“Indien jy nie beheer het oor die vloei van jou geld nie, beheer jou geld jou.” – Ann Wilson
Die meeste van ons is wat Ann Wilson, skrywer van The Wealth Chef, beskryf as “TV-ete geldkokke”. ‘n Klein gedeelte van ons inkomste sypel in ons beleggings – soos ‘n laag bevondsde pensioenfonds – in, maar die meeste vloei na uitgawes en skuld.
“Hierdie is dieselfde mense wat elke dag opstaan, hard werk vir hulle geld sodat dit in hul lewens kan invloei en dan toelaat dat dit alles uit hul uitgawelaai uitvloei, gedreineer deur verpligtinge. Hulle werk vir almal behalwe vir hulself. Hulle werk vir die eienaar van die maatskappy waar hulle in diens is, vir die bank om hul verband en lenings af te betaal en hulle werk vir die staat deur die eerste vier tot vyf maande se salaris aan die belastinggaarder af te staan. Verder werk hulle vir die kleinhandelaars deur dié geld wat nog oor is, te betaal vir ‘n magdom goed wat hulle nie nodig het nie,” skryf Wilson wie se boek strategieë verskaf om van ‘n TV-ete geldkok in ‘n “welvaartsjef” te verander.
Anders as ‘n TV-ete geldkok, verstaan ‘n welvaartsjef die mag van geld om vryheid te skep. Wilson beskryf welvaartsjefs as mense wat “alle verbruikerskuld uit hulle lewens verwyder en terselfdertyd belê in dinge wat hulle verstaan, soos eenvoudige beursgekoppelde beleggings wat die geleentheid bied vir realistiese opbrengste oor die lang termyn, asook in stabiele beleggingseiendomme wat van die begin af positiewe kontantvloei bied. Welvaartsjefs maak finansiële vryheid hulle prioriteit en betaal hulself eerste deur seker te maak dat geld heel eerste in hulle bate-laai invloei. Hulle verstaan die krag van geld wat oor ‘n lang periode belê word.”
Soos Wilson op haar reis om in nét agt jaar ‘n finansieel onafhanklike multimijoenêr te word, ontdek het, finansiële sukses hang 80% van die mens af en net 20% van tegniese vaardighede. Om jou geldsake in orde te kry neem tyd, harde werk en energie, maar om dit nie te doen nie sal “energie, vreugde en plesier uit jou lewe suig en jou verhoed om dié lewe te leef waarvoor jy bestem is”.
Uiteindelik het alle suksesvolle mense twee dinge in gemeen – hulle spandeer nie meer as wat hulle verdien nie en hulle belê in bates wat groei.
BOKS: ‘n Welvaartsjef se 5 belangrikste rykdom-kookgery:
Welvaartskale: Jou inkomstestaat. Om te meet hoeveel jy verdien en hoeveel jy uitgee. Om ‘n welvaartsjef te word moet die inkomstestaat groter wees as die uitgawes.
Welvaartskale: Jou balansstaat. Om jou netto waarde te bepaal. Is jou verpligtinge (skuld) groter as jou bates (beleggings)?
Welvaartsif: Jou groot “waarom”. Besef volkome hoekom jy die finansiële reis begin en gebruik dit om jou beslissings oor geld te suiwer. Dit sal jou ‘n missiestelling gee om jou op koers te hou.
Welvaartgroei-magneet: Jou finansiële vryheidsvisie. Stel jou voor hoe jou lewe sal wees wanneer jy ware finansiële vryheid bereik het en skryf dit neer. ‘n Studie van Harvard-studente het tussen 1953 en 1973 bevind dat 97% van mense wat hulle doelwitte neergeskryf het, dit verwesenlik het teenoor 34% wat dit nie gedoen het nie.
Die welvaartgesondheidsertifikaat: Jou kredietwaardigheid. Verstaan jou kredietrekord en maak dit skoon.
Welvaartsjef se geldwenk:
Skryf die volgende vrae op ‘n klein kaartjie en hou dit in jou notebeurs of beursie. Lees dit vlugtig elke keer wanneer jy beplan om geld te spandeer. Jy sal verbaas wees oor die resultate:
- Ondersteun dit my finansiële vryheid of nie?
- Sou ek besluit om dit te koop, gaan dit my welvaartpot volmaak of leegtap?
- Ondersteun dit my groot waarom of neem dit my verder weg van my drome?
- Sal hierdie geldkeuse my help om hoër hoogtes te bereik?