjie vir verbruikers, volgens Liberty-ekonoom Tendani Mantshimuli.

Lees: Die stand van jou sak

Die rand in vryval-aksie
Die rand se ineenstorting raak nie net oorsese vakansiegangers nie – dit sal ons almal se sakke raak.

Lees: Hoe die swak rand jou sak raak
 
Back to top
 
Bykomende Inligting   Bykomende Inligting

Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za.


Beleggingsportefeulje-nuusflitse
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Klik hier


Aanlyn-polishouersdiens
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Klik hier

 
Back to top
 
Jou terugvoer is belangrik – praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.


Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Twitter LinkedIn E-mail

'Liberty Group Ltd - 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD")
(Lisensie no. 2409)'


Wil jy met ons praat?


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan
[email protected]


PDBID Nommer: ${properties.pdbId}


Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die
FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde
diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n
finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.