Om 'n plan vir Desember te hê, sal jou help om die feestelikhede te geniet sonder onaangename nagevolge.

Begroting

Bepaal jou pas

Die meeste van ons word vroeg in Desember betaal en daar is altyd die versoeking om jou Januarie-geld in die feesseisoen te bestee. Dit sal egter beteken dat jy nie jou verpligtinge sal kan nakom nie, en waarborg ‘n swak wegspring vir die Nuwejaar.

Bêre die geld wat jy vir jou Januarie-uitgawes gaan benodig, of betaal die rekeninge virJanuarie vroegtydig.

Bly by kontant

Wees verbeeldingryk

Wanneer dit by geskenke kom, dink aan klein luukses wat mense nie meer in hierdie moeilike tye vir hulself koop nie, soos ‘n bos blomme of badsout.

As jou familie vir ‘n feesmaal gaan byeenkom, laat elke familielid as geskenk tot die maaltyd bydra.

Wees vrygewig

Die ekonomie sukkel om te herstel; dus – al voel jy ook die knyp, onthou daar is ander wat sukkel om kos op die tafel te sit. Gee skenkings soos kos, klere en speelgoed aan diegene wat nood het, sodat hulle ook die gees van vrygewigheid kan ervaar.