Ekonome en analiste is dit eens dat hierdie jaar finansieel uitdagend sal wees met hoër pryse en rentekoerse midde ʼn verswakkende ekonomie. Dit is dus nie verbasend nie dat ons lesersopname vir ons aangedui het hoe belangrik dit is om gehalte-inligting te verskaf oor hoe om jou geld te bestuur en te laat groei.
Nou is ʼn goeie tyd om jou finansies te evalueer, veral in die lig van stygende rentekoerse en veranderinge wat in die nasionale begroting aangekondig sal word – wat ongetwyfeld ʼn invloed op jou geldsake sal hê.
Mark Lapedus verduidelik die belastingbesparings wat ʼn aftree-annuïteit bied en waarom dit die laaste geleentheid in 2016 is om jou aftreefonds aan te vul.
ʼn Finansiële plan behoort elke jaar hersien te word – en nou is ʼn goeie tyd om jou finansiële adviseur te ontmoet om te verseker dat jou finansiële plan voorsiening maak vir belastingaanpassings en jou persoonlike omstandighede.
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.
Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.