Lewenstyl-beskermer bied die buigsaamheid om die tydperk van jou dekking in ooreenstemming met jou behoeftes te bring, en is ideaal vir individue wat hul versekeringsdekking by hul vereistes wil aanpas. Deur termyndekking uit te neem vir ‘n spesifieke behoefte of lewensfase, kan jy verseker dat jy slegs betaal vir dit wat jy benodig, terwyl jy dit nodig het. Die termyndekking is beskikbaar op die gelykblywende premiepatroon wat verseker dat dit bekostigbaar bly. Hoe korter die dekkingstermyn, hoe laer sal die premies wees.
Hoewel daar ‘n aparte polisfooi op elke nuwe polis gehef word, sal die besparing op die premie die teenwig daarvoor wees. Daar is ook bykomende voordele indien dekking as aparte polisse gehou word, soos om verskillende begunstigdes te nomineer of om ‘n bepaalde polis te sedeer sonder dat ander beïnvloed word.
Hier is enkele voorbeelde van wanneer termyndekking meer toepaslik as helelewensdekking mag wees:
Skuldbeskerming
Jy kan die dekkingstermyn laat ooreenstem met die finansieringsperiode. Byvoorbeeld, ‘n 5‑jaartermyn vir voertuigfinansiering of ‘n 20‑jaartermyn vir ‘n huislening. Indien jy verder jou dekking in ooreenstemming met die uitstaande leningsbedrag wil verminder, kan jy dit doen, maar dit is opsioneel.
Om kinders te onderhou
‘n Baie belangrike aspek van lewensversekering is om voorsiening te maak vir jou kinders indien jy nie langer in staat is om dit te doen nie. Nietemin sal daar ‘n tyd kom wanneer die kinders finansieel onafhanklik is en die dekking nie meer nodig sal wees nie.
Ouers mag verkies om dekking uit te neem slegs vir die tyd wat hulle kinders finansieel vir hul welstand en opvoeding van hulle afhanklik is (byvoorbeeld tot op ouderdom 18 of 25).
Besigheidsversekering
‘n Sake-eienaar wat namens die besigheid borg geteken het vir ‘n vyfjaarlening kan ‘n termynpolis gebruik om dié lening te verseker. Termyndekking kan ook gebruik word om die gesondheid van sleutelpersoneellede wat instrumenteel is tot die bedryf van jou besigheid, te verseker.
Om by verandering aan te pas
Versekeringsbehoeftes verander met tyd, veral wanneer daar belangrike lewensgebeurtenisse plaasvind.
Liberty het outomaties ‘n omskeppingsopsie op kwalifiserende voordele ingesluit, met die voordeel dat jy jou dekking met beperkte onderskrywing kan uitbrei wanneer een van die volgende lewensveranderinge plaasvind:
- Die aankoop van ‘n huis
- ‘n Huwelik
- Ouerskap
Jy sal in staat wees om die termyn van jou dekking te verleng of selfs om jou termyndekking te vervang met ‘n helelewensversekeringspolis om vir jou nuwe gesin voorsiening te maak, sonder bykomende mediese toetse.
Die omskeppingsopsie kan ook aan die einde van die oorspronklike termyn uitgeoefen word, byvoorbeeld, indien jy besluit om na vyf jaar ‘n nuwe motor te koop.
Kry ‘n uitbetaling
Die elektiewe PayOut-voordeel van termynpolisse kan 100% van jou premies aan die einde van die polistermyn terugbetaal. Selfs al sou jy eis, sal die premies op enige voordele wat tot aan die einde van die termyn geldig bly, ingesluit word by die totale PayOut.
Hoewel die PayOut-voordeelteen ‘n bykomende koste beskikbaar is, gee dit erkenning daaraan dat sommige kliënte waarde heg aan ‘n opsie wat ‘n tasbare voordeel bied en iets uitbetaal, selfs indien hulle eis. |