November 2011

Jongste ekonomiese nuus

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer Kersklappers en geskenkpapier met feestelike versierings meeding om rakruimte.

Wat het van die jaar geword? Dit voel elke jaar asof die maande al hoe vinniger verbysnel. Daar is ‘n maand oor voor die einde van die jaar, maar hoeveel van ons het ons doelwitte en mikpunte bereik? Tyd het die nare gewoonte om ons te bekruip terwyl ons verdiep is in dag-tot-dag kwessies en gevolglik word ons langtermyn planne opsygeskuif. Ons is geneig om te fokus op wat dringend is, eerder as op wat belangrik is.

Die enigste manier om te verseker dat ons aandag gee aan wat belangrik is, is om ‘n plan in plek te hê, met stappe wat ons bepaal ten einde ons doelwitte te bereik.

Hierdie maand kyk ons na ‘n 12-punt plan om jou finansies in orde te kry. Dit is nie ‘n tydrowende plan nie; dit vereis net dat jy een finansiële stap per maand implementeer. Deur die plan te volg, sal jy hopelik nie teen aanstaande jaar hierdie tyd wonder wat van die jaar geword het nie, maar eerder ‘n gevoel van bevrediging ervaar.

Omdat ons so vas glo aan die noodsaaklikheid van ‘n finansiële plan, bied Liberty ‘n prys ter waarde van R1 miljoen aan ‘n kliënt wat ‘n verpligting-vrye Finansiële Behoefte-ontleding ondergaan. Nie net sal jou finansies in orde wees nie, maar jy mag dalk net die gelukkige persoon wees wat hul finansiële plan met R1 miljoen ‘n hupstoot gee.

Die vroeë koms van Kersversierings bied ook ‘n geleentheid om jou finansies vir die feesseisoen te beplan. Begin vroegtydig geskenke en versierings koop en versprei die koste oor twee maande eerder as om op jou kredietkaart en ‘n 13de tjek staat te maak. Trek aan die einde van hierdie maand ‘n begroting op vir jou Desember-besteding, sodat jy nie die Nuwejaar met ‘n babalas begin nie.

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA

   

Beplanning

Deur slegs een finansiële plig per maand te voltooi, kan jy jouself op die pad na finansiële vryheid plaas. Lees: 12 Stappe na finansiële vryheid in 2012.

Wie sou nie R1 miljoen wou wen sonder enige verpligting daaraan verbonde nie? Verbeter jou lewe, ken jou finansiële status en staan ‘n kans om R1 miljoen te wen. Lees: Begin beplan en staan ‘n kans om R1 miljoen te wen.

Om ‘n plan vir Desember te hê, sal jou help om die feestelikhede sonder die babalas te geniet. Lees: Jou plan vir die feesseisoen.
   
   

Jongste Ekonomiese Nuus

Die IMF het die wêreldwye ekonomie beskryf as synde in ‘n “gevaarlike nuwe fase” terwyl die vernaamste ekonomieë stadig nader aan die afgrond rol en wetgewers stry oor wie in die voorste gestoeltes gaan sit. Lees: Wêreldekonomie betree ‘n gevaarlike nuwe fase.

Plaaslik is daar ‘n flikkering van lig afkomstig van onlangse ekonomiese gegewens, hoewel ‘n mens sal moet sein hoe volhoubaar hierdie syfers is. Lees: Is daar lig aan die einde van die tonnel?

   
   

Bykomende Inligting

Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za.

Beleggingsportefeulje-nuusflitse

Beleggingsportefeuljes wat deur Liberty aangebied word: Prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Klik hier.

Aanlyn-polishouersdiens

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.

   

Jou terugvoer is belangrik – praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Deel die nuusbrief aanlyn:

Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409).

Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan [email protected]

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek www.liberty.co.za