Januarie 2011

Jongste ekonomiese nuus

Ons wil graag al ons kliënte 'n baie voorspoedige Nuwejaar toewens! Ons hoop u het die jaar uitgerus en verfris aangepak, en dat u gereed is vir die geleenthede en uitdagings van 2012.

Die begin van 'n nuwe jaar is altyd 'n goeie tyd om te besin oor waar ons vandaan kom en wat ons graag in die jaar wat voorlê, wil bereik.

Met dit in gedagte wil ek 'n gelykenis uit die boek 'The Richest Man in Babylon deur George S. Clason aanhaal. Arkad, die rykste man in Babilon beweer die sleutel tot rykdom is om een tiende van alles wat jy verdien, te spaar; maar hy moet sy gehoor oorreed om te spaar.

Hy maak gebruik van 'n analogie: as jy 'n mandjie het waarin jy elke oggend tien eiers plaas en teen die aand nege uithaal, wat sal uiteindelik gebeur? Die mandjie sal weldra oorloop. As jy een tiende van jou inkomste spaar, sal jou beursie ook dienooreenkomstig oorloop.

Mans stry natuurlik met hom en beweer dat dit onmoontlik is om een tiende van hul inkomste te spaar, omdat hulle soveel finansiële verpligtinge het. Arkad se argument is egter: as die persoon langs jou minder as jy verdien, hoe kry hulle dit reg om elke maand te oorleef? Die waarheid is dat dit wat elkeen van ons as 'noodsaaklike uitgawes' beskou, altyd sal toeneem om gelykstaande aan ons inkomste te wees, tensy ons die teenoorgestelde begin glo en doen, volgens die verhaal.

Dink terug aan die dag toe jy jou eerste salaristjek ontvang het en vergelyk jou besteding in daardie stadium met wat jy vandag bestee. Hoeveel van daardie bestedings is werklik 'noodsaaklik' en hoeveel daarvan is eenvoudig omdat jy meer geld het? Of jy spaar of nie, jy sal steeds aan die einde van die maand geen geld in jou beursie oorhou nie. Maar indien jy ten minste iets gespaar het, sal jou leë beursie nie 'n krisis wees nie en sal jy op pad wees om werklike welvaart te begin skep.

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA

   

Sewe remedies vir 'n skraal beursie

The Richest Man in Babylon is vol van gelykenisse waarin 'n ryk man sy kennis met die mense van Babilon deel. Die boek spel eenvoudige waarhede uit oor hoe om geld te maak, geld te behou en te sorg dat geld meer geld verdien. Ontdek die sewe sleutels tot welvaartskepping.

   
   

Ekonomiese nuus

Sal hulle, of sal hulle nie?

Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte bly steeds grootliks afhanklik van die wêreldwye ekonomie, en van of die kredietkrisis in Europa en Amerika opgelos kan word. Daar is steeds baie onsekerheid en niemand wil 'n voorspelling waag van wat 2012 sal inhou nie.

Lees: Die jaar wat voorlê

   
   

Bykomende inligting

Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com.

Beleggingsportefeulje-nuusflitse

Beleggingsportefeuljes wat deur Liberty aangebied word: Prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Klik hier.

Aanlyn-polishouersdiens

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Klik hier.

   

Jou terugvoer is belangrik – praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Deel die nuusbrief aanlyn:

Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409).

Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan [email protected]

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek www.liberty.co.za