Ruim op en verander jou lewe

Dit is ‘n feit: ‘n warboel rondom jou kan jou energie dreineer. Ruim op en jou gedagtes sal outomaties ‘n meer geordende oase wees..

+ deel via email | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Dit is een ding om ongeorganiseerd te wees, maar dis iets anders om in ‘n voortdurende staat van wanorde te leef. Indien die wrakstukke wat jou omring veroorsaak dat jou energie geleidelik wegsypel, is dit tyd om op te tree.

Indien jy voel dat jy persoonlik of professioneel vasgeval het, bekyk die omgewing wat jy vir jouself geskep het. Dit is onwaarskynlik dat jy gefokus en geïnspireerd sal voel indien jy deur berge rommel omring word.

“Enige warboel, ongeag of dit fisiek, digitaal of emosioneel is, verhoed dat jy op die belangrike dinge fokus en effektief werk,” sê Heidi Meyer, professionele organiseerder en die hoof uitvoerende beampte van Cloud 9 Organised. “Dit verhoog stresvlakke, vermors tyd en kort kreatiwiteit in wat jou angstig, oorweldig en gefrustreerd laat voel.”

Leefstyl-ghoeroe Retha Kok stem saam. “Chaos is energie wat vasgeval het, dit is ‘n hindernis in die vloei van jou lewe en veroorsaak verwarring. Jou lewe werk beter indien jy weet waar dinge is, wat veroorsaak dat jy beter kan fokus en meer gekonsentreerde energie het.” Neem beheer oor die warboel eerder as om ure te vermors op soek na daardie ontwykende dokument, bos sleutels, of watter item ook al gedurig weg is.

Begin om skoon te maak
Wanneer jy die warboel wat jou omring aandurf, begin klein, stel Kok voor. “Maak ‘n lys van die deurmekaar areas en ruim dit stelselmatig op – klein suksesse sal jou inspireer. Kry rommel-, herstel- en herwinningshouers en verdeel groot areas in kleiner dele. ‘n Plek vir alles en alles op hulle plekke maak dit maklik om goed weg te sit.”

Meyer stel die volgende opruimwenke voor:

  • Verbind jouself tot die verandering.
  • Besluit wat om met die besittings wat jy nie meer nodig het nie te doen.
  • Bekerm jou tyd. Orden jou dag deur verpligtinge te verminder, nee te sê en te prioritiseer.
  • Moenie besluite uitstel nie – doen dit net!
  • Prioritiseer en doen een ding op ‘n keer, eerder as om alles tegelyk te probeer doen.

Sodra jy opgeruim het, moet jy verseker dat jy nie weer in dieselfde skadelike gewoontes verval nie. “Kom in die gewoonte om goed dadelik weg te pak en ruim jou omgewing gereeld op,” stel Meyer voor. “Alles wat jy besit moet ‘n plek hê, sit dus goed terug waar hulle hoort. Neem tien minute aan die einde van die dag om alles op hulle plekke te sit.”

Om vrede te kry
“Sodra jy permanent van die rommel ontslae geraak het, sal jy vind dat jy innerlik ligter en kalmer voel, wat die deur oopmaak vir nuwe ervaringe,” sê Kok. “Die hoër doel daarvan om chaos op te ruim, is om die warboel te verwyder wat dit vir ons onmoontlik maak om met ons hoër self kontak te maak.”

“Om orde te skep gee jou meer energie en die tyd om dit te doen waarvoor jy regtig lief is,” sê Meyer. “Wanneer jy afstand doen van die emosionele beperkinge van chaos, kan jy in die hede lewe. Jy sal beter beheer oor jou lewe hê en meer produktief wees, aangesien daar nie so baie dinge is wat op jou aandag aanspraak maak nie.”

Besoek: www.lifestyleguru.co.za of www.cloud9organised.co.za

LEEFSTYL   FINANSIëLE VRYHEID   ORGANISEER EN SPAAR   BELEGGINGS INSIGTE
Dis nooit te laat nie 5 wenke om JOU in beheer te plaas Kos die warboel in jou lewe jou geld? 10 maniere om ‘n ware erfenis na te laat

Om ondanks jou ouderdom sukses te behaal, moet jy onthou dat dit nooit te laat is om te presteer nie. Benut die voordeel van die nuwe seisoen om jou lewe opnuut te begin.

Ons beweeg dalk nader aan die einde van die maand waarin vroue vereer word, maar ons glo dat élke dag Vrouedag behoort te wees wanneer dit by finansiële fiksheid kom.

Indien jy jou administrasie afskeep, kan dit jou geld kos. Hier volg wenke om jou te help om vir die res van die jaar op koers te bly.

Geraldine Macpherson kyk na innoverende maniere waarop jy vir toekomstige generasies voorsiening kan maak.

Lees meer...

Lees meer...

Lees meer...

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Besoek die Liberty Webtuiste | Kontak Ons
 
  Read this article in English  
 
Kos die warboel in jou lewe jou geld? 10 maniere om ‘n ware erfenis na te laat Ruim op en verander jou lewe Dis nooit te laat nie 5 wenke om JOU in beheer te plaas

Ruim op en verander jou lewe

Dit is ‘n feit: ‘n warboel rondom jou kan jou energie dreineer. Ruim op en jou gedagtes sal outomaties ‘n meer geordende oase wees..

+ deel via email | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Dit is een ding om ongeorganiseerd te wees, maar dis iets anders om in ‘n voortdurende staat van wanorde te leef. Indien die wrakstukke wat jou omring veroorsaak dat jou energie geleidelik wegsypel, is dit tyd om op te tree.

Indien jy voel dat jy persoonlik of professioneel vasgeval het, bekyk die omgewing wat jy vir jouself geskep het. Dit is onwaarskynlik dat jy gefokus en geïnspireerd sal voel indien jy deur berge rommel omring word.

“Enige warboel, ongeag of dit fisiek, digitaal of emosioneel is, verhoed dat jy op die belangrike dinge fokus en effektief werk,” sê Heidi Meyer, professionele organiseerder en die hoof uitvoerende beampte van Cloud 9 Organised. “Dit verhoog stresvlakke, vermors tyd en kort kreatiwiteit in wat jou angstig, oorweldig en gefrustreerd laat voel.”

Leefstyl-ghoeroe Retha Kok stem saam. “Chaos is energie wat vasgeval het, dit is ‘n hindernis in die vloei van jou lewe en veroorsaak verwarring. Jou lewe werk beter indien jy weet waar dinge is, wat veroorsaak dat jy beter kan fokus en meer gekonsentreerde energie het.” Neem beheer oor die warboel eerder as om ure te vermors op soek na daardie ontwykende dokument, bos sleutels, of watter item ook al gedurig weg is.

Begin om skoon te maak
Wanneer jy die warboel wat jou omring aandurf, begin klein, stel Kok voor. “Maak ‘n lys van die deurmekaar areas en ruim dit stelselmatig op – klein suksesse sal jou inspireer. Kry rommel-, herstel- en herwinningshouers en verdeel groot areas in kleiner dele. ‘n Plek vir alles en alles op hulle plekke maak dit maklik om goed weg te sit.”

Meyer stel die volgende opruimwenke voor:

  • Verbind jouself tot die verandering.
  • Besluit wat om met die besittings wat jy nie meer nodig het nie te doen.
  • Bekerm jou tyd. Orden jou dag deur verpligtinge te verminder, nee te sê en te prioritiseer.
  • Moenie besluite uitstel nie – doen dit net!
  • Prioritiseer en doen een ding op ‘n keer, eerder as om alles tegelyk te probeer doen.

Sodra jy opgeruim het, moet jy verseker dat jy nie weer in dieselfde skadelike gewoontes verval nie. “Kom in die gewoonte om goed dadelik weg te pak en ruim jou omgewing gereeld op,” stel Meyer voor. “Alles wat jy besit moet ‘n plek hê, sit dus goed terug waar hulle hoort. Neem tien minute aan die einde van die dag om alles op hulle plekke te sit.”

Om vrede te kry
“Sodra jy permanent van die rommel ontslae geraak het, sal jy vind dat jy innerlik ligter en kalmer voel, wat die deur oopmaak vir nuwe ervaringe,” sê Kok. “Die hoër doel daarvan om chaos op te ruim, is om die warboel te verwyder wat dit vir ons onmoontlik maak om met ons hoër self kontak te maak.”

“Om orde te skep gee jou meer energie en die tyd om dit te doen waarvoor jy regtig lief is,” sê Meyer. “Wanneer jy afstand doen van die emosionele beperkinge van chaos, kan jy in die hede lewe. Jy sal beter beheer oor jou lewe hê en meer produktief wees, aangesien daar nie so baie dinge is wat op jou aandag aanspraak maak nie.”

Besoek: www.lifestyleguru.co.za of www.cloud9organised.co.za

LEEFSTYL   FINANSIëLE VRYHEID
Dis nooit te laat nie 5 wenke om JOU in beheer te plaas

Om ondanks jou ouderdom sukses te behaal, moet jy onthou dat dit nooit te laat is om te presteer nie. Benut die voordeel van die nuwe seisoen om jou lewe opnuut te begin.

Ons beweeg dalk nader aan die einde van die maand waarin vroue vereer word, maar ons glo dat élke dag Vrouedag behoort te wees wanneer dit by finansiële fiksheid kom.

Lees meer...

Lees meer...

ORGANISEER EN SPAAR BELEGGINGS INSIGTE
Kos die warboel in jou lewe jou geld? 10 maniere om ‘n ware erfenis na te laat

Indien jy jou administrasie afskeep, kan dit jou geld kos. Hier volg wenke om jou te help om vir die res van die jaar op koers te bly.

Geraldine Macpherson kyk na innoverende maniere waarop jy vir toekomstige generasies voorsiening kan maak.

Lees meer...

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Lees die Liberty Augustus 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander by besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.
Lees die Liberty Nuusbrief Augustus 2015

Besoek die Liberty Webtuiste

Kontak Ons

Read this article in English
 
Ruim op en verander jou lewe

Dit is ‘n feit: ‘n warboel rondom jou kan jou energie dreineer. Ruim op en jou gedagtes sal outomaties ‘n meer geordende oase wees..

+ deel via email | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In
 
Dit is een ding om ongeorganiseerd te wees, maar dis iets anders om in ‘n voortdurende staat van wanorde te leef. Indien die wrakstukke wat jou omring veroorsaak dat jou energie geleidelik wegsypel, is dit tyd om op te tree.

Indien jy voel dat jy persoonlik of professioneel vasgeval het, bekyk die omgewing wat jy vir jouself geskep het. Dit is onwaarskynlik dat jy gefokus en geïnspireerd sal voel indien jy deur berge rommel omring word.

“Enige warboel, ongeag of dit fisiek, digitaal of emosioneel is, verhoed dat jy op die belangrike dinge fokus en effektief werk,” sê Heidi Meyer, professionele organiseerder en die hoof uitvoerende beampte van Cloud 9 Organised. “Dit verhoog stresvlakke, vermors tyd en kort kreatiwiteit in wat jou angstig, oorweldig en gefrustreerd laat voel.”

Leefstyl-ghoeroe Retha Kok stem saam. “Chaos is energie wat vasgeval het, dit is ‘n hindernis in die vloei van jou lewe en veroorsaak verwarring. Jou lewe werk beter indien jy weet waar dinge is, wat veroorsaak dat jy beter kan fokus en meer gekonsentreerde energie het.” Neem beheer oor die warboel eerder as om ure te vermors op soek na daardie ontwykende dokument, bos sleutels, of watter item ook al gedurig weg is.

Begin om skoon te maak
Wanneer jy die warboel wat jou omring aandurf, begin klein, stel Kok voor. “Maak ‘n lys van die deurmekaar areas en ruim dit stelselmatig op – klein suksesse sal jou inspireer. Kry rommel-, herstel- en herwinningshouers en verdeel groot areas in kleiner dele. ‘n Plek vir alles en alles op hulle plekke maak dit maklik om goed weg te sit.”

Meyer stel die volgende opruimwenke voor:

  • Verbind jouself tot die verandering.
  • Besluit wat om met die besittings wat jy nie meer nodig het nie te doen.
  • Bekerm jou tyd. Orden jou dag deur verpligtinge te verminder, nee te sê en te prioritiseer.
  • Moenie besluite uitstel nie – doen dit net!
  • Prioritiseer en doen een ding op ‘n keer, eerder as om alles tegelyk te probeer doen.

Sodra jy opgeruim het, moet jy verseker dat jy nie weer in dieselfde skadelike gewoontes verval nie. “Kom in die gewoonte om goed dadelik weg te pak en ruim jou omgewing gereeld op,” stel Meyer voor. “Alles wat jy besit moet ‘n plek hê, sit dus goed terug waar hulle hoort. Neem tien minute aan die einde van die dag om alles op hulle plekke te sit.”

Om vrede te kry
“Sodra jy permanent van die rommel ontslae geraak het, sal jy vind dat jy innerlik ligter en kalmer voel, wat die deur oopmaak vir nuwe ervaringe,” sê Kok. “Die hoër doel daarvan om chaos op te ruim, is om die warboel te verwyder wat dit vir ons onmoontlik maak om met ons hoër self kontak te maak.”

“Om orde te skep gee jou meer energie en die tyd om dit te doen waarvoor jy regtig lief is,” sê Meyer. “Wanneer jy afstand doen van die emosionele beperkinge van chaos, kan jy in die hede lewe. Jy sal beter beheer oor jou lewe hê en meer produktief wees, aangesien daar nie so baie dinge is wat op jou aandag aanspraak maak nie.”

Besoek: www.lifestyleguru.co.za of www.cloud9organised.co.za

LEEFSTYL
Dis nooit te laat nie

Om ondanks jou ouderdom sukses te behaal, moet jy onthou dat dit nooit te laat is om te presteer nie. Benut die voordeel van die nuwe seisoen om jou lewe opnuut te begin.

Lees meer...

FINANSIëLE VRYHEID
5 wenke om JOU in beheer te plaas

Ons beweeg dalk nader aan die einde van die maand waarin vroue vereer word, maar ons glo dat élke dag Vrouedag behoort te wees wanneer dit by finansiële fiksheid kom.

Lees meer...

ORGANISEER EN SPAAR
Kos die warboel in jou lewe jou geld?

Indien jy jou administrasie afskeep, kan dit jou geld kos. Hier volg wenke om jou te help om vir die res van die jaar op koers te bly.

Lees meer...

BELEGGINGS INSIGTE
10 maniere om ‘n ware erfenis na te laat

Geraldine Macpherson kyk na innoverende maniere waarop jy vir toekomstige generasies voorsiening kan maak.

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Lees die Liberty Augustus 2015 Nuusbrief
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede