Hoeveel sal jou kind se onderwys kos?
In die meeste gevalle, wanneer ouers begin om vir hul kinders se onderwys en opleiding te spaar, dink hulle gewoonlik slegs in terme van universiteitsfooie. Maar in Suid-Afrika is skoolonderrig baiemaal duur, aangesien baie ouers kies om hul kinders by model C-skole en private skole in te skryf om goeie onderwys te verseker.
Die probleem is dat opvoedingskoste hoër as inflasie en die gemiddelde salarisverhoging styg, soos die grafiek hieronder illustreer:
Die grafiek dui daarop dat vir elke R100 wat jy in 1990 aan algemene verbruikersitems spandeer het, jy nou minstens R446 sal spandeer. Dit kom neer op ’n styging van min of meer 7% per jaar.
Vir elke R100 wat jy in 1990 aan opvoeding spandeer het, moet jy nou ’n verstommende R1 362 spandeer, wat neerkom op ongeveer 13% per jaar.
Indien jou salaris in lyn met inflasie styg (’n redelike aanname) sal jy R916 minder hê as die R1 362 wat jy sal moet betaal. Die enigste manier om ’n stappie voor die kurwe te bly, is om te belê in gelyste eiendom of aandele (sien grafiek) wat opbrengste lewer wat die inflasiekoers sal klop.
Wat kan jy verwag om vir jou kind se opvoeding te betaal?
Die tabel wat volg gee ’n idee van wat jou kind se opvoeding sal kos. Die bedrae sal bepaal word volgens die bestaande ouderdom van die kind. Dit is duidelik dat die koste van sekondêre en tersiêre opvoeding noemenswaardig styg vir ’n sewejarige – dit is as gevolg van die effek van inflasie op onderwyskoste.
| Bestaande ouderdom van kind | Private skool | Regeringskool | ||||
| Primêr | Sekondêr | Tersiêr | Primêr | Sekondêr | Tersiêr | |
7 |
R783,324 |
R1,024,826 |
R718,821 |
R224,336 |
R293,591 |
R718,821 |
14 |
n.v.t. |
R560,615.37 |
R393,220.14 |
n.v.t. |
R160,604.50 |
R393,220.14 |
19 |
n.v.t. |
n.v.t. |
R255,566.11 |
n.v.t. |
n.v.t. |
R255,566.11 |
Die uiteinde van die saak is dat die koste vir ’n sewejarige kind se algehele opvoedingsloopbaan (laer- en hoërskool en universiteit) R2.5 miljoen vir ’n private skool/universiteit en R1.2 miljoen vir ’n regeringskool/universiteit sal beloop.