Ons glo dat ‘n finansiële plan die beginpunt is vir Suid-Afrikaners om finansiële vryheid te verwerf, dus gee ons jou ‘n miljoen redes om jou geldsake in orde te kry.
Deur ‘n Liberty-adviseur of –makelaar te raadpleeg vir ‘n gratis ontleding van jou finansiële behoeftes (‘FNA’
/FBO – finansiële behoefte-ontleding), sal jy kwalifiseer om ‘n prys ter waarde van R1 miljoen te wen. Daar is geen verpligting om enige produkte te koop nie; ons wil net hê dat jy ernstige besluite oor jou geldsake begin neem om jou te help om vir jouself en jou gesin ‘n beter toekoms te verseker. Die eerste stap in die bouproses van hierdie toekoms is om jou finansiële behoeftes deur middel van ‘n ‘FNA’ te bepaal.
Die geleentheid om jou finansiële plan ‘n hupstoot te gee deur ‘n prys van R1 miljoen te wen, is nie die enigste voordeel nie. Om ‘n plan te hê waarmee jy beheer kan neem van jou finansiële toekoms, is van onskatbare waarde, veral teen die agtergrond van die huidige onsekerheid van ons wêreldwye ekonomie. Finansiële onafhanklikheid is ‘n universele doelwit. Statistieke wys egter dat min mense dit sonder finansiële beplanning bereik: ‘as jy vergeet om te beplan, beplan jy om te vergeet’.
Wat is ‘n ‘FNA’ (FBO: Finansiële Behoefte-ontleding)
Deur die FNA-proses sal jou adviseur jou help om die volgende te ontleed:
- Jou huidige finansiële posisie
- Jou finansiële behoeftes en wense
- Hoe jy beplan om jou finansiële doelwitte te bereik – nou en in die toekoms.
‘n FNA gaan daaroor dat jy weet wat jy nodig het en hoeveel jy kan bekostig – om dus basies binne jou vermoëns te leef! Die bekostigbaarheid van enige plan is dus noodsaaklik. Dit is onwaarskynlik dat jy genoeg geld sal hê om in al jou behoeftes en begeertes te voorsien. ‘n Finansiële plan gaan oor balans en die bepaling van prioriteite.
Daar is geen enkele plan wat almal sal pas nie. Jou finansiële adviseur sal verseker dat jou unieke omstandighede in jou plan ingebou word.
Wanneer moet jy ‘n FNA doen?
‘n Finansiële Behoefte-ontleding is nie iets wat jy net een keer doen nie. Jy moet dit gereeld hersien en veral wanneer jou omstandighede verander.
Die volgende is van die belangrikste tye wanneer ‘n FNA benodig word:
- Wanneer jy trou
- Wanneer jy met ‘n gesin begin
- Wanneer jy besig is met ‘n egskeiding
- Wanneer jy op die punt staan om af te tree
- As jy ‘n eggenoot deur die dood verloor het
- Wanneer jy met jou eie onderneming begin
- As jy nog nie in die afgelope vyf jaar een laat doen het nie
Die besonderhede
Die promosie het op 10 Oktober afgeskop en sal aanhou tot aan die einde van Februarie 2012. Kry die besonderhede hier.
