Klein begin, groot gewin
Om kinders oor finansies te leer gaan nie net oor die spaar van sakgeld nie, dit is ook om hulle die vaardighede te gee om hul geld te bestuur. Die beste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is om hulle te leer hoe om hulle geldsake te beplan.
 
+ deel via email | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Hoe kry ons ons kinders om geld beter as ons te bestuur?

Kinders leer die beste uit voorbeelde. Jy kan nie jou kinders leer om te begroot indien jy nie jou eie huishouding se begroting doen nie. Dit begin dus in werklikheid by jou as ouer.

Sakgeld
Sakgeld is ‘n uitstekende manier om kinders te leer om nie net die waarde van geld te besef nie, maar ook hoe om dit te bestuur. Jy kan met sakgeld begin sodra jou kind geleer het om te tel.

Vir jonger kinders sal om genoeg geld te hê om winkel toe te gaan en ‘n bederfie te koop, ‘n gevoel van onafhanklikheid gee en die rekenkundige vaardighede wat hulle nodig het om kleingeld te bereken en te tel, aanleer.

‘n Ouer kind kan begin om doelwitte te stel en sakgeld kan gebruik word om spaarsin aan te leer – hulle kan byvoorbeeld spaar vir ‘n spesiale speelding of kledingstuk.

Sodra hulle tieners word, kan sakgeld omskep word in ‘n toelaag waaruit die tiener verantwoordelik raak om vir hulle eie toiletware, klere en vermaak te betaal.

Om te begroot
Bespreek die huishoudelike begroting met jou kinders en indien toepaslik, laat hulle toe om voorstelle oor toewysings uit die begroting te maak.

Vakansies is ‘n wonderlike geleentheid om kinders by die begrotingsproses te betrek deur ‘n vaste bedrag toe te laat wat die gesin tydens die vakansie kan spandeer en dan navorsing te doen oor aktiwiteite of maniere hoe hulle die geld sou wou spandeer.

Die tienerjare is die ideale tyd om ‘n kind te leer hoe om binne ‘n begroting te leef. Help jou tiener om te bereken hoeveel hulle elke maand benodig vir toiletware, klere, lugtyd en vermaak en gee hulle ‘n maandelikse toelaag wat hulle dag-tot-dag uitgawes moet dek. In die eerste maand mag hulle dalk alles op lugtyd uitgee, maar binne ‘n paar maande sal hulle leer om die geld te laat hou – solank jy nie ingee en vir hulle ekstra kontant gee nie.

Open ‘n bankrekening
‘n Bankrekening help ‘n kind leer oor spaar en oor banksake. Jy kan dit selfs in ‘n gesinsprojek omskep – help jou kind om navorsing oor verskillende bankrekeninge te doen en om die mees koste-effektiewe manier om banksake te bedryf te verstaan.

Vir ouer kinders met langertermyndoelwitte, is die open van ‘n beleggingsrekening wat aan die aandelebeurs gekoppel is ‘n uitstekende manier om hulle oor langtermynbeleggings te leer.

Indien jou tiener byvoorbeeld ‘n vakansiewerk of ‘n weeklikse deeltydse werk het, moedig hulle aan om R200 – R300 maandeliks in effektetrusts te spaar. Selfs al spaar jou 16-jarige slegs R200 per maand in ‘n effektetrust en dit groei teen 12% per jaar, kan dit soveel as R17 000 werd wees teen die tyd wat hulle 21 word.

Onthou dat ‘n belastingvrye spaarrekening in jou kind se naam geopen kan word en dat hulle tot R30 000 per jaar kan bydra. Aangesien geen belasting op die opbrengs betaalbaar is nie, kan dit ‘n beduidende voordeel vir langtermynspaar hê.

LEWENSLESSE   BELEGGINGS INSIGTE   BELEGGINGS INSIGTE   LEEFSTYL
Verloor jy kontak met jou kinders? Hoe sal jy regkom indien jy môre jou arm verloor? Die naakte waarheid oor jou kind se opvoeding Slim geldskuiwe vir onder 30’s

Namate jou kinders adolessensie binnegaan, mag jy pynlik vind dat jy uitgeskuif word na die kantlyn van hulle lewens. Só kan jy die kommunikasiekanale oophou en die band tussen julle versterk.

Terwyl jy jonk en gesond is, mag die risiko van dood, ongeskiktheid of ernstige siekte verwyderd voel binne die konteks van jou hele lewe wat voorlê. Nietemin is nagenoeg 10% van Liberty se eise in 2014 aan polishouers jonger as 35 uitbetaal.

Een van die grootste geskenke wat ons vir ons kinders kan gee, is ‘n opvoeding. Ongelukkig kos dit geld. Selfs openbare skole hef skoolgelde – en dit is voordat jy die skooluniform en die -boeke gekoop het.

Daar is talle dinge in die lewe van ‘n jong volwassene wat dit die beste tyd van jou lewe maak, van rekspring oor watervalle tot om oor die hele wêreld vir musiekfeeste te reis – die emmerskoplys van moontlikhede is eindeloos.

Lees meer...

Lees meer...

Lees meer...

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Besoek die Liberty Webtuiste | Kontak Ons
 
  Read this article in English  
 
Jou kind se opvoeding Slim geldskuiwe vir onder 30's Leer jou kind goeie geld bestuur Versterk die band met jou kind Eise deur onder 35's

Klein begin, groot gewin
Om kinders oor finansies te leer gaan nie net oor die spaar van sakgeld nie, dit is ook om hulle die vaardighede te gee om hul geld te bestuur. Die beste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is om hulle te leer hoe om hulle geldsake te beplan.

+ deel via email | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Hoe kry ons ons kinders om geld beter as ons te bestuur?

Kinders leer die beste uit voorbeelde. Jy kan nie jou kinders leer om te begroot indien jy nie jou eie huishouding se begroting doen nie. Dit begin dus in werklikheid by jou as ouer.

Sakgeld
Sakgeld is ‘n uitstekende manier om kinders te leer om nie net die waarde van geld te besef nie, maar ook hoe om dit te bestuur. Jy kan met sakgeld begin sodra jou kind geleer het om te tel.

Vir jonger kinders sal om genoeg geld te hê om winkel toe te gaan en ‘n bederfie te koop, ‘n gevoel van onafhanklikheid gee en die rekenkundige vaardighede wat hulle nodig het om kleingeld te bereken en te tel, aanleer.

‘n Ouer kind kan begin om doelwitte te stel en sakgeld kan gebruik word om spaarsin aan te leer – hulle kan byvoorbeeld spaar vir ‘n spesiale speelding of kledingstuk.

Sodra hulle tieners word, kan sakgeld omskep word in ‘n toelaag waaruit die tiener verantwoordelik raak om vir hulle eie toiletware, klere en vermaak te betaal.

Om te begroot
Bespreek die huishoudelike begroting met jou kinders en indien toepaslik, laat hulle toe om voorstelle oor toewysings uit die begroting te maak.

Vakansies is ‘n wonderlike geleentheid om kinders by die begrotingsproses te betrek deur ‘n vaste bedrag toe te laat wat die gesin tydens die vakansie kan spandeer en dan navorsing te doen oor aktiwiteite of maniere hoe hulle die geld sou wou spandeer.

Die tienerjare is die ideale tyd om ‘n kind te leer hoe om binne ‘n begroting te leef. Help jou tiener om te bereken hoeveel hulle elke maand benodig vir toiletware, klere, lugtyd en vermaak en gee hulle ‘n maandelikse toelaag wat hulle dag-tot-dag uitgawes moet dek. In die eerste maand mag hulle dalk alles op lugtyd uitgee, maar binne ‘n paar maande sal hulle leer om die geld te laat hou – solank jy nie ingee en vir hulle ekstra kontant gee nie.

Open ‘n bankrekening
‘n Bankrekening help ‘n kind leer oor spaar en oor banksake. Jy kan dit selfs in ‘n gesinsprojek omskep – help jou kind om navorsing oor verskillende bankrekeninge te doen en om die mees koste-effektiewe manier om banksake te bedryf te verstaan.

Vir ouer kinders met langertermyndoelwitte, is die open van ‘n beleggingsrekening wat aan die aandelebeurs gekoppel is ‘n uitstekende manier om hulle oor langtermynbeleggings te leer.

Indien jou tiener byvoorbeeld ‘n vakansiewerk of ‘n weeklikse deeltydse werk het, moedig hulle aan om R200 – R300 maandeliks in effektetrusts te spaar. Selfs al spaar jou 16-jarige slegs R200 per maand in ‘n effektetrust en dit groei teen 12% per jaar, kan dit soveel as R17 000 werd wees teen die tyd wat hulle 21 word.

Onthou dat ‘n belastingvrye spaarrekening in jou kind se naam geopen kan word en dat hulle tot R30 000 per jaar kan bydra. Aangesien geen belasting op die opbrengs betaalbaar is nie, kan dit ‘n beduidende voordeel vir langtermynspaar hê.

LEWENSLESSE   BELEGGINGS INSIGTE
Verloor jy kontak met jou kinders? Hoe sal jy regkom indien jy môre jou arm verloor?

Namate jou kinders adolessensie binnegaan, mag jy pynlik vind dat jy uitgeskuif word na die kantlyn van hulle lewens. Só kan jy die kommunikasiekanale oophou en die band tussen julle versterk.

Terwyl jy jonk en gesond is, mag die risiko van dood, ongeskiktheid of ernstige siekte verwyderd voel binne die konteks van jou hele lewe wat voorlê. Nietemin is nagenoeg 10% van Liberty se eise in 2014 aan polishouers jonger as 35 uitbetaal.

Lees meer...

Lees meer...

BELEGGINGS INSIGTE LEEFSTYL
Die naakte waarheid oor jou kind se opvoeding Slim geldskuiwe vir onder 30’s

Een van die grootste geskenke wat ons vir ons kinders kan gee, is ‘n opvoeding. Ongelukkig kos dit geld. Selfs openbare skole hef skoolgelde – en dit is voordat jy die skooluniform en die -boeke gekoop het.

Daar is talle dinge in die lewe van ‘n jong volwassene wat dit die beste tyd van jou lewe maak, van rekspring oor watervalle tot om oor die hele wêreld vir musiekfeeste te reis – die emmerskoplys van moontlikhede is eindeloos.

Lees meer...

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Vra aan om vir ons nuusbrief aan te teken
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander by besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.
Lees die Liberty Nuusbrief Junie 2015
Besoek die Liberty Webtuiste | Kontak Ons
 
Read this article in English
 
Klein begin, groot gewin
Om kinders oor finansies te leer gaan nie net oor die spaar van sakgeld nie, dit is ook om hulle die vaardighede te gee om hul geld te bestuur. Die beste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is om hulle te leer hoe om hulle geldsake te beplan – met ander woorde, om te begroot.

+ deel via email | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In
 
Hoe kry ons ons kinders om geld beter as ons te bestuur?

Kinders leer die beste uit voorbeelde. Jy kan nie jou kinders leer om te begroot indien jy nie jou eie huishouding se begroting doen nie. Dit begin dus in werklikheid by jou as ouer.
 
Sakgeld
Sakgeld is ‘n uitstekende manier om kinders te leer om nie net die waarde van geld te besef nie, maar ook hoe om dit te bestuur. Jy kan met sakgeld begin sodra jou kind geleer het om te tel.

Vir jonger kinders sal om genoeg geld te hê om winkel toe te gaan en ‘n bederfie te koop, ‘n gevoel van onafhanklikheid gee en die rekenkundige vaardighede wat hulle nodig het om kleingeld te bereken en te tel, aanleer.

‘n Ouer kind kan begin om doelwitte te stel en sakgeld kan gebruik word om spaarsin aan te leer – hulle kan byvoorbeeld spaar vir ‘n spesiale speelding of kledingstuk.

Sodra hulle tieners word, kan sakgeld omskep word in ‘n toelaag waaruit die tiener verantwoordelik raak om vir hulle eie toiletware, klere en vermaak te betaal.

Om te begroot
Bespreek die huishoudelike begroting met jou kinders en indien toepaslik, laat hulle toe om voorstelle oor toewysings uit die begroting te maak.

Vakansies is ‘n wonderlike geleentheid om kinders by die begrotingsproses te betrek deur ‘n vaste bedrag toe te laat wat die gesin tydens die vakansie kan spandeer en dan navorsing te doen oor aktiwiteite of maniere hoe hulle die geld sou wou spandeer.

Die tienerjare is die ideale tyd om ‘n kind te leer hoe om binne ‘n begroting te leef. Help jou tiener om te bereken hoeveel hulle elke maand benodig vir toiletware, klere, lugtyd en vermaak en gee hulle ‘n maandelikse toelaag wat hulle dag-tot-dag uitgawes moet dek. In die eerste maand mag hulle dalk alles op lugtyd uitgee, maar binne ‘n paar maande sal hulle leer om die geld te laat hou – solank jy nie ingee en vir hulle ekstra kontant gee nie.

Open ‘n bankrekening
‘n Bankrekening help ‘n kind leer oor spaar en oor banksake. Jy kan dit selfs in ‘n gesinsprojek omskep – help jou kind om navorsing oor verskillende bankrekeninge te doen en om die mees koste-effektiewe manier om banksake te bedryf te verstaan.

Vir ouer kinders met langertermyndoelwitte, is die open van ‘n beleggingsrekening wat aan die aandelebeurs gekoppel is ‘n uitstekende manier om hulle oor langtermynbeleggings te leer.

Indien jou tiener byvoorbeeld ‘n vakansiewerk of ‘n weeklikse deeltydse werk het, moedig hulle aan om R200 – R300 maandeliks in effektetrusts te spaar. Selfs al spaar jou 16-jarige slegs R200 per maand in ‘n effektetrust en dit groei teen 12% per jaar, kan dit soveel as R17 000 werd wees teen die tyd wat hulle 21 word.

Onthou dat ‘n belastingvrye spaarrekening in jou kind se naam geopen kan word en dat hulle tot R30 000 per jaar kan bydra. Aangesien geen belasting op die opbrengs betaalbaar is nie, kan dit ‘n beduidende voordeel vir langtermynspaar hê.

LEWENSLESSE
Verloor jy kontak met jou kinders?

Namate jou kinders adolessensie binnegaan, mag jy pynlik vind dat jy uitgeskuif word na die kantlyn van hulle lewens. Só kan jy die kommunikasiekanale oophou en die band tussen julle versterk.

Lees meer...

BELEGGINGS INSIGTE
Hoe sal jy regkom indien jy môre jou arm verloor?

Terwyl jy jonk en gesond is, mag die risiko van dood, ongeskiktheid of ernstige siekte verwyderd voel binne die konteks van jou hele lewe wat voorlê. Nietemin is nagenoeg 10% van Liberty se eise in 2014 aan polishouers jonger as 35 uitbetaal.

Lees meer...

BELEGGINGS INSIGTE
Die naakte waarheid oor jou kind se opvoeding

Een van die grootste geskenke wat ons vir ons kinders kan gee, is ‘n opvoeding. Ongelukkig kos dit geld. Selfs openbare skole hef skoolgelde – en dit is voordat jy die skooluniform en die -boeke gekoop het.

Lees meer...

LEEFSTYL
Slim geldskuiwe vir onder 30’s

Daar is talle dinge in die lewe van ‘n jong volwassene wat dit die beste tyd van jou lewe maak, van rekspring oor watervalle tot om oor die hele wêreld vir musiekfeeste te reis – die emmerskoplys van moontlikhede is eindeloos.

Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink. Hier is hoe U ons kan kontak:

Bel ons | Epos ons | Facebook | Twitter

Vra aan om vir ons nuusbrief aan te teken
Kontak Ons
Besoek die Liberty Webtuiste
Verander my besonderhede