Kry jou gratis lewensdekking

Liberty Adviesdienste

As jy op trou staan, besig is om ‘n huis te koop of op die punt staan om met ‘n gesin te begin, is jou lewensdekking vanjaar op ons

Finansiële beplanning gaan nie net oor aftrede of oor die bou van rykdom nie; dit gaan oor die beskerming van daardie rykdom. Derhalwe begin enige goeie finansiële plan met voldoende risikodekking.

Terwyl die finansiële uitdagings van ouerskap, huiskoop of trou gewoonlik voorop in die gedagtes is, vergeet ons dikwels in die proses dat sulke geleenthede ook ons behoefte aan risikodekking kan raak.

Wie sal die verband betaal indien ek siek word? Sal my lewensmaat die huis moet verkoop om betalings te kan doen? Sal my pasgeborene se opvoeding verseker wees indien iets met my sou gebeur?

‘n Persoon se hele rykdom kan deur een onvoorsiene gebeurtenis uitgewis word. ’n Gesin kan finansieel behoeftig agtergelaat word met die dood van ’n broodwinner. Dit kan selfs erger gevolge hê indien ongeskiktheid die broodwinner verhinder om ’n inkomste te verdien.

Indien jy op die drumpel van ‘n nuwe fase in jou lewe staan, soos om te trou, met ‘n gesin te begin of huis te koop, is dit belangrik om voldoende dekking te hê om jou finansies te beskerm. Liberty bied gratis dekking aan enigeen wat ’n nuwe lewensfase betree. Om te kwalifiseer vir gratis lewensdekking van R25 000 vir een jaar, hoef jy maar net aan te dui dat jy in een van hierdie drie kategorieë val:

  • Pasgetroud
  • Eerste huiseienaars
  • Eerste ouerskap

Die registrasieproses vereis nie gesondheidskeuring nie en jy kan by http://FreeCover.liberty.co.za aanlyn aansoek doen.

Het jy geweet?

‘n Gesonde nie-roker van 32 jaar oud wat op die punt staan om pa te word, sou lewensdekking ter waarde van R2 miljoen teen net R270 per maand kon uitneem. Indien hy sou sterf, sou daardie bedrag onmiddellik vir sy gesin beskikbaar wees. In teenstelling, sou dit meer as 40 jaar vat vir ’n belegging van R270 om teen ’n groeikoers van 10% per jaar ’n opbrengs van R2 miljoen te lewer.