April 2013

Liberty

Dekking wat oor die jare heen tred hou

Maak seker jy het die regte dekking op die regte tyd

Liberty Adviesdienste

Die risikodekking wat jy in jou twintigs benodig, verskil geheel en al van jou behoeftes in jou vyftigs:

 

  • In jou jeug, terwyl jy min skuld en geen afhanklikes het nie, is jou behoefte aan lewensdekking min; jou grootste kommer is dat jou toekomstige inkomste beskerm moet word.
  • In jou dertigs sal jy waarskynlik jou eerste huis koop en met 'n gesin begin. Op hierdie stadium moet jy seker maak dat jy voorsorg tref dat jou skulde gedek is, en dat jou gesin se behoeftes gedek is ingeval jy iets oorkom.
  • Soos jy ouer word, bates opbou en skulde delg, is dit moontlik dat jy minder lewensdekking sal benodig, maar dat jou behoefte aan dekking vir gevreesde siektes, sal toeneem.

Verstaan jou behoeftes

Liberty het die sg. 'Risk Explorer' ontwikkel, 'n app wat gebruikers op 'n reis deur hul lewens neem en terselfdertyd die verskeie risiko's wat gedek moet word, uitlig. Risk Explorer gee aan gebruikers die geleentheid om 'n tipiese, toepaslike lewensreis deur al die 'wat as?'- keerpunte van die lewe te besigtig, deur eenvoudig drie antwoorde in te sleutel: geslag, rookstatus en ouderdom.

 

Risk Explorer kombineer risiko's eie aan die gebruiker – soos die risiko dat kanker opgedoen kan word – met eenvoudige verduidelikings oor al die beskikbare dekkingsopsies. Dit verskaf ook kitstoegang tot 'n vinnige aanduidingskwotasie wat interaktief, gebruikersvriendelik en verpligtingvry is. Dus weet jy onmiddellik wat die benaderde koste verbonde aan jou risikodekking sal wees, voor jy vorms invul en teken.

Berei voor op die toekoms

Dit is belangrik om te weet dat verskillende lewenstadiums, verskillende benaderings tot versekering verg. Jy moet seker wees dat jy die regte dekking het wanneer jy dit die nodigste het. Daar is geen sin daarin om vandag dekking uit te neem wat jy eers in die toekoms sal benodig nie, maar jy wil ook weet dat jy toegang het tot daardie toekomstige dekking ondanks die toestand van jou gesondheid op daardie stadium. Teen 'n klein bykomende premie, verskaf Future Protector aan jou die buigsaamheid om dekking in die toekoms te koop sonder enige onderskrywingsvereistes, buiten 'n negatiewe HIV-toets.

Praat met jou finansiële adviseur om seker te maak dat jou dekking tred hou met jou veranderende behoeftes