As ‘n jong volwassene moet jy in ag neem dat jou grootste bate jou vermoë is om ‘n inkomste in die toekoms te verdien. Die waarde van ‘n persoon se toekomstige inkomste is die grootste aan die begin van hul loopbaan. Dit is in hierdie grondslagfase dat ernstige of permanente ongeskiktheid die grootste impak op jou finansiële toekoms sal hê. Om jouself en jou jong gesin te beskerm, is dit noodsaaklik om die toepaslike versekering in plek te hê.
Verspreiding van eise vir elke geslag volgens tipe dekking In terme van alle eise deur mans en vroue onder die ouderdom 35, was die meeste (43% en 53% onderskeidelik) vir inkomsteverliesbeskerming. Hierdie voordele gee ‘n inkomste terwyl jy as gevolg van siekte, ongeskiktheid of aflegging nie kan werk nie. Dit is nietemin ook belangrik om te weet dat die risiko van dood en gevreesde siekte selfs op hierdie relatief jong ouderdom ook algemeen is.

Lewensbeskerming: Motorvoertuigongelukke
Motorvoertuigongelukke is verantwoordelik vir meer as as die helfte van lewensbeskermingseise by mans. Trouens, meer as 60% van alle eise (ingesluit lewensbeskerming, inkomsteverliesbeskerming, lewenstylbeskerming en polisbeskerming) deur kliënte onder 35 was as gevolg van onnatuurlike oorsake – hierdie statistiek is noemenswaardig hoër as in ander ouderdomsgroepe.
Inkomsteverliesbeskerming: Aflegging Ons ondervind ‘n bestendige groei in afleggingseise terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie sukkel om momentum te herwin. Afleggings is die hoofoorsaak van eise ten opsigte van inkomsteverliesbeskerming vir beide mans en vroue onder 35 (in totaal 28% en 36% van inkomsteverliesbeskermingseise onderskeidelik).
Leefstylbeskerming: Kanker Kanker was verantwoordelik vir die meerderheid gevreesde siekte-eise van kliente onder 35 (39% van eise deur vroue en 18% van mans) Ten opsigte van mans spesifiek, het kardiovaskulêre siektes nietemin meer eise as kanker tot gevolge gehad. Beide hierdie siektes kan versnel word deur stres en ‘n vinnige leefstyl.
Jy mag dink dat jy as ‘n jong volwassene nie blootgestel is aan dié soort risiko’s wat ouer persone ondervind nie – maar so ‘n ingryp op hierdie ouderdom sal ‘n veel groter invloed op jou lewe hê. In die lig van groter finansiële druk en groeiende gesondheids- en leefstylrisiko’s, moet jong volwassenes hulle finansies in dieselfde mate in ag neem as die gemiddelde 45-jarige, indien nie meer nie.
Besoek www.ClaimsExplorer.liberty.co.za om te sien waarvoor jou tydgenote geëis het.
Besoek www.LibertyRiskRevealer.co.za om jou leefstylrisiko te bepaal. |