Pas by lewensveranderinge aan in 2018
Februarie 2018
Liberty Nuusbrief
Lees dié nuusbrief in Engels
Posisioneer jouself vir finansiële sukses in 2018

In ons eerste nuusbrief vir 2018 wens ons elkeen ʼn besonder positiewe nuwe jaar toe in die hoop dat 2018 alles wat julle nodig het, sal oplewer.

Die begin van ʼn nuwe jaar bring ook dikwels verandering mee, aangesien ons tydens die vakansieseisoen die tyd gehad het om oor ons lewens na te dink. Dus, of daardie verandering ʼn nuwe werk, die besluit om jou passie uit te leef of om die groot vraag op Valentynsdag te vra is, ons wens jou alles van die beste toe en sien daarna uit om die reis met jou te deel.
Geld Wenke

ʼn Huwelik is meer as ʼn troue

Valentynsdag is een van die gewildste datums waarop mense verloof raak, maar om te trou is nie slegs liefde en hartjies nie, dit het ook ʼn impak op jul finansies. Ons gee hier ʼn paar aspekte wat julle behoort te bespreek voordat julle “ja” sê.

Lees meer...
Finansiële Advies

Berei jou finansies voor vir ʼn nuwe werk

Indien jy van werk verander, of selfs net die besluit geneem het om ‘n verandering in jou loopbaan te maak, moet jy die fynskrif lees en verstaan hoe dié besluit jou finansies sal beïnvloed.

Lees meer...
Jou Loopbaan

Stappe tot sukses


Om ʼn nuwe werk te begin of van posisie te verander is ʼn tyd van optimisme en moontlikhede. Dit is belangrik dat jy doelwitte stel en jouself genoeg tyd gee om ingeburger te raak.

Lees meer...
Belasting Wenke



Namate ons die einde van die belastingjaar nader, is dit nou die tyd om jou belastingsake in orde te bring en seker te maak dat jy die grootste belastingvoordeel kry.

Lees meer...
Meningspeiling Wenner


Geluk aan Mbandi Madosi, die wenner van ons Meningspeiling Kompetisie.

Ons wil graag almal bedank wat deelgeneem het aan die Meningspeiling vir 2018. U insigte is van onskatbare waarde en sal 'n lang pad gaan om ons te help om aangepaste finansiële inhoud vir u voordeel te skep.
Agter die skerms by Liberty


Hierdie jaar gaan ons agter die skerms by Liberty inloer en jou voorstel aan die persone wat seker maak dat ons ons belofte aan jou nakom. Vandag stel ons jou bekend aan Rolf Mafalo, een van Liberty se eishanteerders.

Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Email
Facebook
Twitter
Website

Teken Uit | Deel | Kontak Ons | Liberty.co.za

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.