Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Hier volg wat jy behoort te weet.
In November ervaar ons dikwels ʼn skielike toename in gesigshare, spesifiek dié wat gekweek en versorg word op dieselfde wyse as wat die Magnum PI-akteur, Tom Selleck, syne gedra het. Movember versoek mans – en vroue – om te help om ʼn bewustheid van die gesondheidsuitdagings wat mans in die gesig staar te verskerp, wat prostaatkanker, die nommer een kanker wat mans in Suid-Afrika affekteer, insluit.
Wanopvattings oor pynlike of ongemaklike metodes van diagnose, sowel as oorsake, veroorsaak dat talle mans eers begin om inligting oor die siekte in te win nadat simptome al vir baie jare teenwoordig was. Net soos met ander kankers, is ʼn vroeë diagnose noodsaaklik en kan dit lewens red.
Feit teenoor fiksie
Watter inligting wat beskikbaar is, is gebaseer op feite en wat is slegs verdigsel?
1. Deur ʼn vasektomie te ondergaan verhoog jy jou risiko om prostaatkanker op te doen – FIKSIE. Daar bestaan geen navorsing wat hierdie aanname bewys nie.
2. Mans wat familie is van vroue met borskanker se risiko is hoër – FEIT. Daar is ʼn besliste skakel tussen mans met prostaatkanker en naaste familielede wat die BRCA1– of BRCA2–geen dra.
3. ʼn Prostaatkankerdiagnose vereis ʼn pynlike en ongemaklike ondersoek – FIKSIE. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beveel ʼn jaarlikse siftingstoets vir die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) vir mans bo 40 aan. Hierdie eenvoudige bloedtoets behels slegs ʼn vingerpriktoets.
4. Swart mans se risiko is hoër as dié van ander bevolkingsgroepe – FEIT. Hoewel die rede hiervoor nog bepaal moet word, lyk dit asof daar sterk bewyse is van ʼn hoër voorkoms van prostaatkanker onder swart mans.
Wees bedag op hierdie vroeë waarskuwingstekens en indien jy enige van hulle ervaar, vra jou algemene praktisyn vir meer besonderhede:
- Moeilike urinering
- Moeilik om die urinevloei te begin of te stop, of die vloei begin of stop vanself
- ʼn Swak urinevloei, pyn of ʼn brandsensasie tydens urinering
- Behoefte om gereeld te urineer, veral snags
- Moeilik om ʼn ereksie te kry of te behou
- Bloed in die urine of semen
- >Pynlike saadstorting
- Pyn in die lae rug, heupe of bobene
|
Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?
Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.
Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.
|