Belastingvrye spaarrekeninge is op 1 Maart 2015 ingestel, en stel alle Suid-Afrikaners in staat om tot R30 000 per jaar te belê sonder om belasting te betaal op die rente, kapitaalwins of plaaslike en buitelandse dividende op hul beleggings.
Om ‘n belastingvrye spaarrekening te open is eenvoudig. Nietemin bied banke, lewensmaatskappye en kollektiewe beleggingsmaatskappye ‘n beduidende reeks opsies.
Dit is noodsaaklik dat jy die regte instansie met die toepaslike produkkeuses wat aan jou behoeftes voldoen, kies. Die doel van ‘n belastingvrye spaarrekening is om spaar op die lang termyn aan te moedig en behoort as langtermyn van aard gesien te word.
Die Staat laat jou net toe om tot R30 000 per jaar met ‘n totale bedrag van R500 000 oor jou leeftyd by te dra. Indien jy R30 000 sou spaar en ’n paar maande daarna R20 000 onttrek, kry jy nie die voordeel nie en kan jy ook nie die R20 000 later bysit om die jaarlikse of leeftydbydraes aan te vul nie. Dus moet jy langtermyn dink om die volle voordeel te kry.
Pas jou belegging aan by jou tydshorison
As ‘n langtermynbelegging, moet jy oorweeg om jou tydshorison met die onderliggende belegging te spoor. Indien jy byvoorbeeld 40 jaar oud is en jou aftree-spaarplan wil aanvul, sal dit beteken dat jy vir 20 jaar tot op die ouderdom van 60 sal spaar en, selfs langer, deur die belastingvrye rekening te gebruik om ‘n belastingvrye inkomste oor ‘n verdere moontlike 20 jaar te trek.
In hierdie geval is 20-40 jaar ‘n lang tydperk om die geld in ‘n rekening waar dit onmiddellik beskikbaar is te hou teen ‘n rentekoers wat nie inflasie klop nie. Jy sal eerder ‘n belegging kies wat op groeibates, soos aandele en eiendom fokus. Jy moet ook seker wees dat die produk die buigsaamheid in batetoewysing bied om by veranderende behoeftes oor die lewensduur van die produk aan te pas. Dit moet ook deursigtig en teen ‘n lae koste beskikbaar wees.
STANLIB Effektetrust
Die STANLIB Effektetrustrekening is ideaal om as ‘n langtermyn belastingvrye spaarrekening te gebruik en bied buigsaamheid op verskeie vlakke:
- Buigsame batetoewysing deur middel van STANLIB se wye verskeidenheid fondskeuses wat insluit: geldmarkfondse, batetoewysing gebalanseerde fondse, eiendom, aandele en verskeie globale fondse om aan die behoeftes van die belegger, asook aan voortdurend veranderende marktoestande te voldoen.
- Buigsaamheid in die funksie om binne 24 uur fondse teen geen addisionele koste te verander. Die enigste kostes is die onderliggende diensfooie van die gekose fondse, wat dit ‘n baie koste-effektiewe oplossing maak.
- Buigsaamheid om te belê in die vorm van enkelbedrae of deur middel van debietorders wat jy te eniger tyd kan begin en stop soos jou persoonlike omstandighede verander.
Wat jy moet weet
Beleggers moet kennis neem dat enige bydraes benewens die R30 000 per jaar teen 40% belasbaar is. Hoewel die Nasionale Tesourie bepaal het dat produkverskaffers hierdie beperking op bedrae en die gevolge van die verbreking daarvan tydens die bemarking van die produkte bekend moet maak, bly dit die belegger se verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle by die jaarlikse limiet bly.

|