Namate ons die einde van Spaarmaand nader, is dit tyd om ‘n doelwit te stel: Sit geld weg om jou langtermynrykdom te vergroot, eerder as om meer skuld te maak.
Rykdom word nie geskep deur meer geld te verdien nie, maar deur minder te spandeer. Navorsing deur die Buro vir Marknavorsing by Unisa het bevind dat Suid-Afrikaners nie méér spaar namate hulle inkomste verhoog nie - ons spandeer doodeenvoudig meer. Professor Carel van Aardt, Navorsingsdirekteur by Unisa, het bevind dat hoër inkomstehuishoudings geneig is om elke twee jaar ‘n nuwe motor te koop en elke vyf tot 10 jaar hul huis op te gradeer, eerder as om skuld te delg. Dan vind hulself in hul 40’s en 50’s diep in die skuld – juis in die tyd wanneer hulle skuldvry behoort te wees en hulle hul bykomende inkomste behoort te spaar vir aftrede.
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.
Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.