Maak aanstaltes vir Movember

Prostaatkanker bly die vernaamste oorsaak van kankerverwante sterftes by mans, bereken teen ongeveer 13%.

Dít is wat jy moet weet.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Die goeie nuus is dat prostaatkanker nie so agressief as ander kankers is nie en dat dit meestal by mans ouer as 65 jaar voorkom, wat ‘n groter kans het om as gevolg van ander oorsake te sterf. Die bekommernis is nietemin dat ons begin om ‘n hoër voorkoms van prostaatkanker by jonger mans op te merk.

Liberty se eisestatistiek vir 2014 toon dat prostaatkanker in dié periode vir nagenoeg een derde van kankereise deur mans verantwoordelik was en dat meer as 30% van prostaatkankergevalle by mans jonger as 55 jaar voorgekom het. Prostaatkanker is nie net meer ‘n “oumansiekte” nie. Die feit dat die meeste prostaatkankers ontwikkel sonder dat mans enige simptome in die vroeë fases ondervind, beteken dat gereelde toetsing baie belangrik is.

Indien jy regtig gedurende November, ook bekend as “Movember”, die aksie teen prostaatkanker wil ondersteun, moenie net die snor groei nie. Indien jy ouer as 45 jaar is behoort jy ten minste elke drie jaar getoets te word. Indien jy enige simptome toon, laat jouself dadelik toets.

Liberty se Hoof Mediese Offisier, Philippa Peil, gee die feite.

Wat is prostaatkanker?

Die prostaat is ‘n klier wat slegs by mans voorkom en direk onder die blaas en voor die ingewandskanaal geleë is. Dit produseer vloeistof wat spermselle beskerm en verryk. Kanker kom voor wanneer sommige van die selle in die prostaat vinniger as normaalweg reproduseer, wat ‘n kwaadaardige gewas tot gevolg het. Indien dit nie behandel word nie, kan die kanker uiteindelik na ander dele van die liggaam, soos die limfkliere en die bene, versprei. In hierdie stadium is die kanker moeiliker om te behandel en verminder die kanse op oorlewing.

Is ‘n positiewe diagnose ‘n doodsvonnis?

Nee, beslis nie. ‘n Onlangse studie het getoon dat dit onwaarskynlik is dat mans met nie-agressiewe kanker as gevolg van prostaatkanker sal sterf en dat behandeling voortdurende waarneming eerder as ‘n prostaatverwydering behoort te wees. Dit hang ook af van die leefstylkeuses wat jy maak. Studies dui daarop dat jy jou risiko om aan prostaatkanker te sterf verhoog indien jy, nadat jy met dié siekte gediagnoseer is, voortgaan om ‘n Westerse dieët te volg, in plaas van meer groente, vrugte, vis, graan en peulgewasse. ‘n Soortgelyke studie het bevind dat intensiewe leefstylveranderinge, soos ‘n gesonder dieët en gereelde oefening, die tempo waarteen die kanker groei, kan vertraag.

Watter faktore verhoog die risiko vir die ontwikkeling van prostaatkanker?

Jou leefstyl speel ‘n belangrike rol om jou risiko-faktore te verhoog. ‘n Lessenaargebonde of onaktiewe leefstyl en swak eetgewoontes sal die risiko van die meeste kankers verhoog. Indien jy ‘n familiegeskiedenis van prostaatkanker of die BRCA 1 en 2-gene het, is jou risiko noemenswaardig groter. Die gene wat tumoronderdrukkers produseer, kom nie voor in mense met BRCA 1 en 2 nie. Dit is dié merkgeen wat daartoe aanleiding gegee het dat Angelina Jolie besluit het om ‘n dubbel mastektomie te ondergaan.

Ouer mans dra ‘n groter risiko en swart mans se kans om prostaatkanker te ontwikkel is groter as dié van wit mans.

Wat is die simptome?

Dikwels is daar hoegenaamd geen simptome nie en daarom is opsporingstoetse so belangrik. Indien jy egter enige van die volgende ondervind, behoort jy onmiddellik ‘n dokter te spreek:

  • ‘n Probleem om urine te passeer (stadige vloei, weifeling, gereeldheid, dringendheid)
  • Bloed in die urine of semen
  • Verminderde vermoë om ‘n ereksie te kry
  • Pynlike ejakulasie

Wat behels die toets?

Opsporingstoetse vir prostaatkanker kan ‘n PSA-bloedtoets en/of ‘n digitale ondersoek behels. Die bloedtoets meet die vlakke van die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA), ‘n proteïen wat deur die prostaat vervaardig word. Verhoogde PSA-vlakke gee ‘n aanduiding dat daar ‘n probleem is, maar dit is nie kankerspesifiek nie. Navorsers werk aan verskillende tumormerkers om kanker meer spesifiek te identifiseer.

Ongelukkig toon nie alle mans met prostaatkanker verhoogde PSA-vlakke nie, aangesien ander faktore soos oorgewig die toetsuitslae kan beïnvloed. Oorgewig mans het van nature ‘n laer PSA-vlak. As gevolg hiervan is die PSA-bloedtoets, saam met ‘n digitale rektale ondersoek, die beste vir vroeë opsporing. Nietemin kan beide toetse vals positiewe en negatiewe resultate toon.

Indien ‘n knop in die prostaat gevoel word, maar die PSA-toets is normaal, is ‘n biopsie nie nodig nie, maar ‘n herhaling van die PSA-toets binne ses maande word aanbeveel. Indien die resultaat van een van die toetse abnormaal is, sal jy ‘n biopsie benodig waartydens monsters van prostaatweefsel geneem en na die laboratorium gestuur word vir ondersoek onder ‘n mikroskoop.  

Kankerselle kan tydens ‘n prostaatbiopsie misgekyk word. Wetenskaplikes werk tans aan metodes om kankerselle meer opsigtelik te maak sodat dokters hulle maklik kan identifiseer, wat die risiko dat kanker nie gediagnoseer word nie sal verminder.

Finansiële versekering teen kanker

Gereelde toetsing: Nie alle mediese skemas dek die voorkomende toetse uit risikodekking nie. Die Liberty Mediese Skema dek elke drie jaar een prostaattoets per manlike begunstigde ouer as 45 jaar as deel van hulle Voorkomende Sorg-voordeel – dit affekteer nie jou dag-tot-dag mediese spaarrekening nie.

Aanvullende mediese dekking: Dit word van alle mediese skemas verwag om kanker as deel van hul Voorgeskrewe Minimum Voordele te dek, maar min skemas bied onbeperkte kankerdekking, veral sekere duur kankerbehandelings – soos medisyne wat as biologiese medikasie geklassifiseer word.

Liberty Mediese Gapingsdekking, wat uitgeneem word as ‘n bykomende versekeringspolis om die dekking wat jou mediese skema verskaf aan te vul, bied ‘n eenmalige betaling van R25 000 indien jy of jou afhanklikes met kanker gediagnoseer word. Waar ‘n bybetaling vir enige kankerverwante behandeling vereis word nadat die mediese skema se limiet of drempel oorskry is, sal dekking vir tot ‘n maksimum bybetaling van 20% voorsien word, onderhewig aan ‘n jaarlikse maksimum van R250 000 per individu.

Beskerm jou finansies:

Afhangend van die agressiwiteit van die kanker, kan jy bykomende uitgawes hê of kan dit van jou verwag word om vir ‘n periode nie te werk nie. Liberty se Lewensstylbeskerming en Inkomsteverliesbeskerming sal finansiële sekuriteit verskaf sodat jy op herstel kan fokus.

Instrument vir Sukses   Geld Waarhede   Jou Aftrede   Professionele Wenke

Wil jy deel van die spel bly?
Hier is hoe!
Waarhede oor geld wat my lewe verander het Tree met sekerheid af Laat jou versekering vir jou werk

Vandag se werkplekke is net so uitdagend soos hedendaagse besigheidsomgewings. Hier is 7 stappe wat jou kan help om ‘n hoogs innoverende werknemer te wees.

JJ Ackerman, ‘n Liberty-kliënt, deel sy geheim vir ‘n gelukkige en vervulde aftrede – en lewe.

Liberty stel ‘n nuwe reeks aftreeprodukte bekend wat jou in staat stel om op ‘n minimum teikeninkomste vir jou aftreejare te fokus, terwyl jy voordeel trek uit markverwante opbrengste uit beleggings en fondse met hoër opbrengste.

Dit is nie net werknemers wat bestuur moet word nie. Base benodig dit ook – en hulle behoort versigtig hanteer te word.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak::
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Wil jy deel van die spel bly? Hier is hoe! Waarhede oor geld wat my lewe verander het Tree met sekerheid af Hoe om jou baas te bestuur

Vandag se werkplekke is net so uitdagend soos hedendaagse besigheidsomgewings. Hier is 7 stappe wat jou kan help om ‘n hoogs innoverende werknemer te wees.

JJ Ackerman, ‘n Liberty-kliënt, deel sy geheim vir ‘n gelukkige en vervulde aftrede – en lewe.

Liberty stel ‘n nuwe reeks aftreeprodukte bekend wat jou in staat stel om op ‘n minimum teikeninkomste vir jou aftreejare te fokus, terwyl jy voordeel trek uit markverwante opbrengste uit beleggings en fondse met hoër opbrengste.

Dit is nie net werknemers wat bestuur moet word nie. Base benodig dit ook – en hulle behoort versigtig hanteer te word.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees die Liberty Oktober 2015 Nuusbrief
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Maak aanstaltes vir Movember

Prostaatkanker bly die vernaamste oorsaak van kankerverwante sterftes by mans, bereken teen ongeveer 13%.

Dít is wat jy moet weet.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Die goeie nuus is dat prostaatkanker nie so agressief as ander kankers is nie en dat dit meestal by mans ouer as 65 jaar voorkom, wat ‘n groter kans het om as gevolg van ander oorsake te sterf. Die bekommernis is nietemin dat ons begin om ‘n hoër voorkoms van prostaatkanker by jonger mans op te merk.

Liberty se eisestatistiek vir 2014 toon dat prostaatkanker in dié periode vir nagenoeg een derde van kankereise deur mans verantwoordelik was en dat meer as 30% van prostaatkankergevalle by mans jonger as 55 jaar voorgekom het. Prostaatkanker is nie net meer ‘n “oumansiekte” nie. Die feit dat die meeste prostaatkankers ontwikkel sonder dat mans enige simptome in die vroeë fases ondervind, beteken dat gereelde toetsing baie belangrik is.

Indien jy regtig gedurende November, ook bekend as “Movember”, die aksie teen prostaatkanker wil ondersteun, moenie net die snor groei nie. Indien jy ouer as 45 jaar is behoort jy ten minste elke drie jaar getoets te word. Indien jy enige simptome toon, laat jouself dadelik toets.

Liberty se Hoof Mediese Offisier, Philippa Peil, gee die feite.

Wat is prostaatkanker?

Die prostaat is ‘n klier wat slegs by mans voorkom en direk onder die blaas en voor die ingewandskanaal geleë is. Dit produseer vloeistof wat spermselle beskerm en verryk. Kanker kom voor wanneer sommige van die selle in die prostaat vinniger as normaalweg reproduseer, wat ‘n kwaadaardige gewas tot gevolg het. Indien dit nie behandel word nie, kan die kanker uiteindelik na ander dele van die liggaam, soos die limfkliere en die bene, versprei. In hierdie stadium is die kanker moeiliker om te behandel en verminder die kanse op oorlewing.

Is ‘n positiewe diagnose ‘n doodsvonnis?

Nee, beslis nie. ‘n Onlangse studie het getoon dat dit onwaarskynlik is dat mans met nie-agressiewe kanker as gevolg van prostaatkanker sal sterf en dat behandeling voortdurende waarneming eerder as ‘n prostaatverwydering behoort te wees. Dit hang ook af van die leefstylkeuses wat jy maak. Studies dui daarop dat jy jou risiko om aan prostaatkanker te sterf verhoog indien jy, nadat jy met dié siekte gediagnoseer is, voortgaan om ‘n Westerse dieët te volg, in plaas van meer groente, vrugte, vis, graan en peulgewasse. ‘n Soortgelyke studie het bevind dat intensiewe leefstylveranderinge, soos ‘n gesonder dieët en gereelde oefening, die tempo waarteen die kanker groei, kan vertraag.

Watter faktore verhoog die risiko vir die ontwikkeling van prostaatkanker?

Jou leefstyl speel ‘n belangrike rol om jou risiko-faktore te verhoog. ‘n Lessenaargebonde of onaktiewe leefstyl en swak eetgewoontes sal die risiko van die meeste kankers verhoog. Indien jy ‘n familiegeskiedenis van prostaatkanker of die BRCA 1 en 2-gene het, is jou risiko noemenswaardig groter. Die gene wat tumoronderdrukkers produseer, kom nie voor in mense met BRCA 1 en 2 nie. Dit is dié merkgeen wat daartoe aanleiding gegee het dat Angelina Jolie besluit het om ‘n dubbel mastektomie te ondergaan.

Ouer mans dra ‘n groter risiko en swart mans se kans om prostaatkanker te ontwikkel is groter as dié van wit mans.

Wat is die simptome?

Dikwels is daar hoegenaamd geen simptome nie en daarom is opsporingstoetse so belangrik. Indien jy egter enige van die volgende ondervind, behoort jy onmiddellik ‘n dokter te spreek:

  • ‘n Probleem om urine te passeer (stadige vloei, weifeling, gereeldheid, dringendheid)
  • Bloed in die urine of semen
  • Verminderde vermoë om ‘n ereksie te kry
  • Pynlike ejakulasie

Wat behels die toets?

Opsporingstoetse vir prostaatkanker kan ‘n PSA-bloedtoets en/of ‘n digitale ondersoek behels. Die bloedtoets meet die vlakke van die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA), ‘n proteïen wat deur die prostaat vervaardig word. Verhoogde PSA-vlakke gee ‘n aanduiding dat daar ‘n probleem is, maar dit is nie kankerspesifiek nie. Navorsers werk aan verskillende tumormerkers om kanker meer spesifiek te identifiseer.

Ongelukkig toon nie alle mans met prostaatkanker verhoogde PSA-vlakke nie, aangesien ander faktore soos oorgewig die toetsuitslae kan beïnvloed. Oorgewig mans het van nature ‘n laer PSA-vlak. As gevolg hiervan is die PSA-bloedtoets, saam met ‘n digitale rektale ondersoek, die beste vir vroeë opsporing. Nietemin kan beide toetse vals positiewe en negatiewe resultate toon.

Indien ‘n knop in die prostaat gevoel word, maar die PSA-toets is normaal, is ‘n biopsie nie nodig nie, maar ‘n herhaling van die PSA-toets binne ses maande word aanbeveel. Indien die resultaat van een van die toetse abnormaal is, sal jy ‘n biopsie benodig waartydens monsters van prostaatweefsel geneem en na die laboratorium gestuur word vir ondersoek onder ‘n mikroskoop.  

Kankerselle kan tydens ‘n prostaatbiopsie misgekyk word. Wetenskaplikes werk tans aan metodes om kankerselle meer opsigtelik te maak sodat dokters hulle maklik kan identifiseer, wat die risiko dat kanker nie gediagnoseer word nie sal verminder.

Finansiële versekering teen kanker

Gereelde toetsing: Nie alle mediese skemas dek die voorkomende toetse uit risikodekking nie. Die Liberty Mediese Skema dek elke drie jaar een prostaattoets per manlike begunstigde ouer as 45 jaar as deel van hulle Voorkomende Sorg-voordeel – dit affekteer nie jou dag-tot-dag mediese spaarrekening nie.

Aanvullende mediese dekking: Dit word van alle mediese skemas verwag om kanker as deel van hul Voorgeskrewe Minimum Voordele te dek, maar min skemas bied onbeperkte kankerdekking, veral sekere duur kankerbehandelings – soos medisyne wat as biologiese medikasie geklassifiseer word.

Liberty Mediese Gapingsdekking, wat uitgeneem word as ‘n bykomende versekeringspolis om die dekking wat jou mediese skema verskaf aan te vul, bied ‘n eenmalige betaling van R25 000 indien jy of jou afhanklikes met kanker gediagnoseer word. Waar ‘n bybetaling vir enige kankerverwante behandeling vereis word nadat die mediese skema se limiet of drempel oorskry is, sal dekking vir tot ‘n maksimum bybetaling van 20% voorsien word, onderhewig aan ‘n jaarlikse maksimum van R250 000 per individu.

Beskerm jou finansies:

Afhangend van die agressiwiteit van die kanker, kan jy bykomende uitgawes hê of kan dit van jou verwag word om vir ‘n periode nie te werk nie. Liberty se Lewensstylbeskerming en Inkomsteverliesbeskerming sal finansiële sekuriteit verskaf sodat jy op herstel kan fokus.

Instrument vir Sukses
Wil jy deel van die spel bly? Hier is hoe!

Vandag se werkplekke is net so uitdagend soos hedendaagse besigheidsomgewings. Hier is 7 stappe wat jou kan help om ‘n hoogs innoverende werknemer te wees.

Lees meer...
 
Geld Waarhede
Waarhede oor geld wat my lewe
verander het

JJ Ackerman, ‘n Liberty-kliënt, deel sy geheim vir ‘n gelukkige en vervulde aftrede – en lewe.

Lees meer...
 
Jou Aftrede
Tree met sekerheid af

Liberty stel ‘n nuwe reeks aftreeprodukte bekend wat jou in staat stel om op ‘n minimum teikeninkomste vir jou aftreejare te fokus, terwyl jy voordeel trek uit markverwante opbrengste uit beleggings en fondse met hoër opbrengste.

Lees meer...
 
Professionele Wenke

Hoe om jou baas te bestuur

Dit is nie net werknemers wat bestuur moet word nie. Base benodig dit ook – en hulle behoort versigtig hanteer te word.

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Lees die Liberty Oktober 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.