Liberty
Voorbereiding vir jou finansiële toekoms
Liberty
Liberty
Beleggings Nuus
Met bykomende aftreejare om te finansier, sal ons beleggingskeuses minder konserwatief met meer blootstelling aan groeibates moet wees. Bold, Liberty se innoverende lewende annuïteit, stel jou na-aftrede fondse in staat om te baat by groei in die mark, terwyl die risiko’s van die mark beperk word.
Liberty
Aftrede
Die werklikheid van ʼn lang lewe is dat 50 nie meer ʼn hanetreetjie van aftrede is nie, maar eerder die begin van die tweede deel van ons lewens. Finansiële Beplanner, Phillip Kassel, deel sy ervaring nadat hy die “groot 50” bereik het.
Liberty
Belasting Nuus
Liberty se Regsbemarkingsdeskundige, Geraldine Macpherson, werp lig op die implikasies van die Davis-belastingkomitee se aanbevelings ten opsigte van jou boedelbeplanning en waarom jy dié aanbevelings in ag behoort te neem wanneer jy beleggings- en versekeringsbesluite neem.
Liberty
Geld Wenke

Ons gee ʼn paar wenke hoe om finansiële skade oor die feestyd te beperk deur ʼn spanderingsplan op te stel.

Liberty
Jou Gesondheid
Suid-Afrikaanse mans het ʼn 1 uit 27 leeftydrisiko vir prostaatkanker, en tans is dié kanker verantwoordelik vir 17,5% van kankerdiagnoses in Suid-Afrika. Vind uit wat jy in ag moet neem.
INHOUD

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.