1. Gebruik generiese medikasie waar moontlik
Jy kan die bedrag wat jy op medikasie, veral chroniese medikasie, spandeer met soveel as 30% verminder indien jy generiese produkte in plaas van die duurder oorspronklikes kies, mits jou dokter dit goedkeur. Sommige mediese skemas verplig jou om generiese middels te gebruik indien dit in die handel beskikbaar is, maak egter eers seker wat jou dokter aanbeveel.
2. Moenie jou mediese spaarrekening vir oor-die-toonbank-medikasie gebruik nie
Vir algemene siektes, soos griep, kan jou dokter oor-die-toonbank-medikasie sowel as antibiotika voorskryf om jou simptome te behandel. Wanneer jy siek is, is dit ‘n versoeking om vir al die medikasie op die voorskrif uit jou spaarrekening te betaal. Apteke vra egter ‘n resepteringsfooi om voorskrifmedikasie te verskaf – selfs vir oor-die-toonbank-medikasie. Dit beteken dat jy uiteindelik baie meer vir die medikasie kan betaal as sou jy dit self van die rak gekoop en kontant daarvoor betaal het – wat daartoe bydra dat jou mediese spaarrekening langer hou.
3. Maak seker dat jou gesondheidsorgverskaffer medieseskematariewe hef
Sommige dokters en spesialiste hef meer as medieseskematariewe. Daar is talle dokters wat onderneem het om medieseskematariewe te hef, vergelyk dus tariewe. Jy sal vind dat dokters wat deel vorm van ‘n medieseskemanetwerk, soos die Liberty Mediese Skema Algemene Praktisynsnetwerk (Liberty Medical Scheme’s General Practitioner network), meer bekostigbare tariewe aanbied. Die Liberty Mediese Skema Spesialisnetwerk gee jou ook toegang tot spesialisdienste teen die medieseskematarief en binne ‘n redelike afstand van waar jy woon.
4. Vra vir ‘n kwotasie
Die meeste spesialiste is bereid om ‘n kwotasie te gee vir ‘n mediese prosedure. Dit maak dit moontlik dat jy vooraf by jou mediese skema kan uitvind watter persentasie hulle sal dek. Dit gee jou ook die geleentheid om te onderhandel vir ‘n laer tarief.
5. Betaal kontant om afslag te kry
Vind uit watter dienste uit jou spaarrekening betaal word – soos tandheelkunde, doktersbesoeke en oogheelkunde. Oorweeg om kontant hiervoor te betaal en vra die diensverskaffer vir ‘n kontantafslag – gewoonlik tussen 5 en 10%. Dien dan die rekening by jou mediese skema in sodat die bedrag (waar toepaslik) oploop in jou fondsdrempel. Jy sal minder vir die prosedure betaal en steeds voorsiening maak vir jou toekomstige mediese uitgawes. Indien nodig, kan jy selfs jou mediese skema versoek om jou te vergoed vir die kontantbetaling wat jy gemaak het.
6. Voorsorg is goedkoper as nasorg
Jy behoort elke jaar te beplan om dié toetse te laat doen wat toepaslik is vir jou ouderdom, soos cholestrol, insulien, bloeddruk, mammogramme of prostaatondersoeke, sowel as tandheelkunde en oogondersoeke. Sommige skemas, soos die Liberty Mediese Skema dek dié toetse uit jou Mediese Hoofvoordeel (MHV), wat beteken dat jy nie jou spaarrekening hoef te gebruik om jou gesondheid beter te bestuur nie.
7. Voorkom direkte besoeke aan spesialiste
Dit is maklik om te dink dat slegs ‘n spesialis jou kan behandel, maar talle meer algemene toestande kan deur jou algemene praktisyn gediagnoseer en behandel word. Sekere mediese skemas sal besoeke aan algemene praktisyns dek, selfs indien jou mediese spaarrekening uitgeput is – solank hulle deel uitmaak van die algemene praktisynsnetwerk. Die Liberty Mediese Skema betaal op sekere opsies vir twee addisionele konsultasies per gesin by enige algemene praktisyn in die LMS-netwerk uit die risikovoordeel sodra die spaarrekening uitgeput is of lede in die selfbetaalgaping (SPG) is.
Die Liberty Mediese Skema het ‘n spesialisnetwerk wat aan lede op sekere opsies toegang gee tot spesialisdienste binne ‘n redelike afstand van waar hulle woon. Indien jou algemene praktisyn aanbeveel dat jy ‘n spesialis raadpleeg, maak gebruik van een in die spesialisnetwerk en verhoed betalings uit eie sak.
8. Registreer jou chroniese medikasie
Indien jy gereelde medikasie gebruik om ‘n chroniese siekte te behandel – van diabetes tot hipertensie – kan jy moontlik vir ‘n chroniese medikasievoordeel kwalifiseer. Dit beteken dat jou mediese skema daarvoor uit jou Mediese Hoofvoordeel (MHV) betaal en nie uit jou mediese spaarrekening nie.
Versoek jou dokter om hiervoor te motiveer en deur ‘n eenvoudige vorm te voltooi, kan jy jouself maandeliks honderde rande spaar. Indien jy R200 per maand op spesifieke medikasie spandeer, kan jy tot R2 400 per jaar bespaar. Dié bedrag kan dan op doktersbesoeke of ander mediese kostes spandeer word.
Sommige skemas, soos die Liberty Mediese Skema, maak gebruik van ‘n voorkeur-apteeknetwerk (Preferred Provider Pharmacy Network – PPPN) waar voorkeur-resepteringsfooie onderhandel is. Indien ‘n lid van ‘n netwerkapteek gebruik maak, is daar geen bybetaling nie, onderhewig daaraan dat lede medisyne ontvang wat binne die toepaslike voorskrifte is.
9. Hou die koste van diagnostiese toetse laag
Min mense besef hoeveel hulle jaarliks op onnodige bloedtoetse spandeer. Jou algemene praktisyn behoort ‘n omvattende lêer van al jou besoeke en toetsuitslae te hou en so ‘n holistiese beeld van jou gesondheid oor ‘n tydperk by te hou.
Moenie tussen dokters rondval nie, aangesien verskillende dokters waarskynlik dieselfde bloedtoetse vir dieselfde simptome sal aanvra. Indien jy van dokter verwissel, versoek jou dokter om eers navraag te doen voordat meer toetse aangevra word, aangesien patologie-laboratoriums die uitslae van alle bloedtoetse op rekord hou.
10. Dien jou eise in
Talle opsies bied ‘n bo-drempelvoordeel. Jy sal eers ‘n drempelvlak (THL) moet bereik voordat jy toegang tot die bo-drempelvoordeel (BDV/ATB) kry. Jou MSF (Mediese Spaarfasiliteit) sal gebruik word om hierdie eise te betaal, verreken teen jou drempelvlak. Sodra jou spaarrekening uitgeput is, sal jy verantwoordelik wees om die verdere dag-tot-dag-uitgawes te betaal totdat die drempelvlak bereik is. Die verskil tussem die MSF en die drempelvlak is bekend as die selfbetaalgaping (SBG/SPG).
Onthou om alle eise in te dien, selfs al is jou spaarrekening uitgeput, aangesien die bedrae van kwalifiserende eise steeds oploop tot die drempelvlak en jy kan dan kwalifiseer vir bo-drempelvoordele, onderhewig aan verdere limiete. |