Nuwe belastingvoorstelle sal finansiële beplanning van gades affekteer

Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, Geraldine Macpherson, werp lig op die implikasies van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van jou boedelbeplanning en waarom jy dié aanbevelings in ag behoort te neem wanneer jy beleggings- en versekeringsbesluite neem.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Geraldine Macpherson, Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, werp lig op die implikasies van die jongste aanbevelings ten opsigte van jou toekomstige finansiële beplanning.

Verlede maand is ʼn verdere opdatering van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van die hervorming van ons belastingstelsel uitgereik. Dit is belangrik om kennis te neem dat dit in hierdie stadium slegs aanbevelings is en nog nie in wetgewing vervat is nie – en dat dit dalk nooit sal gebeur nie. Nietemin is dit belangrik om kennis te neem van die rigting waarin ons belastingwetgewing beweeg. Hoewel ons nie enige onmiddellike optrede aanbeveel tensy die bepalings in wetgewing vervat word nie, behoort u die implikasies van die voorstelle in ag te neem indien u nuwe bates bekom of nuwe beleggings maak.

ʼn Belangrike bepaling in die aanbevelings is die skrapping van vrystelling ten opsigte van boedelbelasting, skenkingsbelasting en kapitaalwinsbelasting tussen gades. Dit sal belangrike veranderinge ten opsigte van toekomstige finansiële beplanning en die noodsaaklikheid om bates gelykwaardig tussen gades op te bou, vereis.

Die aanbevelings sluit in:

1. ʼn Verhoging van boedelbelastingkorting tot R15 miljoen
Dit beteken dat boedelbelasting eers betaalbaar sal wees op boedels wat meer as R15 miljoen werd is. Tans is die korting R3,5 miljoen. Dié dramatiese verhoging gee erkenning aan die swakheid van ons geldeenheid, en die berekening van ware rykdom in ʼn internasionale konteks. Die boedelbelastingkoers sal steeds 20% op boedels tussen R15 miljoen en R30 miljoen beloop, maar sal tot 25% styg vir boedels wat op meer as R30 miljoen gewaardeer is. Individue wie se boedels tussen R3,5 miljoen en R15 miljoen werd is, kan moontlik spaar op risikodekking wat aangegaan is om vir boedelbelasting voorsiening te maak.

2. Gades moet boedelbelasting betaal
Tans kan gades hul volle boedel, ongeag die waarde daarvan, aan die oorlewende gade bemaak sonder ʼn aanspreeklikheid vir boedelbelasting. Die aanbeveling is dat dié vrystelling geskrap word, wat beteken dat alle begunstigdes gelyk geag sal word ten opsigte van boedelbelasting, ongeag wat jou verhoudingstatus is. Gegewe die feit dat nie alle langtermynverhoudings geformaliseer word deur in die huwelik te tree nie, is dié aanbeveling in ʼn sekere sin regverdiger as die huidige stelsel, wat slegs geformaliseerde verhoudings bevoordeel. Dit stel individue ook in staat om hul boedels ingevolge hul eie behoeftes te struktureer, eerder as suiwer vir belastingdoeleindes, en geen enkele begunstigde ontvang voorkeurbehandeling ten opsigte van belasting nie.

3. Kapitaalwins tussen gades
Tans is enige bate wat aan ʼn gade bemaak word ook vrygestel van kapitaalwinsbelasting. In pas met die veranderinge aan boedelbelasting beveel die Davis-belastingkomitee aan dat gades nie langer vrystelling van kapitaalwinsbelasting geniet nie, hoewel dit ook aanbeveel dat die sterfte-uitsluiting op kapitaalwins verhoog van R300 000 tot R1 000 000. Dit kan ernstige implikasies inhou vir egpare met baie bates. Indien ʼn gade byvoorbeeld sy besigheid aan sy gade wil bemaak, sal hy nou vir boedelbelasting en kapitaalwins aanspreeklik wees en sal likiditeit verskaf moet word vir die belastingverpligtinge. Dit is ook van toepassing op ʼn individu wat oor ʼn leeftyd ʼn eiendomsportefeulje opgebou het met die oog op die verskaffing van ʼn huurinkomste vir die egpaar tydens hul aftrede.

4. Skenkingsbelasting tussen gades
Die Davis-belastingkomitee het aanbeveel dat skenkings tussen gades nie langer vrygestel moet wees van skenkingsbelasting nie, hoewel dit duidelik gestel is dat bates en kontant wat tussen gades geskenk word om praktiese redes toegelaat behoort te word, indien dit vir instandhouding of dag-tot-dag-lewensuitgawes is. Nietemin, indien die doel is om kapitaal oor te dra sodat die ander gade dit kan belê en die voordele van die opbrengs kan geniet, sal skenkingsbelasting betaalbaar wees. Met ander woorde, die fondse of bate moet in die loop van die jaar opgebruik word. Nogtans lyk dit asof die huidige R100 000 per jaar belastingvrye donasies behou sal word. Belastingvrye donasies tussen gades word dikwels gebruik in boedelbeplanning en die beplanning van erfopvolging in ʼn besigheid, en die afskaffing van hierdie vrystelling sal ʼn onmiddellike uitwerking hê, waarskynlik groter as wat ons verwag.

Dit is belangrik om op die hoogte te bly van hierdie moontlike veranderinge en om in die toekoms anders te begin dink oor jou boedelbeplanning. Indien hierdie veranderinge geïmplementeer word, sal die beduidende styging in sterftebelastings vir individue met baie bates sorgvuldige beplanning vereis om te verseker dat polisse en likiede bates beskikbaar is om likiditeit te verseker.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

  Geld Wenke   Jou Gesondheid   Beleggings Nuus   Aftrede

Begin jou Kersinkopies nou en versprei die uitgawes Onthou, ja onthou die
maand Movember!
Markopbrengs sonder die risiko Die mylpaal is bereik: Dinge wat ek ná 50 ontdek het

Ons gee ʼn paar wenke hoe om finansiële skade oor die feestyd te beperk deur ʼn spanderingsplan op te stel.

Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Lees hier meer oor die belangrike aspekte wat jy in ag behoort te neem.

Met bykomende aftreejare om te finansier, sal ons beleggingskeuses minder konserwatief met meer blootstelling aan groeibates moet wees. Bold, Liberty se innoverende lewende annuïteit, stel jou na-aftrede fondse in staat om te baat by groei in die mark, terwyl die risiko’s van die mark beperk word.

Die werklikheid van ʼn lang lewe is dat 50 nie meer ʼn hanetreetjie van aftrede is nie, maar eerder die begin van die tweede deel van ons lewens. Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, deel sy ervaring nadat hy die “groot 50” bereik het.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Versprei die uitgawes Onthou Movember Markopbrengs sonder die risiko Wat ek ná 50
ontdek het

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Nuwe belastingvoorstelle sal finansiële beplanning van gades affekteer

Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, Geraldine Macpherson, werp lig op die implikasies van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van jou boedelbeplanning en waarom jy dié aanbevelings in ag behoort te neem wanneer jy beleggings- en versekeringsbesluite neem.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Geraldine Macpherson, Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, werp lig op die implikasies van die jongste aanbevelings ten opsigte van jou toekomstige finansiële beplanning.

Verlede maand is ʼn verdere opdatering van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van die hervorming van ons belastingstelsel uitgereik. Dit is belangrik om kennis te neem dat dit in hierdie stadium slegs aanbevelings is en nog nie in wetgewing vervat is nie – en dat dit dalk nooit sal gebeur nie. Nietemin is dit belangrik om kennis te neem van die rigting waarin ons belastingwetgewing beweeg. Hoewel ons nie enige onmiddellike optrede aanbeveel tensy die bepalings in wetgewing vervat word nie, behoort u die implikasies van die voorstelle in ag te neem indien u nuwe bates bekom of nuwe beleggings maak.

ʼn Belangrike bepaling in die aanbevelings is die skrapping van vrystelling ten opsigte van boedelbelasting, skenkingsbelasting en kapitaalwinsbelasting tussen gades. Dit sal belangrike veranderinge ten opsigte van toekomstige finansiële beplanning en die noodsaaklikheid om bates gelykwaardig tussen gades op te bou, vereis.

Die aanbevelings sluit in:

1. ʼn Verhoging van boedelbelastingkorting tot R15 miljoen
Dit beteken dat boedelbelasting eers betaalbaar sal wees op boedels wat meer as R15 miljoen werd is. Tans is die korting R3,5 miljoen. Dié dramatiese verhoging gee erkenning aan die swakheid van ons geldeenheid, en die berekening van ware rykdom in ʼn internasionale konteks. Die boedelbelastingkoers sal steeds 20% op boedels tussen R15 miljoen en R30 miljoen beloop, maar sal tot 25% styg vir boedels wat op meer as R30 miljoen gewaardeer is. Individue wie se boedels tussen R3,5 miljoen en R15 miljoen werd is, kan moontlik spaar op risikodekking wat aangegaan is om vir boedelbelasting voorsiening te maak.

2. Gades moet boedelbelasting betaal
Tans kan gades hul volle boedel, ongeag die waarde daarvan, aan die oorlewende gade bemaak sonder ʼn aanspreeklikheid vir boedelbelasting. Die aanbeveling is dat dié vrystelling geskrap word, wat beteken dat alle begunstigdes gelyk geag sal word ten opsigte van boedelbelasting, ongeag wat jou verhoudingstatus is. Gegewe die feit dat nie alle langtermynverhoudings geformaliseer word deur in die huwelik te tree nie, is dié aanbeveling in ʼn sekere sin regverdiger as die huidige stelsel, wat slegs geformaliseerde verhoudings bevoordeel. Dit stel individue ook in staat om hul boedels ingevolge hul eie behoeftes te struktureer, eerder as suiwer vir belastingdoeleindes, en geen enkele begunstigde ontvang voorkeurbehandeling ten opsigte van belasting nie.

3. Kapitaalwins tussen gades
Tans is enige bate wat aan ʼn gade bemaak word ook vrygestel van kapitaalwinsbelasting. In pas met die veranderinge aan boedelbelasting beveel die Davis-belastingkomitee aan dat gades nie langer vrystelling van kapitaalwinsbelasting geniet nie, hoewel dit ook aanbeveel dat die sterfte-uitsluiting op kapitaalwins verhoog van R300 000 tot R1 000 000. Dit kan ernstige implikasies inhou vir egpare met baie bates. Indien ʼn gade byvoorbeeld sy besigheid aan sy gade wil bemaak, sal hy nou vir boedelbelasting en kapitaalwins aanspreeklik wees en sal likiditeit verskaf moet word vir die belastingverpligtinge. Dit is ook van toepassing op ʼn individu wat oor ʼn leeftyd ʼn eiendomsportefeulje opgebou het met die oog op die verskaffing van ʼn huurinkomste vir die egpaar tydens hul aftrede.

4. Skenkingsbelasting tussen gades
Die Davis-belastingkomitee het aanbeveel dat skenkings tussen gades nie langer vrygestel moet wees van skenkingsbelasting nie, hoewel dit duidelik gestel is dat bates en kontant wat tussen gades geskenk word om praktiese redes toegelaat behoort te word, indien dit vir instandhouding of dag-tot-dag-lewensuitgawes is. Nietemin, indien die doel is om kapitaal oor te dra sodat die ander gade dit kan belê en die voordele van die opbrengs kan geniet, sal skenkingsbelasting betaalbaar wees. Met ander woorde, die fondse of bate moet in die loop van die jaar opgebruik word. Nogtans lyk dit asof die huidige R100 000 per jaar belastingvrye donasies behou sal word. Belastingvrye donasies tussen gades word dikwels gebruik in boedelbeplanning en die beplanning van erfopvolging in ʼn besigheid, en die afskaffing van hierdie vrystelling sal ʼn onmiddellike uitwerking hê, waarskynlik groter as wat ons verwag.

Dit is belangrik om op die hoogte te bly van hierdie moontlike veranderinge en om in die toekoms anders te begin dink oor jou boedelbeplanning. Indien hierdie veranderinge geïmplementeer word, sal die beduidende styging in sterftebelastings vir individue met baie bates sorgvuldige beplanning vereis om te verseker dat polisse en likiede bates beskikbaar is om likiditeit te verseker.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Bleggings Advies

Begin jou Kersinkopies nou en versprei
die uitgawes

Ons gee ʼn paar wenke hoe om finansiële skade oor die feestyd te beperk deur ʼn spanderingsplan op te stel.

Lees meer...
 
Jou Gesondheid
Onthou, ja onthou die maand Movember!

Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Lees hier meer oor die belangrike aspekte wat jy in ag behoort te neem.

Lees meer...
 
Beleggings Nuus
Markopbrengs sonder die risiko

Met bykomende aftreejare om te finansier, sal ons beleggingskeuses minder konserwatief met meer blootstelling aan groeibates moet wees. Bold, Liberty se innoverende lewende annuïteit, stel jou na-aftrede fondse in staat om te baat by groei in die mark, terwyl die risiko’s van die mark beperk word.

Lees meer...
 
Aftrede
Die mylpaal is bereik: Dinge wat ek ná 50 ontdek het