Julie 2013

Liberty

Hoe die swakker rand jou sak raak
Wêreldwye ekonomiese nuus: Julie 2013

Kevin Lings, ekonoom, STANLIB

Enigeen wat vanjaar 'n oorsese reis beplan het, sal vanweë die rand se swak vertoning steier. Die onlangse uitverkoping in die rand is deel van 'n wyer disinvestering uit ontwikkelende markte en na verwagting sal daar nie binnekort 'n ommeswaai kom nie.

 

Die rand se daling in waarde is ongelukkig nie slegs beperk tot vakansiegangers nie en sal ook 'n wesenlike uitwerking op gewone Suid-Afrikaners hê.

 

Groter bedrae by die petrolpomp

 

Die petrolprys gaan na verwagting met 'n verdere 80sent per liter styg. Dit sal die prys van petrol (95 oktaan, loodvrye petrol) tot R13.20 per liter laat styg, wat die hoogste vlak op rekord is. As 'n motoris sal jy R2.38 per liter meer betaal om jou motor vol petrol te maak, vergeleke met die petrolprys aan die begin van die jaar. Hierdie verhoging van 22% jaar-op-jaar bring mee dat die koste om 'n motor met 'n petroltenk van 50 liter vol te maak, met R119 sou gestyg het. Dit laat jou met heelwat minder geld vir ander noodsaaklike koste. Binne die bestek van 10 jaar het die petrolprys dus met meer as 300% gestyg.

 

SA petrolprys

Die petrolprys kan in Julie met 80c/liter styg)

 

SA Petrol Price

 

Daardie 'smart phone' het so pas duurder geraak

Hoewel onlangse inflasiesyfers laer is as wat verwag is, raak die prys van ingevoerde goedere duurder vanweë die swakker rand. Suid-Afrika maak nog baie staat op ingevoerde goedere, insluitend voedsel, en hierdie hoër pryse sal uiteindelik die ekonomie binnedring. Die goeie nuus is egter dat dit onwaarskynlik is dat die Reserwebank in die lig van die swakker ekonomie rentekoerse sal verhoog, selfs al sou inflasie deur die 6% teikenband breek.

 

Jou beleggings het moontlik getuimel

Die swakker rand is deels gedryf deur buitelanders wat hul Suid-Afrikaanse verbande en aandele verkoop het. Dit het daartoe gelei dat die JSE oor 'n tydperk van twee weke met meer as 4% geval het en die verbandmark met 9%. Terwyl buitelanders 'n beduidende sektor van Suid-Afrikaanse beleggers uitmaak, kan hul volgehoue negatiwiteit teenoor die geldeenheid 'n verswakkende uitwerking op die JSE en aandelemarkte hê. Rand-verskansingsaandele, maatskappye wat die meerderheid van hul verdienste buitelands ontvang, sal egter deur die rand bevoordeel word. Dit sluit in hulpbronmaatskappye sowel as Brtish American Tobacco en SABMiller.

Ligpunt vir toerisme

Die voordeel vir toerisme is dat die swakker rand Suid-Afrika 'n heelwat aantrekliker toerismebestemming gemaak het. Reisverdienste, 'n syfer wat deur die SARB uitgereik word en wat toerismebesteding in Suid-Afrika weergee, het in die eerste kwartaal vanjaar met R2.2 miljard tot R84.6 miljard gestyg. Dit is die beste vlak wat nog ooit aangeteken is en is selfs verreweg meer as die vlakke van reisverdienste wat gedurende 2010 se Sokker-Wêreldbekerreeks behaal is.

Voordeel vir plaaslike besigheid

Hoewel invoerders kla, sal plaaslike vervaardigers voordeel trek uit 'n swakker geldeenheid omdat dit hul produkte meer bekostigbaar maak en ons sal waarskynlik 'n skuif weg van ingevoerde goedere na plaaslik vervaardigde goedere sien. Uitvoerders sal ook voordeel trek, aangesien die pryse van hul produkte in die buitelandse geldeenhede daal en derhalwe aantrekliker vir oorsese markte is.