Liberty Nuusbrief Julie 2017 Hanteer die lewe se onvermydelike veranderinge
Read this newsletter in English
Hoe om jou finansiële risiko’s tydens ʼn resessie te bestuur

 

Die begin van ʼn nuwe seisoen herinner ons dat verandering in die lewe onvermydelik is. Liberty werk reeds vir 60 jaar om die werklikheid van sy kliënte te verander, onder baie meer uitdagende omstandighede as dié wat ons nou in die gesig staar. Deur vasberadenheid, aanpassingsvermoë en ondervinding, het ons voortgegaan om vir dertien jaar die nommer een-onderskrywer van nuwe risiko-besigheid per versekerde bedrag te wees.

 

Leierskap is uiters belangrik in onseker tye. Namate Suid-Afrika talle uitdagings in die gesig staar, het Liberty vertroue in die vermoë van die nuutaangestelde hoof uitvoerende beampte, David Munro, om die organisasie deur dié periode te lei. David dien reeds sedert Februarie op die raad van Liberty, nadat hy voorheen aan die hoof gestaan het van die Group Corporate and Investment Banking-afdeling van Standard Bank.

Gesondheid
 
Welstand in die werkplek
 
Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Teken Uit | Deel | Kontak Ons | Liberty.co.za

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.