Die lente bring ‘n besielende varsheid wat ons inspireer om nuwe hoogtes te bereik.
Maak goeie gebruik van hierdie nuwe energie deur van opgaargoed ontslae te raak – fisiek en emosioneel. September is ook die maand waarin ons Erfenisdag herdenk. Watter soort erfenis wil jy vir toekomstige generasies nalaat? Deur eenvoudig jou finansies te orden en die afhanklikheidsiklus te breek (sodat jou kinders jou nie tydens jou aftrede hoef te versorg nie), sal jou help om die eerste stap na ‘n blywende erfenis te neem.
Om ondanks jou ouderdom sukses te behaal, moet jy onthou dat dit nooit te laat is om te presteer nie. Benut die voordeel van die nuwe seisoen om jou lewe opnuut te begin.
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.
Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.