Die mylpaal is bereik: Dinge wat ek ná 50 ontdek het

Die werklikheid van ʼn lang lewe is dat 50 nie meer ʼn hanetreetjie van aftrede is nie, maar eerder die begin van die tweede deel van ons lewens. Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, deel sy ervaring nadat hy die “groot 50” bereik het.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Liberty Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, bepeins hoe dit voel om 50 jaar oud te word en vind uit dat dieselfde kwessies en vrae dikwels geopper word deur kliënte wat hierdie mylpaal bereik.

Ek het dikwels grappenderwys vir myself gesê dat ek regtig moet begin beplan om te “SKI” (Spending Kids’ Inheritance), oftewel, in Afrikaans, “om die kinders se erfporsie te spandeer”, maar die realiteit is dat ek, soos baie mense teen die ouderdom van 50, steeds besig is om twee studerende kinders op universiteit te onderhou. Dus gaan alle finansiële besluite oor “ons” eerder as “ek”, wat beteken dat my groot familieskedonk nog ʼn rukkie langer sal moet hou, voordat ek dit vir ʼn afslaankapsportmotor kan verruil.

Teen 50 het my kinders reeds die huis verlaat en hul eie rigtings ingeslaan, en ons met ʼn leënes-sindroom gelos, nogtans moet ek steeds begroot vir hul studies, mediese fonds en sakgeld. Indien ek ooit gedink het dat ek in my 50’s sou kon inhaal ten opsigte van my aftreefondse aangesien ek meer besteebare kontant sou hê, het ek die pot heeltemal mis gesit! Daar is net nie ekstra kontant beskikbaar nie. Dit is iets wat ek vir my jonger self sou sê en wat ek nou dikwels aan my kliënte herhaal.

Die doel was altyd om die huisverband so vinnig as moontlik af te betaal, en dit is byna gedoen, maar die werklikheid is dat ek talle kere die ekwiteit in my verband moes gebruik – hoofsaaklik vir opvoeding en, natuurlik, toe ek in die laat 90’s werkloos was. Die lewe neem sy loop en om toegang te hê tot fondse teen ʼn lae rentekoers is van onskatbare waarde, al is dit nie deel van die plan nie.

My skuld is byna afbetaal, en ek het ʼn paar wonderlike vakansies gehad (beide met en sonder die kinders), maar ek het besef dat daar slegs twee dinge is wat werklik saak maak: die tyd wat ek saam met my gesin kon deurbring, en die feit dat ek nie toegelaat het dat ek ʼn sofapokkel word nie.

My relatief gesonde leefstyl, ʼn kombinasie van goeie eetgewoontes, stresbestuur en gereelde oefening, het my in staat gestel om hierdie verjaarsdag min of meer gesond en fiks te bereik. Dit veroorsaak ʼn bykomende probleem – my geld moet kan voorsien in die behoeftes van my langer lewensduur, wat moontlik beteken dat ek kan leef tot ek minstens 100 jaar oud is.

Voorbereiding vir ʼn tweede lewe

Teen my 50ste verjaarsdag het ek agtergekom dat my prioriteite verander het. Tydens my jonger jare was die fokus ten volle daarop gerig om al my verantwoordelikhede na te kom, om die huur te betaal en voorsiening te maak vir ander beheerbare uitgawes soos om kos op die tafel te sit, nie my baas te vermoor nie, en te verseker dat beide mediese en opvoedkundige kostes betaal is.

Nou sien ek hoe ek universiteitsgelde betaal, nou en dan uiteet en ons huis afskaal. Ek kan selfs bekostig om al die oordragkostes en die agentekommissie te betaal!

Tans is my doelwitte om nou te begin om my belangstellings op ander terreine van belang in my lewe uit te bou. Die vooruitsig van ʼn langer lewe maak my bang en ek moet my vaardighede uitbou sodat ek ʼn nuwe fase kan binnegaan.

Ek kan myself nie langer as middeljarig beskou nie, aangesien ek nog te veel dekades in vooruitsig het, en ek sien geensins kans vir die kompromis om terug te sit en op my huidige aftreefinansiering staat te maak terwyl ek vir nog vyf dekades leeglê nie.

Met die kinders wat volwasse raak en die huis verlaat, het ek gevind dat ek meer tyd as tevore beskikbaar het om werklik dié dinge te doen wat ek nog altyd wou doen, soos om ʼn nuwe vaardigheid of ʼn nuwe taal aan te leer, tyd te vind om te lees, met my troeteldiere deur te bring en om ons land te verken.

Om deel te wees van die toebroodjie-generasie

Ek lees voortdurend van die sogenaamde toebroodjie-generasie. My ouers is nog heel gesond (in hul 70’s), maar ek stuur elke dan en wan vir hulle geld en, selfs al sal die kinders binnekort nie meer afhanklik van ons mediese skema wees nie en hul eie loopbane begin bou, sal hulle steeds ʼn mate van finansiële bystand nodig hê.

Dit blyk dat dit tans baie duurder is vir jongmense om onafhanklik te raak as toe ek jonk was en dat werk moeilik te vinde is. Dus sal dit ʼn bietjie van ʼn uitdaging wees: om te verseker dat hulle ʼn stewige afskop het, terwyl ek seker maak dat my ouers nie sonder geld is nie.

Aanpassing van my finansiële plan

Uit die oogpunt van finansiële beplanning, is die een aspek wat verminder kan word terwyl ek fokus op ander aspekte van my finansiële plan, dat ek kan bekostig om my lewensdekking te verminder namate my aftreekapitaal toeneem.

Tans is drie aspekte vir my baie belangriker: gesondheidsorgdekking, aftreekapitaal en ongeskiktheid-/gevreesde siekte-dekking. Ten opsigte van gesondheid is my mediese dekking voldoende en behoort ek my aftreebeleggings te verhoog. Nogtans maak die vooruitsig dat ek ʼn terminale siekte kan opdoen of nie vir myself sal kan sorg nie, my regtig beangs. Dus kan ek nie bekostig om my premies hiervoor te verminder nie. Daar word gesê dat dit ʼn noodsaaklike euwel is, maar ek wil beslis nie ʼn las vir my kinders raak nie.

Ek neem aan die belangrikste vir my is: toe ek 50 jaar oud geword het, het ek in plaas van om ouer te voel, gevoel asof ek pas die tweede deel van my lewe binnegaan het. Ek het gevoel asof ek nuut gebore is, met ʼn mate van beide opwinding en vrees.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Belasting Nuus     Geld Wenke   Jou Gesondheid   Beleggings Nuus

Nuwe belastingvoorstelle sal finansiële beplanning van gades affekteer Begin jou Kersinkopies nou en versprei die uitgawes Onthou, ja onthou die
maand Movember!
Markopbrengs sonder die risiko

Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, Geraldine Macpherson, werp lig op die implikasies van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van jou boedelbeplanning en waarom jy dié aanbevelings in ag behoort te neem wanneer jy beleggings- en versekeringsbesluite neem.

Ons gee ʼn paar wenke hoe om finansiële skade oor die feestyd te beperk deur ʼn spanderingsplan op te stel.

Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Lees hier meer oor die belangrike aspekte wat jy in ag behoort te neem.

Met bykomende aftreejare om te finansier, sal ons beleggingskeuses minder konserwatief met meer blootstelling aan groeibates moet wees. Bold, Liberty se innoverende lewende annuïteit, stel jou na-aftrede fondse in staat om te baat by groei in die mark, terwyl die risiko’s van die mark beperk word.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Nuwe belastingvoorstelle Versprei die uitgawes Onthou Movember Markopbrengs sonder die risiko

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Die mylpaal is bereik: Dinge wat ek ná 50 ontdek het

Die werklikheid van ʼn lang lewe is dat 50 nie meer ʼn hanetreetjie van aftrede is nie, maar eerder die begin van die tweede deel van ons lewens. Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, deel sy ervaring nadat hy die “groot 50” bereik het.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Liberty Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, bepeins hoe dit voel om 50 jaar oud te word en vind uit dat dieselfde kwessies en vrae dikwels geopper word deur kliënte wat hierdie mylpaal bereik.

Ek het dikwels grappenderwys vir myself gesê dat ek regtig moet begin beplan om te “SKI” (Spending Kids’ Inheritance), oftewel, in Afrikaans, “om die kinders se erfporsie te spandeer”, maar die realiteit is dat ek, soos baie mense teen die ouderdom van 50, steeds besig is om twee studerende kinders op universiteit te onderhou. Dus gaan alle finansiële besluite oor “ons” eerder as “ek”, wat beteken dat my groot familieskedonk nog ʼn rukkie langer sal moet hou, voordat ek dit vir ʼn afslaankapsportmotor kan verruil.

Teen 50 het my kinders reeds die huis verlaat en hul eie rigtings ingeslaan, en ons met ʼn leënes-sindroom gelos, nogtans moet ek steeds begroot vir hul studies, mediese fonds en sakgeld. Indien ek ooit gedink het dat ek in my 50’s sou kon inhaal ten opsigte van my aftreefondse aangesien ek meer besteebare kontant sou hê, het ek die pot heeltemal mis gesit! Daar is net nie ekstra kontant beskikbaar nie. Dit is iets wat ek vir my jonger self sou sê en wat ek nou dikwels aan my kliënte herhaal.

Die doel was altyd om die huisverband so vinnig as moontlik af te betaal, en dit is byna gedoen, maar die werklikheid is dat ek talle kere die ekwiteit in my verband moes gebruik – hoofsaaklik vir opvoeding en, natuurlik, toe ek in die laat 90’s werkloos was. Die lewe neem sy loop en om toegang te hê tot fondse teen ʼn lae rentekoers is van onskatbare waarde, al is dit nie deel van die plan nie.

My skuld is byna afbetaal, en ek het ʼn paar wonderlike vakansies gehad (beide met en sonder die kinders), maar ek het besef dat daar slegs twee dinge is wat werklik saak maak: die tyd wat ek saam met my gesin kon deurbring, en die feit dat ek nie toegelaat het dat ek ʼn sofapokkel word nie.

My relatief gesonde leefstyl, ʼn kombinasie van goeie eetgewoontes, stresbestuur en gereelde oefening, het my in staat gestel om hierdie verjaarsdag min of meer gesond en fiks te bereik. Dit veroorsaak ʼn bykomende probleem – my geld moet kan voorsien in die behoeftes van my langer lewensduur, wat moontlik beteken dat ek kan leef tot ek minstens 100 jaar oud is.

Voorbereiding vir ʼn tweede lewe

Teen my 50ste verjaarsdag het ek agtergekom dat my prioriteite verander het. Tydens my jonger jare was die fokus ten volle daarop gerig om al my verantwoordelikhede na te kom, om die huur te betaal en voorsiening te maak vir ander beheerbare uitgawes soos om kos op die tafel te sit, nie my baas te vermoor nie, en te verseker dat beide mediese en opvoedkundige kostes betaal is.

Nou sien ek hoe ek universiteitsgelde betaal, nou en dan uiteet en ons huis afskaal. Ek kan selfs bekostig om al die oordragkostes en die agentekommissie te betaal!

Tans is my doelwitte om nou te begin om my belangstellings op ander terreine van belang in my lewe uit te bou. Die vooruitsig van ʼn langer lewe maak my bang en ek moet my vaardighede uitbou sodat ek ʼn nuwe fase kan binnegaan.

Ek kan myself nie langer as middeljarig beskou nie, aangesien ek nog te veel dekades in vooruitsig het, en ek sien geensins kans vir die kompromis om terug te sit en op my huidige aftreefinansiering staat te maak terwyl ek vir nog vyf dekades leeglê nie.

Met die kinders wat volwasse raak en die huis verlaat, het ek gevind dat ek meer tyd as tevore beskikbaar het om werklik dié dinge te doen wat ek nog altyd wou doen, soos om ʼn nuwe vaardigheid of ʼn nuwe taal aan te leer, tyd te vind om te lees, met my troeteldiere deur te bring en om ons land te verken.

Om deel te wees van die toebroodjie-generasie

Ek lees voortdurend van die sogenaamde toebroodjie-generasie. My ouers is nog heel gesond (in hul 70’s), maar ek stuur elke dan en wan vir hulle geld en, selfs al sal die kinders binnekort nie meer afhanklik van ons mediese skema wees nie en hul eie loopbane begin bou, sal hulle steeds ʼn mate van finansiële bystand nodig hê.

Dit blyk dat dit tans baie duurder is vir jongmense om onafhanklik te raak as toe ek jonk was en dat werk moeilik te vinde is. Dus sal dit ʼn bietjie van ʼn uitdaging wees: om te verseker dat hulle ʼn stewige afskop het, terwyl ek seker maak dat my ouers nie sonder geld is nie.

Aanpassing van my finansiële plan

Uit die oogpunt van finansiële beplanning, is die een aspek wat verminder kan word terwyl ek fokus op ander aspekte van my finansiële plan, dat ek kan bekostig om my lewensdekking te verminder namate my aftreekapitaal toeneem.

Tans is drie aspekte vir my baie belangriker: gesondheidsorgdekking, aftreekapitaal en ongeskiktheid-/gevreesde siekte-dekking. Ten opsigte van gesondheid is my mediese dekking voldoende en behoort ek my aftreebeleggings te verhoog. Nogtans maak die vooruitsig dat ek ʼn terminale siekte kan opdoen of nie vir myself sal kan sorg nie, my regtig beangs. Dus kan ek nie bekostig om my premies hiervoor te verminder nie. Daar word gesê dat dit ʼn noodsaaklike euwel is, maar ek wil beslis nie ʼn las vir my kinders raak nie.

Ek neem aan die belangrikste vir my is: toe ek 50 jaar oud geword het, het ek in plaas van om ouer te voel, gevoel asof ek pas die tweede deel van my lewe binnegaan het. Ek het gevoel asof ek nuut gebore is, met ʼn mate van beide opwinding en vrees.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Belasting Nuus

Nuwe belastingvoorstelle sal finansiële beplanning van gades affekteer

Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, Geraldine Macpherson, werp lig op die implikasies van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van jou boedelbeplanning en waarom jy dié aanbevelings in ag behoort te neem wanneer jy beleggings- en versekeringsbesluite neem.

Lees meer...
 
Geld Wenke
Begin jou Kersinkopies nou en versprei
die uitgawes

Ons gee ʼn paar wenke hoe om finansiële skade oor die feestyd te beperk deur ʼn spanderingsplan op te stel.

Lees meer...
 
Jou Gesondheid
Onthou, ja onthou die maand Movember!

Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Lees hier meer oor die belangrike aspekte wat jy in ag behoort te neem.

Lees meer...
 
Beleggings Nuus