Is dit die begin van ‘n beermark?

Terwyl die globale markte, asook die JSE, tans die wind van voor kry, sal jy dalk onthou dat ons in ons Mei-nuusbrief geskryf het oor die risiko’s wat ontwikkel het in die aandelemarkte:

Paul Hansen, Direkteur: Kleinhandelbeleggings by Stanlib, kyk hoe jy jou portefeulje behoort te posisioneer in die huidige onsekere marktoestande

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

“Dit is die moeite werd om kennis te neem dat daar nie in die laaste 3,5 jaar ‘n markregstelling van meer as 10% in die VSA was nie. Histories sien ons hierdie soort regstellling elke twee jaar, dus kan ‘n mens argumenteer dat ons ‘n regstelling in die VSA kan verwag. Voeg hierby dat die tydperk van Mei tot September histories ‘n swakker periode is en daar is ‘n goeie argument ten gunste daarvan dat ‘n noemenswaardige markregstelling vroeër eerder as later moontlik is.”  

Die regstelling wat markontleders verwag het, het gekom en ons het gesien dat globale aandele, kommoditeitspryse en die geldeenhede van ontluikende markte dramaties geval het. Teen 24 Augustus was die JSE reeds 15% laer as sy April-hoogtepunt en was die MSCI-indeks van wêreldaandele 12,2% laer voor herstel. Die enigste wenner was goud, wat aansienlik herstel het naas groot goudprodusente aangesien goud gesien word as ‘n veilige toevlugsoord.

Regstellings is normaal in bulmarkte, veral een wat 6,5 jaar geduur het. Dus is die groot vraag gedurende so ‘n tydperk altyd of dit ‘n regstelling is, en of dit die begin is van ‘n nuwe beermark, aangesien goeie geleenthede vir aankope tydens regstellings ontstaan.

Daar is gemengde gevoelens hieroor, selfs binne Stanlib. Ons ekonoom, Kevin Lings, glo dat die bulmark verby is en hy wys op die swak ekonomieë van die ontluikende markte, China ingesluit. Die heersende standpunt is egter dat hierdie ‘n regstelling in ‘n bulmark – hoewel ‘n verouderde bulmark – is wat lankal moes gebeur het. Met ander woorde, dit kan van korte duur wees.  

Die VSA-ekonomie is sterk en inflasie en rentekoerse bly laag. Europa en Japan doen kwantitatiewe verslapping en China kan steeds meer doen om sy ekonomie te stimuleer. Talle ontluikende markte het rentekoerse verhoog sodat hulle dit kan verlaag om groei te stimuleer, hoewel hul geldeenhede baie swak is.

Hoe om jou beleggings te posisioneer

In ons Mei-nuusbrief het ons aan beleggers ‘n meer konserwatiewe benadering tot hulle beleggings voorgestel en dat hulle hul aandeleblootstelling binne hul risikoprofiel verlaag. Indien iemand dié aanbeveling gevolg het, kan ‘n daling in aandelepryse ‘n goeie tyd wees om te begin koop en om die blootstelling aan aandele te verhoog. Indien jy jonk is en ‘n langer tydhorison het, bied ‘n markregstelling die geleentheid om geld in die mark te plaas.

Indien jy nie jou blootstelling aan aandele verminder het nie en ten volle in die mark gebly het, is ‘n val in die mark sekerlik nie die tyd om te verkoop nie. Jy sal die verliese realiseer en indien die regstelling van korte duur is, die herstel misloop. Indien jy egter glo dat dit die begin van ‘n langer beermark-tendens is en dat ons ‘n verdere daling tot ongeveer 20% kan sien, sal jy moontlik verkies om jou blootstelling aan aandele tydens enige korttermynherstelperiode te verminder.

Indien jy maandeliks belê, byvoorbeeld met ‘n debietorder, is ‘n terugsakking in die mark ‘n goeie ding aangesien jy sal voortgaan om aandele teen ‘n laer prys te koop. Selfs al verander dit in ‘n beermark, koop jy steeds teen laer pryse, en kry so goeie maatskappye teen ‘n verlaagde prys.

Vir die risikonemers is dit die moeite werd om af te sluit met advies van die VSA-markkommentator Steve Sjuggerud, wat soek vir areas wat uiters ongewild en goedkoop is en waar die tendense opwaarts neig – wat in hierdie geval goudaandele en goud sal wees – die volgendes om dop te hou is Chinese aandele en mynbou-aandele. Ons sal wag vir die opwaartse neiging voordat ons onsself verbind.

Gesondheids Wenke   Wees Gesond en Spaar   Mediese Spaar Wenke   Versekerings Insigte   Borskanker Bewustheid

Gesonde kullery Kry jy waarde vir jou geld? 10 maniere om jou mediese kostes te verminder Laat jou versekering vir jou werk Lees hierdie: dit kan dalk net jou lewe red!

Moenie skuldig voel nie – sommige “sondes” kan eintlik goed wees vir jou. Hier is jou gesondheidskullysie.

Indien jou onverhaalde mediese uitgawes meer is as jou maandelikse medieseskemabydraes, het jy moontlik die verkeerde opsie vir jou behoeftes.

Aangesien die koste van mediese sorg voortgaan om te styg, wys ons jou hoe jy kan bespaar op die bedrag wat jy jaarliks spandeer.

Met die een-polis-voldoen-aan-alles-benadering kan daar tye wees wanneer jy oor- of onderverseker is.

Dr Philippa Peil, Hoof Mediese Offisier van Liberty, beantwoord vrae oor ‘n vroeë opsporingsplan vir borskanker.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak::
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Thank you for the feedback we have received on these newsletters so far. Your comments and suggestions will help us to give you relevant information for planning and managing your finances. Please keep talking to us and telling us what you think. Here's how you can reach us:

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees die Liberty September 2015 Nuusbrief
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Is dit die begin van ‘n beermark?

Terwyl die globale markte, asook die JSE, tans die wind van voor kry, sal jy dalk onthou dat ons in ons Mei-nuusbrief geskryf het oor die risiko’s wat ontwikkel het in die aandelemarkte:

Paul Hansen, Direkteur: Kleinhandelbeleggings by Stanlib, kyk hoe jy jou portefeulje behoort te posisioneer in die huidige onsekere marktoestande

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

“Dit is die moeite werd om kennis te neem dat daar nie in die laaste 3,5 jaar ‘n markregstelling van meer as 10% in die VSA was nie. Histories sien ons hierdie soort regstellling elke twee jaar, dus kan ‘n mens argumenteer dat ons ‘n regstelling in die VSA kan verwag. Voeg hierby dat die tydperk van Mei tot September histories ‘n swakker periode is en daar is ‘n goeie argument ten gunste daarvan dat ‘n noemenswaardige markregstelling vroeër eerder as later moontlik is.”  

Die regstelling wat markontleders verwag het, het gekom en ons het gesien dat globale aandele, kommoditeitspryse en die geldeenhede van ontluikende markte dramaties geval het. Teen 24 Augustus was die JSE reeds 15% laer as sy April-hoogtepunt en was die MSCI-indeks van wêreldaandele 12,2% laer voor herstel. Die enigste wenner was goud, wat aansienlik herstel het naas groot goudprodusente aangesien goud gesien word as ‘n veilige toevlugsoord.

Regstellings is normaal in bulmarkte, veral een wat 6,5 jaar geduur het. Dus is die groot vraag gedurende so ‘n tydperk altyd of dit ‘n regstelling is, en of dit die begin is van ‘n nuwe beermark, aangesien goeie geleenthede vir aankope tydens regstellings ontstaan.

Daar is gemengde gevoelens hieroor, selfs binne Stanlib. Ons ekonoom, Kevin Lings, glo dat die bulmark verby is en hy wys op die swak ekonomieë van die ontluikende markte, China ingesluit. Die heersende standpunt is egter dat hierdie ‘n regstelling in ‘n bulmark – hoewel ‘n verouderde bulmark – is wat lankal moes gebeur het. Met ander woorde, dit kan van korte duur wees.  

Die VSA-ekonomie is sterk en inflasie en rentekoerse bly laag. Europa en Japan doen kwantitatiewe verslapping en China kan steeds meer doen om sy ekonomie te stimuleer. Talle ontluikende markte het rentekoerse verhoog sodat hulle dit kan verlaag om groei te stimuleer, hoewel hul geldeenhede baie swak is.

Hoe om jou beleggings te posisioneer

In ons Mei-nuusbrief het ons aan beleggers ‘n meer konserwatiewe benadering tot hulle beleggings voorgestel en dat hulle hul aandeleblootstelling binne hul risikoprofiel verlaag. Indien iemand dié aanbeveling gevolg het, kan ‘n daling in aandelepryse ‘n goeie tyd wees om te begin koop en om die blootstelling aan aandele te verhoog. Indien jy jonk is en ‘n langer tydhorison het, bied ‘n markregstelling die geleentheid om geld in die mark te plaas.

Indien jy nie jou blootstelling aan aandele verminder het nie en ten volle in die mark gebly het, is ‘n val in die mark sekerlik nie die tyd om te verkoop nie. Jy sal die verliese realiseer en indien die regstelling van korte duur is, die herstel misloop. Indien jy egter glo dat dit die begin van ‘n langer beermark-tendens is en dat ons ‘n verdere daling tot ongeveer 20% kan sien, sal jy moontlik verkies om jou blootstelling aan aandele tydens enige korttermynherstelperiode te verminder.

Indien jy maandeliks belê, byvoorbeeld met ‘n debietorder, is ‘n terugsakking in die mark ‘n goeie ding aangesien jy sal voortgaan om aandele teen ‘n laer prys te koop. Selfs al verander dit in ‘n beermark, koop jy steeds teen laer pryse, en kry so goeie maatskappye teen ‘n verlaagde prys.

Vir die risikonemers is dit die moeite werd om af te sluit met advies van die VSA-markkommentator Steve Sjuggerud, wat soek vir areas wat uiters ongewild en goedkoop is en waar die tendense opwaarts neig – wat in hierdie geval goudaandele en goud sal wees – die volgendes om dop te hou is Chinese aandele en mynbou-aandele. Ons sal wag vir die opwaartse neiging voordat ons onsself verbind.

Gesondheids Wenke
Gesonde kullery

Moenie skuldig voel nie – sommige “sondes” kan eintlik goed wees vir jou. Hier is jou gesondheidskullysie.

Lees meer...
 
Wees Gesond en Spaar
Kry jy waarde vir jou geld?

Indien jou onverhaalde mediese uitgawes meer is as jou maandelikse medieseskemabydraes, het jy moontlik die verkeerde opsie vir jou behoeftes.

Lees meer...
 
Mediese Spaar Wenke
10 maniere om jou mediese kostes te verminder

Aangesien die koste van mediese sorg voortgaan om te styg, wys ons jou hoe jy kan bespaar op die bedrag wat jy jaarliks spandeer.

Lees meer...
 
Versekerings Insigte

Laat jou versekering vir jou werk

Met die een-polis-voldoen-aan-alles-benadering kan daar tye wees wanneer jy oor- of onderverseker is.

Lees meer...
 
Borskanker Bewustheid

Lees hierdie: dit kan dalk net jou lewe red!

Dr Philippa Peil, Hoof Mediese Offisier van Liberty, beantwoord vrae oor ‘n vroeë opsporingsplan vir borskanker.

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Thank you for the feedback we have received on these newsletters so far. Your comments and suggestions will help us to give you relevant information for planning and managing your finances.

Please keep talking to us and telling us what you think. Here's how you can reach us:

Lees die Liberty September 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.