Jou fisieke en finansiële gesondheidstoets

Liberty Adviesdienste

Fisieke gesondheidstoets

Finansiële gesondheidstoets

In jou 20’s

Wanneer jy die eerste keer begin werk, moet jy verseker dat jy ‘n hospitaalplan het om jou teen groot gesondheidsorg-gebeurlikhede te beskerm.

Gereelde mediese ondersoeke:

  • Papsmeer vir servikale kanker
  • Dermatoloog om kwaadaardige melanoom te voorkom
  • Borsondersoeke om borskanker op te spoor
  • Halfjaarlikse besoeke aan mondhigiënis
  • Jaarlikse besoek aan tandarts

Jou toekomstige inkomste is jou grootste bate.

· Risikodekking vir ongeskiktheid en inkomstebeskerming – om nou dekking te koop is nie slegs noodsaaklik nie, maar ook veel goedkoper as om dit in jou 30’s te probeer doen

· Begin met ‘n noodfonds. In effektetrusts kan jy so min as R100 per maand spaar.

  • Sluit by jou maatskappy se pensioenfonds aan

In jou 30’s

As jy beplan om met ‘n gesin te begin, moet jy opgradeer na ‘n plan wat sowel die swangerskap as die geboorte in ‘n hospitaal dek. Onthou die meeste skemas het ‘n wagtydperk van 10 maande voordat enige kraamverwante eise gedek word.

Voeg die volgende by jou gereelde gesondheidsondersoeke:

· Gereelde glukosetoetse as diabetes ‘n risiko is

· Laat jou tiroïed-stimulerende hormoonvlakke (TSH) vanaf ouderdom 35 toets, en daarna elke vyf jaar.

Jy moet jou finansies in heroënskou neem as jy beplan om ’n huis te koop en met ’n gesin te begin.

· Lewensdekking om jou skuld te betaal en vir jou kinders se opvoeding te voorsien

· As jy kraamverlof wil neem, moet jy verseker dat jy ’n finansiële plan in plek het sodat jy nie genoodsaak word om jou pensioen te verdiskonteer nie.

· Volhard met bydraes tot jou noodfonds en verhoog indien moontlik die gereelde spaarbedrag

In jou 40’s

Jy sal moontlik wil opgradeer na ‘n meer omvattende skema, veral as jy kinders het.

Jy sal ‘n jaarlikse mammogram by jou jaarlikse gesondheidsondersoek moet voeg.

You need to add a yearly mammogram to your annual health check

· Is jou aftreeplanne op koers? As jy jou pensioen laat uitbetaal wanneer jy van werk verander, moet jy miskien jou bydraes verhoog.

· Optimaliseer enige spaargeld of beleggings sodra jou noodfonds drie maande se onkoste dek

Ouer as 50

Hartsiekte, kanker en osteoporose is bronne van kommer vir vroue ouer as 50; maar die heersende risiko’s is bors- en kolonkanker.

Die meeste vroue betree rondom hierdie ouderdom die menopouse-fase en mag hormoonvervangingsterapie en ander behandeling vereis.

Oorweeg ‘n mediese skema-opsie wat uitgebreide chroniese voordele bied.

Gesondheidstoetse word al hoe belangriker:

· Kolonoskopie tienjaarliks

· Mammogram jaarliks

· Gereelde glukose-toetsing

· Beendigtheidskanderings

· Papsmeer driejaarliks

Gebruik enige salarisverhogings om jou skuld af te betaal en jou aftreefonds ’n hupstoot te gee eerder as om jou lewenstandaarde te verhoog.

As jy nie genoeg spaargeld vir aftrede het nie, moet jy oorweeg om nog ’n paar jaar te werk.