Twitter LinkedIn E-mail
Liberty
Steven Braudo

Namate ons deur die verskillende stadiums in ons lewens beweeg, so verander ons finansiële behoeftes en doelwitte ook. Die finansiële plan wat toepaslik was toe ons jonk was en die arbeidsmark betree het, gaan nie noodwendig ons latere behoeftes bevredig nie. In sy boek "The Behavior Gap" skryf Carl Richards in die hoofstuk met die titel "Plans are worthless", dat dit goed is om 'n plan te hê, maar dat die beplanningsproses belangriker is as die uiteinde daarvan.


Hy reken dat hoewel dit van die allergrootste belang is om finansiële beplanning te doen, ons die proses verwar met die sogenaamde eindproduk, naamlik 'n finansiële plan. "'n Plan veronderstel dat jy weet wat gaan gebeur, al weet jy nie. Hierteenoor is beplanning in wese 'n proses op die werklikheid gegrond, wat ruimte laat vir die lewe se onvoorspelbaarheid," verduidelik Richards. Jou plan ontvou namate jy ontwikkel.


Vandeesmaand fokus ons op die verskillende stadiums van jou lewe en hoe jou plan moet aanpas en verander namate jou lewe ontvou.



Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Ontvou
Pas aan
Ekonomiese Nuus
Bykomende Inligting
Ontvou   Ontvou

Ons wil hê jy moet beheer uitoefen en besit neem van jou eie lewe. Die beste manier om dit te doen, is om 'n finansiële plan te ontwikkel wat by elke stadium van jou lewe aangepas is, van jou twintigs tot jou sestigs, en daarna.


Lees: Dekking wat oor die jare heen tred hou
 
Back to top
 
Pas aan   Pas aan

Liberty se Risk Explorer app is daarop gemik om jou te help om die veranderende behoeftes van risikodekking te verstaan.


Lees: Die regte dekking op die regte tyd
 
Back to top
 
  Ekonomiese Nuus

Die einde van die verbruiker se bewind
Liberty se ekonoom Tendani Mantshimuli meen dat Suid-Afrika naas inkope 'n bykomende groeibron nodig het.

Lees: Ekonomiese verlangsaming tref huishoudings

Geldgryp
Paul Hansen, direkteur van kleinhandelbeleggings, Stanlib, vra of die Ciprus-krisis 'n gevaarlike presedent geskep het vir regerings om op persoonlike bates beslag te lê.

Lees: Die situasie in Ciprus
 
Back to top
 
  Bykomende Inligting

Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za.


Beleggingsportefeulje-nuusflitse
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Klik hier


Aanlyn-polishouersdiens
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Klik hier

 
Back to top
 
Jou terugvoer is belangrik – praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.


Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Twitter LinkedIn E-mail

'Liberty Group Ltd - 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD")
(Lisensie no. 2409)'


Wil jy met ons praat?


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan
[email protected]


PDBID Nommer: ${properties.pdbId}


Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die
FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde
diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n
finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.